Minder beurtkrag dié naweek

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Te danke aan die herstel van bykomende opwekkingskapasiteit en voldoende noodreserwes, asook verwagte laer elektrisiteitsaanvraag oor die naweek is fase 2-beurtkrag vanoggend om 10:00 ingestel.

Fase 2-beurtkrag sal tot Saterdag om 05:00 van krag wees, waarna beurtkrag tot 16:00 opgeskort sal word. Fase 2-beurtkrag sal daarna tot Sondag om 05:00 hervat word, waarna beurtkrag weer tot 16:00 opgeskort sal word. Fase 1-beurtkrag sal vanaf Sondag om 16:00 van krag wees.

Luidens ʼn verklaring van die kragvoorsiener is 13 733 MW tans onbeskikbaar weens onklaarrakings, terwyl ʼn verdere 8 121 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

“Eskom-kragstasies se hoofbestuurders en hul spanne gaan voort om ywerig te werk om te verseker dat bykomende opwekkingskapasiteit herwin word deur eenhede met onbeplande onderbrekings en beplande instandhouding weer in diens te neem.

“Altesaam 2 440 MW in opwekkingsvermoë word beplan om teen Sondag weer in diens geneem te word.”

Eskom se aandspitsaanvraag staan op 25 555 MW vir vanaand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.