Minder papierwerk voor binnelandse vlugte

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Reisigers sal van Woensdag veel minder papierwerk hoef te doen wanneer die gebruik van siftingsvorms vir Covid-19 op binnelandse vlugte opgeskort word.

Die omvattende vorm was een van die maatreëls wat ingestel is om die verspreiding van die koronavirus te beperk.

Die laekostelugredery Mango het Maandag op Twitter gesê die gebruik van die vorms word Dinsdag om middernag gestaak.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) sal voortgaan om passasiers se temperatuur te meet en net toegang aan diegene wat ʼn vlug moet haal, verleen.

Geen reispermitte is meer nodig nie.

Die dra van maskers op lughawens asook op vlugte bly steeds verpligtend.

“Sosiale afstand moet steeds in die terminale gehandhaaf word. Reisigers word ook aangemoedig om algemene higiëne toe te pas en gereeld hul hande met handreiniger te ontsmet.”

Weens verskeie veiligheidsprotokolle moet reisigers minstens twee en ʼn half uur voor ʼn vlug by die lughawe aanmeld.

“Dit is buitengewone tye wat buitengewone maatreëls vereis. Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om die regulasies na te kom, ten alle tye maskers te dra en goeie higiëne en sosiale afstand te handhaaf,” lui Mango se verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Plaaskind ·

Net sodat daar weer vir “my fellow South Africans” gepreek kan word om verantwoordelik te wees en die verspreiding van die virus te beperk, verstaan glad nie hoe werk die mense se koppe nie. Gatkant vorentoe.

Coenraad ·

Vul jy elke keer ‘n vorm in as jy winkel toe gaan? Selfde prinsiep…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.