Minagtingsaansoek gebring oor plek van veiligheid se subsidies

Argieffoto

Argieffoto

Helpende Hand het ‘n minagtingaansoek teen die departement van maatskaplike ontwikkeling gebring nadat die departement ʼn dringende hofbevel om ʼn Rustenburgse plek van veiligheid se agterstallige subsidies te betaal, verontagsaam het.

“Die LUR en hoof van die departement van maatskaplike ontwikkeling moet op 25 September persoonlik ʼn verduideliking aan die Mafikeng-hooggeregshof gee hoekom hulle nie tronkstraf opgelê moet word nie,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.

Solidariteit Helpende Hand se regspan het vandag in die Mafikeng-hooggeregshof verskyn om ʼn minagtingsaansoek teen die departement te bring.

“Die departement versuim al meer as twee maande lank om die agterstallige subsidie van Môrester, ʼn niewinsgewende organisasie en plek van veiligheid in Rustenburg, te betaal soos deur ʼn dringende hofbevel bepaal is.”

Brink sê daarby moes die departement ook dadelik Môrester se herregistrasie as plek van veiligheid toeken en Helpende Hand se regskoste betaal. Hy sê die departement het ook nie hierdie bepalings nagekom nie.

“Helpende Hand is baie tevrede met die hof se bevel, omdat ons nie sal toelaat dat weerlose kinders onder die staat se wanprestasie ly nie. Ons kan nie toelaat dat die staat bloot net aanhou om sy maatskaplike plig, en ook die kinders in sy sorg, te versaak nie.”

Die Mafikeng-hooggeregshof het ook vandag tydelike herregistrasie aan Môrester toegestaan.

Lees ook:
Video: “Onsekerheid uit die weg geruim”
Nog geen staatstoelaag vir plek van veiligheid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

Dankie tog vir Solidariteit – wie anders sal die geveg vir hierdie kinders veg as hulle dit nie doen nie?

anita ·

Dit is ‘n absolute skande dat so iets kan gebeur, dit is ‘n bewys dat die Dept. nie die bevoegde persone in diens het om desgelyke sake te hanteer nie, daar moet aan gedring word dat die persone in beheer op die hoogste vlak vervang word…..maar miskien is dit omdat Solidariteit betrokke is?

Maar ons betaal belasting en die land beskik net oor 5 en half miljoen indivuduele belastingpligtiges

en het die reg om aan te dring dat daar aandag geskenk word aan die minder bevoorregtes en weerlose kinders, en nie aleenlik aan persone met salarisse die steeds die hoogte inskiet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.