Minder mag aan die staat, sê Steenhuisen ná sege

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Courtney Africa/ANA)

John Steenhuisen, nuwe leier van die DA, het sy party daartoe verbind om die houvas wat die staat en die ANC-regering op mense se alledaagse lewens het, te beveg.

Steenhuisen is aan die einde van die amptelike opposisie se virtuele kongres aangewys as die nuwe leier, met sowat 80% van die stemme. Sowat 20% van die afgevaardigdes het vir sy teenstander, Mbali Ntuli, gestem.

In sy oorwinningstoespraak het hy die hand van versoening na Ntuli uitgereik en sy het haar ondersteuning aan die party herbevestig.

“Dit was ʼn demokratiese tweestryd. Ek is trots op die veldtog wat ons gevoer het. Ek is ʼn demokraat, so ek berus my in die uitslag. Demokrasie was die wenner, John Steenhuisen is nou ons leier en ons moet hom ondersteun,” het Ntuli gesê.

In sy oorwinningstoespraak het Steenhuisen hom daartoe verbind dat die DA mag oor mense se lewens sal teruggee uit die hande van wat hy as die “mislukkende staat” beskryf het.

Hy het gesê die DA sal hom daaraan toewy om die ANC deur volstrekte meerderhede uit stadsrade te verwyder. Hy het dus die vraag gesystap oor wie die DA as koalisievennote sal insluit of uitsluit in stadsrade waar niemand ʼn volstrekte meerderheid behaal nie.

Helen Zille is as voorsitter van die DA se federale raad verkies met 69% van die stemme teenoor 31% vir Mike Moriarty.

Die DA se federale voorsitter is dr. Ivan Meyer en die drie federale ondervoorsitters is Refiloe N’tsheke, Anton Bredell en Jacques Smalle. Die party se hoof van finansies is dr. Dion George.

Die twee ondervoorsitters van die federale raad is James Masango en Thomas Walters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Sarel ·

Wel sterkte en mag pns sien dat jul huis in orde kry en iets utrig in die Parlement

Corne123 ·

Bla bla bla em todat ons maak so malema en niks warrie oor gevolge bly als net praat

Cherokee ·

hehe.. Corne, die DA-boeties het jou geduimaf. Ek bly buite stemming, want die DA en onderseuners bly bloot anc-light.

Baardman ·

Jy verstaan duidelik nie ons kiesstelsel nie. Daarom moet jy ook nie kla as die regering maak wat hulle wil nie. Hoe minder mense stem, hoe meer mag kry die ANC.

koos10 ·

Skuus DA, maar as net 50% plus 1 vir die ANC stem, dan gaan dit netso bly, en as julle koalisies vorm om beheer te vat, is dit ook nie aldag veilig nie.

Cherokee ·

Jy het ‘n DA aanval, Koos. In jou hande om die liberaliste te antwoord.
Wanneer jy Chris antwoord, herinner hom daaraan dat hy daarvoor stem dat wit jongelinge oorsee moet werk soek omdat hy stem vir wat hy ‘regstellende aksie’ noem.

JohanR ·

Asseblief tog nou John Steenhuizen nou dat jy amptelik die LEIER is begin om die ANC en EFF aan te vat. Hou op om alles met “kid gloves” te doen….kry soe bietjie vreedelike geweld aan die gang in die DA!

Andre ·

Nee wat die DA en sy 3 ondersteuners mors hulle vreugde en energie.Niks gaan verander of verbeter nie.Die jaar het ons geleer dat briefies,drygemente ,mooi praat,debatte ens net tyd mors is.Die DA glo nog daarin.Die enigste taal wat die regering verstaan is geweldadige opstand anders lag hulle jou af.Die meeste blankes is klaar met die DA.Net die liberales gaan nog na die DA kyk.

Yvonne ·

Ek glo en vetrou dat die Here hulle sal versterk…soos net Hy kan

Trotse Boervrou ·

Geluk John Steenhuisen. Jy het ‘n helse taak wat op jou skouers rus. Ons sal mettertyd besluit of jy die wa deur die drif kon trek.

Jaco ·

Is sy velkleur reg om leier te wees? Dieselfde DA het dan ‘n paar jaar gelede in die parlement VIR regstellende aksie wette en BEE wette gestem.

Trotse Boervrou ·

Jaco, ons moet maar dophou wat hulle gaan bereik. My vrees is dat al die regte geluide VOOR die verkiesing gemaak word en NA die verkiesing verander hierdie geluide handomkeer. Ek sê nie dit is wat die DA nou gaan doen nie, maar ja, die geskiedenis spreek vanself en ons twyfel is nie ongegrond nie.

gatgogga ·

Vir ons DA ondersteuners, wat nie aan rassediskriminasie glo nie, maak sy velkleur nie saak nie. Hy is die beste persoon vir die pos – maak nie saak wat sy ras, geloof of geslag is nie. Ek hoop jy kan dit insien.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Laat ons kyk of jul jul beloftes gaan nakom…

Hennie J ·

Die jong Proggie het my nogal beindruk met sy aanvaardingstoespraak gisteraand. Net jammer hy behoort aan die verkeerde party!

Nico ·

Hoe nou, die DA het dan saam gestem vir aborsies en om Bybel it die grondwet uit te gooi.

Antoinette ·

Graag wil ek net weet hoekom is daar nie meer dames in die topstruktuur nie.
Jammer Ntuli is nie in 1 van die topposisies nie.

Antoinette ·

Kom ons gee die man ‘n kans. Enigiets is beter as die ANC of EFF. Steenhuisen het duidelik ‘n kop op sy skouers. Ndlozi van die EFF braak nou alweer gal. Vir iemand met ‘n PhD graad kan hy baie praat en niks se nie behalwe om moeilikheid te stook – nes sy goeie vriend wat so hard probeer om ‘n Hitler te wees.
Ek is self “geleerd’ en was al in aanraking met alle tipe persoonlikhede. Van die ongeskikste mense wat ek al teegekom het, is hooggeleerd, en van die wonderlikste, nederigste, verstandigste mense wat ek al teegekom het, het sommiges nie eers matriek nie. Om hoogs intelligent te wees, en ek veronderstel hy is, beteken nie noodwendig dat jy logika en ‘n gesonde verstand(common sense) het nie.

AH ·

Aan die van julle wat die DA so afkraak wil ek net vra – wat is die alternatief? Dit is ook duidelik dat julle nie in die Wes-Kaap woon nie, want dan sou julle met jul eie oë die verskil kon sien waar die ANC nie in beheer is nie! Ek was nou onlangs in Bloemfontein. Die eens pragtige Rosestad het so vuil en vervalle geraak dat ek dit skaars kon herken. Hier waar ek woon is daar nog netjiese woonbuurte, sypaadjies, algemene instandhouding en skoon parkies. Dit is tenminste IETS wat die DA regkry!! Beter as niks sou ek sê!

Kanjynoumeer ·

Veels geluk John en Helen.
John daar lê n reuse taak vir jou voor.
Neem Mbali Ntuli by die hand en lei haar.
Saam sal julle die DA versterk.
Helen, jy kry baie negatiewe kommentaar by sommige, laat dit soos water van n eend se rug af rol. Die DA afgevaardiges sou jou nie gekies het as hulle nie geweet het jy is nog steeds n formidabele rolspeler in die DA is nie.
Sterkte aan julle.
Maak n verskil!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.