Minder ontsnappings uit SA-tronke in 2015

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag gesê die hoeveelheid ontsnappings uit gevangenisse het vanjaar met 0.031% afgeneem, 11 minder ontsnappings as in 2013/14.

Logan Maistry, woordvoerder van die departement, het gesê daar is 60 ontsnappings in 2013/14 aangemeld, in vergelyking met 49 ontsnappings in 2014/15. “Uit dié ontsnappings is die meerderheid weer in hegtenis geneem en terug agter tralies,” het Maistry gesê.

Hy het ook beklemtoon dat daar in 1995 altesaam 1 244 ontsnappings uit Suid-Afrika se 243 gevangenisse was, aansienlik meer as vanjaar. “Vandag is 99.97% van die land se 159 563 gevangenes veilig agter tralies,” het hy bygevoeg.

Volgens Thabang Makwetla, adjunkminister van korrektiewe dienste, was dit nie ʼn maklike taak om so ʼn groot afname in ontsnappings oor die laaste twee dekades te bewerkstellig nie. “Die getal ontsnappings het oor die laaste 20 jaar aansienlik afgeneem en dit is nie ʼn klein prestasie nie. Dit het baie toewyding van ons korrektiewe beamptes geverg in die uitvoer van hul pligte,” het hy gesê.

Makwetla het ook verwys na Operasie Vala waarmee die departement tans besig is om sekuriteit by gevangenisse op te skerp. “Dinsdag is honderde verhoorafwagtende gevangenes se selle by die Johannesburg Korrektiewe Sentrum deursoek. Daar is beslag gelê op sakkies dagga, selfgemaakte skroewedraaiers, dolke, lepels, selfone, ketelelemente en selfgemaakte oefentoerusting.

“Die hoeveelheid selfone wat tydens die klopjag gevind is, is ʼn reusesukses, maar ook ʼn aanduiding dat meer gedoen moet word om dié probleem op te los,” het Makwetla gesê.

Hy het gesê die departement het sekuriteit by alle gevangenisse oor Desember verskerp omdat dit ʼn tydperk is wanneer gevangenes oor die algemeen meer desperaat is om te ontsnap. “Ekstra maatreëls sluit in meer sigbare bewaarders in die gevangenisse, strenger sekuriteitsmaatreëls, groter toesig oor die selle en vermindering van ledigheid onder die gevangenes,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Henri ·

Die enigste mense wat ontsnap is die wat langer tronkstraf wil he om lekker te leef in die tronk.

Lorna ·

En is dit nou veronderstel on ons beter te laat voel nee regtig

Tammy ·

Regtig? Moet ons hulle geluk wens of Huil ? Enige ontsnapping is uiters sleg. Die polisie werk hard om die misdadigers te vang en waag nog hulle lewens daarby. Nee wat , die gevangenisse sal moet verbeter en sommer baie ook!!

Pieter.v ·

Die ekonomie is op n laagte puntso die omkoop geld is minder.

vermeende ·

Hierdie regering sal alles doen om hulle gesigwaarde te verhoog en selfs die bekendmaking van die statestiek is niks minder as ‘n soeke na sukses.
Daar behoort geen ontsnappings uit enige tronke te wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.