Minder lande nou op hoërisikolys

Argieffoto (Foto: Michał Parzuchowski/Unsplash.)

Die Suid-Afrikaanse regering het sy lys van lande wat as hoë risiko midde die Covid-19-pandemie beskou word, hersien.

Dié lys is nou aansienlik korter met lande soos Griekeland, Oostenryk, Ierland, die Tsjeggiese Republiek en Switserland wat vir eers nie meer as hoërisikolande beskou word nie.

Siya Qoza, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, sê die hersiening van die lys van hoërisikolande is op so ‘n manier gedoen om ʼn balans te vind tussen die beskerming van mense se lewens en mense se inkomste.

“Niks het verander wat reisigers van die vasteland van Afrika betref nie. Hulle is steeds welkom om die land te besoek onderhewig aan Covid-19-maatreëls.”

Reisigers uit hoërisikolande wat Suid-Afrika mag besoek sluit in sakereisigers, diegene met visums vir kritieke vaardighede, beleggers en diegene wat na die buiteland moet reis vir sport, kuns, kultuur en wetenskap.

Maroela Media het vroeër berig hoërisikolande is die lande wat meer Covid-19-infeksies en -sterftes as Suid-Afrika het en geen ontspanningsreisigers uit dié lande sal in Suid-Afrika toegelaat word nie.

Volgens Qoza besef die departement wel dat daar ‘n aantal gereelde besoekers van hoofsaaklik Europese lande is wat gedurende die winterseisoen in die Noordelike Halfrond daaraan gewoond was om Suid-Afrika gedurende die somerseisoen vir lang periodes te besoek.

“Die meeste van hulle besit eiendomme in die land. Ons waardeer die belangrike ekonomiese bydrae wat hulle deur hul aktiwiteite in die land lewer. Vir hierdie doel sal ons ook besoekers, in watter kategorie ook al, toelaat wat vir ‘n periode van drie maande of langer gaan bly, onderhewig aan Covid-19-maatreëls.”

Dié lande is tans op die hoërisikolys:

Argentinië, Duitsland, Peru, Bangladesj, Indië, Filippyne, België, Indonesië, Rusland, Brasilië, Iran, Spanje, Kanada, Irak, Verenigde Koninkryk, Chili, Italië, VSA, Colombia, Mexiko, Frankryk en Nederland.

Lande op die hoërisikolys word elke twee weke hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Afrika is welkom? Seriously? Ek glo nie vir n OOMBLIK dat ons bure en hulle bure die pandemie beter as die res van die wereld hanteer nie!

Klink my hulle speel “pin the doncky tail” of veërpylthies met n wereld kaar….ghoke…Tsjepo your turn….and the winner is. TADA! Ghoke…now you Tembi….and the winner is TADA!

Jacobus ·

Ons agbare minister is steeds besig om vrees op te stook. In hierdie land is daar honderde duisende baie gatvol wetsgehoorsame burgers wat feitlik “gevange” gehou word deur die stelsel. Wetsgehoorsaamheid is partymaal so goed as gevangenis skap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.