Minagting-saak teen Zuma Donderdag aangehoor

grondwethof2

Die Konstitusionele Hof. (Foto: Reint Dykema)

Die Zondo-kommissie na staatskaping se aansoek teen oudpres. Jacob Zuma word vandag (Donderdag) in die land se hoogste hof aangehoor.

Die kommissie het hom in Desember verlede jaar op ʼn dringende grondslag tot die Konstitusionele Hof gewend nadat hy Zuma gedagvaar het om voor adjunkhoofregter Raymond Zondo, die kommissievoorsitter, te getuig nadat hy sonder dat hy verskoon is, uit die kommissie se sitting gestap het en nie weer tussen 16 en 19 November getuig het soos hy gedagvaar was om te doen nie.

Hy het die kommissie se sitting verlaat en gesê hy gaan nie verder sy samewerking daaraan gee nie.

Die Konstitusionele Hof het in Januarie beslis Zuma moet voor die kommissie verskyn en sy vrae beantwoord. Die hof het ook beslis hy het nie ʼn reg om stil te bly nie.

Zuma het daarna in ʼn verklaring aangevoer die kommissie en die Konstitusionele Hof viktimiseer hom deur buitengewone en kwaai behandeling en dat albei instellings die reg tot sy nadeel verpolitiseer.

Die bevel om voor die kommissie te verskyn is by albei Zuma se wonings afgelewer, maar hy het steeds nie op 15 Februarie opgedaag om te getuig nie.

Nadat dit duidelik geword het dat die oudpresident nie aan hierdie bevel sou voldoen nie, het die kommissie aangekondig dat hy geen ander keuse het as om stappe teen Zuma te doen vir sy minagting nie. Zuma het dieselfde dag in ʼn nog verklaring gesê hy gaan nie gehoor gee aan die hofbevel nie en het weer eens ernstige kritiek op die regbank gelewer.

Die kommissie het die Konstitusionele Hof daarna regstreeks genader en gevra dat die hof bevind dat Zuma die bevel minag.

Die kommissie vra dat Zuma tronkstraf van twee jaar opgelê word vir sy minagting.

Zuma, wat volhou dat Zondo bevooroordeeld teenoor hom is, het nie die aansoek teengestaan nie en het geen aanduiding gegee dat hy enigsins aan die verrigtinge gaan deelneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gert ·

Laas toe ek gehoor het was almal onderhewig aan die wet. Maar ja Zuma maak soos hy lus het sonder gevolge. As dit ek was het my voete nie eers grond geraak op pad tronk toe nie. Nou word sy minagting eers aangehoor en oor besluit. Duidelike dubbel standaarde in ons regstel.

Sarel ·

Hy het nog al die jare die weg gesystap. Indien hy nie due wet en die Howe respekteer nie wie gaan.
Los die Hoofregter en takel vir Zuma. Hy soek alweer nuwe vrou.

Genis ·

Daar is n wet vir die ANC elete, en daar is wet vir ANC, en dan anders burgers…dan wittes

Kirst ·

Dis deel van sy strategie. As hy hier skuldig bevind word kan hy weer slagoffer speel. En die meerderheid sal hom jammer kry en ondersteun. Hy sal vir seker ook nie sy twee jaar volledig uitdien as hy daarmee gestraf word nie. En terwyl hy met die speletjie besig is kan hy uit die hof bly vir sy korrupsiesaak.

Anel ·

Sluit hom toe en hou hom daar. Dan is hy beskikbaar vir sy verhoor. Nou nou vat hy ook skelm die pad Rusland toe.

Samuel ·

Absoluut niks gaan met Zuma gebeur nie. Daarvoor sal die kaders sorg. Almal is bang vir JZ en sy kaders, selfs CR.

Mariana ·

Ja dit is nou tyd om die handskoentjies af te haal waarmee hy die heeltyd hanteer word. Hy moet straf kry, hy kan nie daarmee wegkom nie. Hy dink hy is onaantasbaar maar hy is net nog ‘n krimineel in hierdie land.

Pieter ·

Ons land se regstel is net so grap as wat ou zumpie is. En ons belating betalers betaal hulle dit is die ergste van als

Sarel ·

Ons moet net kyk tot wanneer toe die saak uitgestel
Gaan word

Ria ·

Die geagte president sal seker wel n manier vind om sy groot buddy se bas te red

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.