Minder beurtkrag vandag

(Foto: Natsuki via Unsplash)

Beurtkrag is vandag (Dinsdag) om 09:00 afgeskaal na fase 2 weens ʼn verbetering in opwekkingskapasiteit en voldoende noodreserwes.

Eskom sê fase 2-beurtkrag sal van 09:00 tot 16:00 van krag wees.

Fase 3 sal ná 16:00 ingestel word en regdeur die nag tot Woensdag om 16:00 geld.

Fase 4 sal dan van Woensdag om 16:00 tot Donderdag om 05:00 ingestel word, gevolg deur fase 3 wat tot Vrydag om 16:00 sal geld.

Die kragvoorsiener sê hy sal enige beduidende veranderinge in die stand van sake aan die publiek kommunikeer.

Die beurtkragskedule het oor die afgelope paar dae gereeld verander om onder meer Eskom se noodreserwes te help bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willem ·

Dank die minister van elektrisiteit af. Hy het nog niks aan die krag gedoen nie. Ontvang net ń hengse salaris van die belasting betalers af

Ina ·

Dit help die boere niks, het nogsteeds tussen 6 en 9 ure beurtkrag op fase 2,3 en 4. Fases 5 en 6 gee vir die boere wat kos produseer tot 11 ure beurtkrag per dag.

etienne ·

Esksdom het seker weer n paar miljard rand gekry vir diesel. Die storie dat hulle reserwes het is al holrug gery. ek vrees die dag wat daai diesel turbines onklaar gaan raak, want verseker word hulle ook nie instand gehou nie.

Highlander ·

En niemand sien die belaglikheid van die flukturerende fases nie. As dit gegaan het rondom onderhoud en herstel werk, sou dit n konstante fase gewees het. Vandag fase twee, en reeds beplan more vir fase drie? Die aankondigings vir loadshedding kom op dieselfde manier as lockdown speeches. Heel moontlik uit dieselfde rigting

Olive ·

Hy mag dalk in ‘n minister pos sit, maar is hy opgewasse daarvoor? Hy val so van die een instansie na die ander en kan nie regtig erens regkom nie.

AREND1 ·

Oo minder beurkrag?Hoekom het ons dan vandag 4 keer beurtkrag?waar is dit dan minder?Moet ons nou bly wees oor sulke nuus?Daar moes nie eer iets soos beurtekrag bestaan nie.Nou moet ons nogal bly wees daaroor.Die korupte blerie spul.

Johann ·

GGGGGHAAAAATTTTVVVVOOOLLLLL om soos ‘n mushroom hanteer te word. Letterlik in die donker en word gwano gevoer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.