Minder brande in Kaapstad

Brand by Duiwelspiek (argieffoto) Foto: capetownblog.co.za

Brand by Duiwelspiek (argieffoto) Foto: capetownblog.co.za

Die stad Kaapstad het gesê minder brande en noodgevalle is tussen November 2013 en Maart vanjaar aangemeld, in vergelyking met dieselfde periode die vorige jaar.

“Daar was ʼn afname van ongeveer 25% in die aantal voorvalle wat by die stad se brandweer en reddingsdiens aangemeld is,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, in ʼn verklaring gesê. Dié vyf maande word as die brandseisoen bestempel.

Altesaam 16 995 voorvalle is in 2013 aangemeld en in 2014 is 12 937 voorvalle aangemeld. Dit sluit brande, motorongelukke, en berg- en seereddings in.

Plant- en ander brande het van 7 036 tot 5 693 gedaal.

“Dit is goeie nuus, maar ons kan nie nou op ons louere rus nie,” het hy gesê.

Smith het gesê die aantal brandverwante sterftes is steeds kommerwekkend. Hy doen ʼn beroep op inwoners om steeds hul deel te doen om die aantal brande te verminder. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.