Minder as een dokter per 1 000 pasiënte in SA

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika beleef ’n ernstige tekort aan dokters met minder as een dokter per 1 000 pasiënte.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het in antwoord op ’n onlangse parlementêre vraag van die DA onthul dat die land se dokter-tot-pasiënt-verhouding tans op 1:3 198 (0,31 dokters per 1 000 pasiënte) staan.

Dít terwyl die aantal dokters in Suid-Afrika aan die afneem is.

Michele Clarke, die DA se skaduminister van gesondheid, wys daarop dat die land in 2019 soveel as 0,79 dokters per 1 000 pasiënte gehad het. Dit was toe reeds swak in vergelyking met lande soos die Verenigde Koninkryk (3,03), Indië (0,93), Brasilië (2,32) en Mexiko (2,44).

“Hierdie skokkende toedrag van sake duur voort ten spyte van die meer as 21 000 spesialis mediese personeelposte wat in al nege provinsies vakant is, en nog deur die nasionale departement van gesondheid gevul moet word,” sê Clarke.

Volgens haar kan die land se tekort aan dokters aan die regerende party se onbevoegdheid toegeskryf word.

“Trouens, net verlede week het die Gautengse departement van gesondheid versuim om 91 dokters en verpleegsters by die Helen Joseph-hospitaal se salarisse vir April te betaal,” herinner Clarke.

Mediese interns by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal moes ook vroeër vanjaar twee maande lank sonder ’n salaris klaarkom weens ’n administratiewe fout.

“Hoe beoog die ANC-regering om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)-projek te bestuur as hy nie in staat is om die huidige universele gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika te laat werk nie?” wil Clarke nou weet.

Die opposisieparty doen nou ’n beroep op die regering om die miljarde rande wat bedoel is vir die implementering van die NGV eerder te gebruik om aandag te gee aan die tekort aan mediese personeel.

Intussen sal die DA parlementêre opvolgvrae indien rakende die aantal algemene praktisyns en spesialis mediese personeel in verhouding tot die land se bevolking sowel as die gemiddelde wagtyd by hospitale en klinieke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hennie ·

Is dit nie ongelooflik nie Briljante skoliere met 8 en meer matriek onderskeidings word weggewys deur universiteite omdat hulle nie die regte ras is nie. Nou sit ons skielik met tekorte. Ek aanvaar die regering sal seker nou weer Kuba of die een of ander derde wereldse hool moet nader om “dokters” te werf!

Harley Davidson ·

Hoekom is daar dan net’n beperkte hoeveelheid wit studente wat medies mag studeer agv die regering se rassistiese beleid.?

JM ·

Hoog tyd dat hierdie patetiese, rassistiese, stiksienige en onbevoegde regering verdwyn. Talle medici het al die land verlaat omdat omstandighede hier vir hulle onhoudbaar geraak het, en dan kerm die regering!

Nie Verbaas ·

En dan is die meerderheid nog onbekwaam ook daarby. Ek praat van ondervinding met n familielid. Ons het slegs ANC om te bedank vir dit.

Barney ·

Hennie en Harley, dit gaan nog verder as keuring om medies te studeer. Nadat die blanke dokters dieselfde opleiding as die ander ontvang het en wil spesialiseer, word hulle weer aan kwotas blootgetsel. My seun is tans ‘n intern en moet sy as af werk om sy werk te doen plus die gemors uit te sorteer van die onbevoegde dokters wat op kwotas ingekom het. Dan geld die arbeidswette ook nie – hulle moet ‘n minimum van 80 ure oortyd werk per maand waarvan hulle vir ‘n maksimum van 20 betaal word. Daar is nie eers ‘n ketel beskikbaar vir hulle om koffie te maak tydens ‘n 24 uur skof nie. Hoe bly mens gemotiveerd?

Eiervrug ·

Wat ek wil weet is hoe hulle verwag dat iemand nog op sy/haar voete moet dink as die skof 24 uur lank is. Belaglik….

VaalDonkie ·

Ja dokters het dit rof. Ek raak omgekrap as ek een keer ‘n week in die middel van die nag wakker gebel word. Ek kannie dink hoe dit moet wees as mens permanent in jou agterkop het dat die foon enige oomblik kan lui nie.

Jr ·

Jou ras beheptheid en weiring van wit kinders by universiteite is jou verdiende loon cANCer. Nou wil julle huil. Kry vir jou julle rassiste. Soladariteit en Afriforum begin medies fakulteit by Academia of sommer spesiale mediese universiteit en ly ons kinders op. Julle kan dit doen (in minder as twee jaar)

Alfred E Neuman ·

Hulle moet egter weier om in staatshospitale te werk.

annie ·

Gierigheid. Is dit ook Afrika se nemesis? Mens glo in evolusie wanneer jy glo dat mense slimmer word oor tyd, maar elke nuwe mens ontvang bloot ‘n skommeling van gene van ouers/voorouers. Jy sit met dit en moet die beste dáárvan maak, daai genepoel. Hoe jy ook al lieg en bedrieg en swot. You can’t be more than yourself; only the best of you… wat deur godsdiens en etiek omsluit is. En dit is waar die verskil inkom; wat ons beter kan maak in menswees en onsself. So, wat is Afrika se geloofsetiek?

Renier johannes ·

Baie dankie vir bee en anc dis as gevolg van hulle wat daar n tekort is

VaalDonkie ·

Ek sal in elk geval nooit my kind toelaat om medies te studeer nie. jy kan dieselfde en meer geld maak in ander bedrywe waar jy nie in staatshospitale 24 tot 36 uur skofte hoef te werk onder haglike omstandighede nie. Sy kan eerder regte of besigheid loop swot. Of in pappie se skoene volg en sagteware doen (ek kan letterlik op die strand loop sit en my werk doen).

Deon ·

Dis berig se opskrif maak die syfers bietjie sagter as wat dit is 1:3198, dit is meer as 3000 per dokter. Hierdie is nou n lekker verskoning om comrades van regoor die wereld hierheen te bring as dokters.

Jacobus ·

Presies waar kry jy n 0,31 dokter? Wie probeer hulle bluf?

Schalk ·

En die probleem gaan bly vererger as gevolg van regering se voorneme van Nasionale Gesondheids Fonds.

Swerwer ·

R50 miljoen wat die Kommuniste vir Kuba wil gee kan nuttig ggebruik word om Geneeshere en Verpleeg personeel se salarisse te betaal.

Swerwer ·

“Let’s grow South Africa together” staan beslis nie vir Suid Afrikaanse Landsburgers nie maar vir die heersende Kommunistiese ANC/EFF en Rusland

Kobus ·

Nee wat, hierdie syfers is nou weer om Kubaanse dokters in te voer teen vergoeding wat regering weier om aan plaaslike dokters te betaal. Wie verifieer hierdie statistieke?

Di ·

ALLES stort in duie onder die korrupte ANC Regering in hierdie land. Dink ons almal het gewag hiervoor. Dit wat nog wel staande is gaan binnekort ten gronde gaan, amper daar!

Jacobus ·

Ek hoop hierdie Dr besef dat elke keer as hulle die woord NGV uiter, versleg die genoemde verhouding.

Papsak ·

Gee wit studente ook hulle regte om verder te leer stop julle rassime teenoor ons

Annalie ·

Ons hetvsoveel jong Dokters wat nie werk het nie, omdat daar vir hulle gesê word die staat het nie poste nie. Die wat wel poste het werk belaglike lang ure

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.