Minder beurtkrag oor feesgety verwag, sê Eskom

Argieffoto: GCIS

Eskom het Vrydag aangekondig fase 2-beurtkrag is opgeskort danksy geringe verbeterings in kragopwekking en ʼn laer aanvraag na elektrisiteit. Fase 1-beurtkrag bly van krag.

“Ons sal dadelik met klante kommunikeer indien die situasie verander,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Alhoewel fase 1-beurtkrag Saterdag geïmplementeer word, sal beurtkrag na verwagting Sondag opgeskort word.

“Tussen Maandag 10 Desember en Donderdag 13 Desember is daar ʼn hoë waarskynlikheid dat fase 2-beurtkrag weer ingestel sal word om die verwagte toename in die vraag na elektrisiteit deur die week te hanteer. Ons instandhoudingspanne werk onverpoosd om kragopwekkingseenhede weer aan te skakel.”

Eskom het gesê ondernemings en aanlegte wat vir die feesgety sluit sal beteken dat daar na verwagting geen beurtkrag sal wees tussen 14 Desember en 13 Januarie 2019 nie.

Die kragvoorsiener het gewaarsku dat swaar reën tydens die somerreënvalperiode in sekere gebiede ʼn impak kan hê op steenkool en gevolglik kragopwekking.

“Die kragnetwerk bly onder druk en enige verandering kan tot beurtkrag lei.” Eskom het ook gewaarsku dat plaaslike kragonderbrekings kan voorkom.

Die kragvoorsiener maan verbruikers om spaarsamig met elektrisiteit te werk en om nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elna

Sien is glo

Gemaskerde Sopbeen

En ek het vandag aangekondig Fase 1 belasting weerstand is van toepassing. Ek gaan die regering help om die aanvraag na my hard-verdiende inkomste drasties af te skaal en die versoeking van wan-besteding en selfverryking te elimineer. Ek waarsku dat my finansies onder druk sal bly, tot die regering begin om dit reg aan te wend. Ek maan hulle om spaarsamig met belasting om te gaan en om nie-noodsaaklike uitgawes onmiddelik te kanselleer…………want ek is besig om ‘n “mediese toestand” te ontwikkel as ek dink hoe die politici (wat niks produseer nie) ‘n leefstyl handhaaf waaroor ek net kan droom,… Lees meer »

Henk

Soos met alle infea struktuur onder die anc se bewind, moet alles eers in duie stort voordat instandhoudingspanne onverpoosd en ten duurste die gemors moet regmaak. Die probleem is Eskom se skelm base wat groter salarisse en bonusse soek. MAAR al kry hulle die verhogings, sal die anc stadsrade net die verbruiker meer belas met n ekstra 4 of 5 % en dan in elk geval nie die eskom rekeninge betaal nie, omrede stadsraadslede hulself eerste moet verryk. Hoerdie is n bose kringloop wat nie gebreek gaan word voordat daar nie van die anc ontslae geraak is nie

Jaco

Maar ons is weer sonder krag en ouma kan nie verstaan dat daar nie warm water is nie.

willem

Hierdie “load shareing ” is net n rook skerm , twee weke gelede was daar nog geen sprake van krag opwekking probleme nie. Wat wel an die gang is, is dat die “grond onteiening” goed gekeur is in die parlement en nou will hulle die grond wet verander daarvolgens, tot nou het geen mens/instansie in opstand gekom oor hierdie politieke afdwing (kom nou SA kyk wat gebeur in Frankryk as die regering net doen wat hy wil), so wil hulle ons aandag weg vat met hierdie beurtkrag storie.