Min tyd oor om nuwe Sassa-kaart te kry

Die nuwe goue Sassa-kaart. Foto: Sassa

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor, aan wie die taak opgedra is om maatskaplike toelaes aan onvangers uit te betaal, het begunstigdes wat steeds die ou Sassa-kaarte gebruik, gemaan om hulle so gou moontlik in te ruil vir nuwes.

Die poskantoor sê Sassa sal geen betalings vir Januarie op die ou kaarte kan deponeer nie aangesien dit op 31 Desember verval.

“Volgens Sassa het nagenoeg 500 000 begunstigdes landwyd nog nie na die nuwe goue Sassa‑kaarte oorgeslaan nie,” sê die poskantoor in ʼn verklaring.

Die nuwe kaarte kan by poskantore en Sassa-kantore landwyd afgehaal word. Dit bied een gratis kontantonttrekking per maand oor die toonbank in enige poskantoor en onbeperkte gratis transaksies by kleinhandelaars vir inkopies.

Die poskantoor sê sy vennootskap met Sassa het miljoene ontvangers van maatskaplike toelaes bevry van ongemagtigde en ongevraagde aftrekkings van hul ou kaarte omdat dit nie moontlik is met die nuwe kaarte nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marie Engelbrecht ·

As jou geld in die bank inbetaal word en jy nie die SASSA kaart gebruik nie, is dit nog nodig om die GOUE kaart te kry?

Mar P ·

Leser ek het ook gewonder, ek dink jy het die spyker op die kroontjie geslaan.
Ek betwyfel of die mense dit sal versaak om nie hulle kaarte om te ruil nie.
Waarvan gaan hulle leef.
Vra maar net????

nannie ·

Met die poskantoor kaart mag jy net geld by die poskantoor trek? Of by enige bank soos die ou sassa kaart.

Elsje ·

Ek verstaan nie so lekker nie, van die ouer mense is aangese om bank rekeninge te open. Wat by die beskikbare diense gelewer was. Dit is gedoen al vir langer as 3 maande? Moet hul nogsteed gaan aansoek doen vir die nuwe kaart???

Melanie ·

Marie Engelbrecht … nee jy het nie die goue kaartjie nodig nie.

Melanie ·

Nannie…die nuwe goue kaart kan by die poskantoor gebruik word sowel as enige bank. Die bank gaan wel kostes vra omrede hulle OTM masjiene gebruik word. Supermarkte soos Checkers en P&P sal ook uitbetaal.

Elsie ·

Hulle sê die nuwe kaarte is by Poskantore beskikbaar Ek woon in die moot gebied in Pretoria en by navraag in my omgewing by die Poskantore het niemand die kaarte nie Ek het SASSA Kantoor geskakel en niemand kan my sê by watter Poskantoor in Pretoria kan ek die nuwe kaart afhaal nie Dit is baie gevaarlik vir n bejaarde om in die middestad van Pretoria in rye te gaan staan vir ure om gehelp te word

Sê maar net ·

Ek het my ouers poskonatoor toe gevat en daar was nie lang toue nie. Daar is ‘n spesifieke ry vir Sassa mense. Al die poskantore is alreeds in besit van die nuwe kaarte. My raad aan almal is moenie wag tot maandeinde voor julle julle kaarte gaan kry nie. Doen dit deur die loop van die week en vroeg op saterdae dan is dit nie so besig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.