Min wapens ingehandig voor amnestie verstryk

Argieffoto

Met slegs twee weke oor voordat die vuurwapenamnestietydperk verstryk, herinner die polisie mense daaraan om hul onwettige vuurwapens, vuurwapenonderdele of ammunisie in te handig sonder dat hulle daarvoor vervolg sal word.

Die sperdatum vir die vuurwapenamnestie is 31 Januarie.

“Ons is bekommerd omdat slegs 23 399 vuurwapens en 119 781 patrone tot op hede ingehandig is sedert die goedkeuring van die tweede amnestieperiode op 1 Augustus. Daar is nog talle ongelisensieerde vuurwapens daar buite waarvan ons weet,” sê kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder.

Van die vuurwapens wat ingehandig is, is 3 139 vrywillig deur hul wettige eienaars ingedien, terwyl 20 260 vuurwapens, waarvoor lisensies verval het, ingehandig is. Altesaam 23 724 patrone is ook vrywillig aan die polisie oorhandig, waaronder 96 057 patrone ingehandig is deur eienaars wie se vuurwapenlisensies verval het.

“Mense wat in besit is van ʼn vuurwapen, vuurwapenonderdele of ammunisie, word versoek om van hierdie geleentheid gebruik te maak en hul vuurwapens en ammunisie in te handig vir vernietiging, of om die spesifieke vuurwapen weer te lisensieer met ʼn toepaslike bevoegdheid by hul naaste polisiestasie. Dit is ook van toepassing op vuurwapens waarvan die eienaars dood is.”

Mathe sê hierdie tydperk gee mense ook geleentheid om vuurwapens in te handig waarvan die lisensies verval het, sonder die vrees dat hulle aangekla sal word omdat hulle in besit is van ʼn ongelisensieerde vuurwapen of ammunisie.

Die huidige amnestietydperk vir vuurwapens is verlede jaar deur die kabinet goedgekeur nadat die vorige amnestietydperk weens die landwye afsonderingstydperk min aftrek gekry het. Ondanks hiervan het die polisie altesaam 46 714 vuurwapens ontvang en met die finale amnestiedatum om die draai, hoop die polisie dat Suid-Afrikaners die geleentheid sal benut.

Die polisie het benadruk dat diegene wat ná 1 Februarie met onwettige vuurwapens betrap word, die gevolge gaan moet dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
msp

Ek glo nie dit is die mense se skuld nie, hier by ons het die SAPD se kantoor 13.00 gesluit en hulle kan ons dalk eers van Maandag af help. Ons moes maar almal omdraai en huistoe gaan. Hoop maar hulle kan Maandag help.

Pieter J

Ek wonder of Bheki Cele by mense se huise gaan opdaag met sy klomp meelopers om mense te arresteer wat nie van die amnestie tydperk gebruik gemaak het nie. Dit grief ń mens dat jy wat altyd ń wettige vuurwapeneienaar was deur wetgewing nou ń misdadigerm is. Die volgende in Bheki se visier is blykbaar die groen lisensies waarvan ek ook een het.

Cherokee

…nà 1 Februarie. En wat van op 1 Februarie?
Waarskynlik is dit steeds slegs onskuldige wapens wat ingehandig is.

Vrijburger

Wettige wapens met geldige lisensies ingedien = 3,139.
Voorheen wettige wapens waarvan lisensies verval het ingedien = 20,260.
Totale aantal wapens ingedien = 23,399.
Dus totale aantal onwettige wapens deur kriminele ingedien = 0.
Amnestie tydperk bloot deel van ontwapening van wetsgehoorsame burger deur marxistiese regering.

marius

Hoeveel kriminele handig wapens in ? Nul .