Minder beurtkrag oor feesgety verwag, sê Eskom

Argieffoto: GCIS

Eskom het Vrydag aangekondig fase 2-beurtkrag is opgeskort danksy geringe verbeterings in kragopwekking en ʼn laer aanvraag na elektrisiteit. Fase 1-beurtkrag bly van krag.

“Ons sal dadelik met klante kommunikeer indien die situasie verander,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Alhoewel fase 1-beurtkrag Saterdag geïmplementeer word, sal beurtkrag na verwagting Sondag opgeskort word.

“Tussen Maandag 10 Desember en Donderdag 13 Desember is daar ʼn hoë waarskynlikheid dat fase 2-beurtkrag weer ingestel sal word om die verwagte toename in die vraag na elektrisiteit deur die week te hanteer. Ons instandhoudingspanne werk onverpoosd om kragopwekkingseenhede weer aan te skakel.”

Eskom het gesê ondernemings en aanlegte wat vir die feesgety sluit sal beteken dat daar na verwagting geen beurtkrag sal wees tussen 14 Desember en 13 Januarie 2019 nie.

Die kragvoorsiener het gewaarsku dat swaar reën tydens die somerreënvalperiode in sekere gebiede ʼn impak kan hê op steenkool en gevolglik kragopwekking.

“Die kragnetwerk bly onder druk en enige verandering kan tot beurtkrag lei.” Eskom het ook gewaarsku dat plaaslike kragonderbrekings kan voorkom.

Die kragvoorsiener maan verbruikers om spaarsamig met elektrisiteit te werk en om nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

En ek het vandag aangekondig Fase 1 belasting weerstand is van toepassing. Ek gaan die regering help om die aanvraag na my hard-verdiende inkomste drasties af te skaal en die versoeking van wan-besteding en selfverryking te elimineer. Ek waarsku dat my finansies onder druk sal bly, tot die regering begin om dit reg aan te wend. Ek maan hulle om spaarsamig met belasting om te gaan en om nie-noodsaaklike uitgawes onmiddelik te kanselleer…………want ek is besig om ‘n “mediese toestand” te ontwikkel as ek dink hoe die politici (wat niks produseer nie) ‘n leefstyl handhaaf waaroor ek net kan droom, met die finansies wat ek voorsien deur my rug af te werk!! As ek julle rieme moet dunner sny, dan sal ek……

zoom zoom ·

Gemaskerde Sopbeen

Jy het dit baie mooi gestel. Stem saam met jou.

Henk ·

Soos met alle infea struktuur onder die anc se bewind, moet alles eers in duie stort voordat instandhoudingspanne onverpoosd en ten duurste die gemors moet regmaak. Die probleem is Eskom se skelm base wat groter salarisse en bonusse soek. MAAR al kry hulle die verhogings, sal die anc stadsrade net die verbruiker meer belas met n ekstra 4 of 5 % en dan in elk geval nie die eskom rekeninge betaal nie, omrede stadsraadslede hulself eerste moet verryk. Hoerdie is n bose kringloop wat nie gebreek gaan word voordat daar nie van die anc ontslae geraak is nie

Jaco ·

Maar ons is weer sonder krag en ouma kan nie verstaan dat daar nie warm water is nie.

willem ·

Hierdie “load shareing ” is net n rook skerm , twee weke gelede was daar nog geen sprake van krag opwekking probleme nie. Wat wel an die gang is, is dat die “grond onteiening” goed gekeur is in die parlement en nou will hulle die grond wet verander daarvolgens, tot nou het geen mens/instansie in opstand gekom oor hierdie politieke afdwing (kom nou SA kyk wat gebeur in Frankryk as die regering net doen wat hy wil), so wil hulle ons aandag weg vat met hierdie beurtkrag storie.

Magaret ·

Dankie mnr Gordhan, jou ingryping by Eskom het vrugte afgewerp! Lyk tòg of ons boomliggies gaan brand…

Alida ·

Jaco n geyser bly warm vir ure. Mens kan sien Mnr Gordhan het sy stem verhef. Dankie.

John ·

Minister Gordhan speel saam… Opskrif moet eerder lees: Minder feeskrag oor beurtgety verwag se Eskom…

zoom zoom ·

Ek het verneem dat die beurtkrag wel gaan verminder vanaj 2 keer perdag waarvan 1 skof 2ure lank was nou gaan verminder Na 1 beurt perdag en die beurt gaan 4 ure lank wees.

Henry ·

Ja Eskom . Julle se niks vir die land se burgers oor die 7 miljoen ton steenkool wat in Richardsbaai op die hawe le en wag om op die Chineese skepe gelaai te word nie. Wonder op China ook beurtkrag het.

Callie ·

Dis n liegstorie dat onderhoud so lank vat. Op die eenhede wat af is kan mos 24 uur per dag gewerk word om dit reg te maak . Met 35000 ekstra werkers kan daar ook nie n mannekrag tekort wees nie. Dis bedrog op bedrog met n pres wat voor vat

Gert van Wierdapark ·

Es-Kom toe uiteindelik agter hoe Beurtkrag werk. As dit nie jou beurt is nie, het jy nie Krag nie, “Finish en Klaar” Die kort verduideliking maak sin, al is dit “Spin”

Evert ·

Eskom speel woer woer met die land en soos Zuma gee hulle niks om wat met RSA gebeur nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.