‘Minder praat, meer doen’, sê NVP oor werkberaad

President Cyril Ramaphosa
(Oktober 2018) Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die Nasionale Vryheidsparty (NVP) het Donderdag die tweedaagse werkberaad wat deur pres. Cyril Ramaphosa saamgeroep is onder beskerming van die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (oftewel Nedlac), verwerp.

Sabelo Sigudu, woordvoerder van die NVP, het gesê daar is absoluut geen behoefte aan ʼn werkberaad in Suid-Afrika nie.

“In plaas daarvan moet die regering sy beleide implementeer en die ontplooiing van kaders wat nie regeringsbeleide kan implementeer nie, verminder. Die verhoogde 53,7%‑werkloosheidsyfer onder die jeug in die tweede kwartaal van 2018 moet as ʼn les dien vir die privaat sowel as die openbare sektor om minder te praat en meer te doen.”

Die NVP het ʼn beroep gedoen vir ʼn jeugwerkloosheidstoelaag vir gegradueerdes wat werk soek. “Dit sal die werklose gegradueerdes in staat stel om die minimum hulpbronne te hê wat hulle in staat sal stel om aansoek te doen. Dit is ʼn feit dat jongmense ʼn hele klomp agterstande ervaar wanneer dit by toegang tot werksgeleenthede kom.”

Hy het ook gesê jongmense wat werk soek, moet toegelaat word om regeringskantore te gebruik om hul CV’s uit te druk as ʼn tydelike verligtingsmaatreël.

Sigudu het gesê hulle doen ʼn beroep op die mense van Suid-Afrika om nie om die bos gelei te word deur die werkberaad nie aangesien dit nie die ernstige struwelinge wat deur gewone inwoners en die meerderheid van die werklose jeug ervaar word in aanmerking neem nie.

Die NVP meen dié beraad is net nog ʼn “fees van idees” wat nie in dade omgeskakel sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Daan Erasmus ·

Dit is net nog ‘n gepratery. Skaf net alle minimum lone af en dinge sal dadelik beter gaan.

Koos ·

Mnr Ramaphosa, ek stem saam met die NVP dat jy ons almal se tyd mors met die sg. werkberaad – sal soos alle ander kommissies, ens. , ook maar na maande en jare op niks uitloop nie.

Maak ‘n slag julle oë oop en besef dat hierdie land van ons, met sy huidige ontwikkelingsvlak, reeds versmoor word met die geweldige hoë bevolkingsaanwas wat die ANC net verder aanmoedig met kindertoelaes wat betaal word.

Stop hierdie onnodige staatsuitgawe summier en bereik die volgende:
1. Meer fondse beskikbaar om werklike ontwikkeling in die onderontwikkelde gebiede te kan doen.
2. Laer bevolkingsaanwas wat die opvoeding van huidige jeug tot voordeel kan strek.
3. Die uiteindelike vermindering van die huidige werklose jeug massas wat nêrens geholpe gaan raak nie.

Dít net om die basiese voordele te noem.

‘n Oorbevolkte nasie is ‘n honger nasie kort voor lank en, dit lei tot nog erger probleme as wat die ANC regering tot nog toe ervaar het.

Dink ‘n slag uit die kassie uit!!!

Anoniem ·

Stem 100% saam dan moet Ramaphosa ook nog die miljoene wat uit buurlande hier aankom terug stuur na hul lande want hulle kom en veroorsaak nog meer armoede in ons land. Ek verstaan nie hoe kry jy burgerskap as jy nie eens werk nie ek wil uit maar geen ander land wil my inlaat as ek nie n werk het of n belegging kan maak wat tot voordeel is vir daardie land maar in SA kom hulle in soos miere en verslind alles kry burgerskap maak kinders en kry toelaes. Hoe kan n land vooruitgaan as hy dit doen?

Boervrou ·

Verminder al die wetlike aspekte en laat my toe om mense in diens te neem. Moenie babadoeke btw vry verkoop terwyl boere ten duurste vir brandstof moet betaal om voedsel te produseer nie. Moenie Eskom tariewe vir boere verhoog terwyl munisipaliteite nie n sent van die geld wat hulle wel vir kraggverbruik insamel oorbetaal nie. Maak dit vir werkskeppers maklik om werksoekers in diens te neem.

IK ·

Dit staan soos ‘n paal bo water: ‘Elke land het ‘n regering wat hy verdien.’ Dit sluit SA in. So hou dus noord . . .

David ·

Elders gelees hy wil 275000 werksgeleendhede skep, bo en behalwe die 300000 wat reeds beloof is. Ook, om redelik te wees, moet hulle opvang met die 69000 wat in die eerste kwartaal verloor is.
As mens verlofdae ignoreer, is daar 249 werksdae in Suid Afrika.
Dus wil hy 644000 poste skep teen ‘n tempo van 2763 poste per werksdag.
Net ‘n dwaas kan so iets glo.

Basjan ·

Mnr Ramaphosa is lief daarvoor om syfers aan te haal. Dit beïndruk die “kiesers”.

Snowball ·

@Basjan, baie waar, hy moet darem wys hy kan hulle mooi lees; die vorige een het mos sy naam met die plank gewiks toe die ‘Ingils’ hom pooitjie….

jean ·

En die praat word uitstekend gedoen en dis waar dit bly…..almal weet al teen die tyd dat die werkloosheid in die land die minderheid se skuld is…..

Ja Nee ·

Ag gee my krag CR is die baas van die leun. Die anc sal SA nog tot op hul knee bring as daar nog iets oor sal bly nadat hulle als laat verval het. “Eish we did nothing wrong”

AW ·

South Africa the land of Milk and Honey !!

Nothing but a Welfare State….

Deon ·

Ek wonder of moet ek sê wens iemand van die regering lees watse raad ons gratis gee.
Cyril as jy hier lees pas net toe wat ek sê en hou op luister vir jou raadgewers. Skaf alle minimum loon bedrae af! Indien iemand dan voel dat hulle te min geld kry kan hulle bedank en vir meer geld gaan werk op ‘n ander plek of indien jy so onmisbaar is glo ek sal jou bestuurder jou salaris verhoog.
Ek as boer sal beslis nog persone aanstel maar nie teen die minimum loon nie, want ek soek ‘n onervare skoolverlater om op te lei!

Sarel ·

Toelaag??? Wie gaan betaal? Reeds oorbelaaide belastingbetaler.

Stella Berning ·

Ons edele praat. Maar weet hy van honger gaan slaap? Tot duster het elkeen van die presidents se ampstyd gesorg dat n groot stuk geld en werk land uit gee pad. Elke keer as iemand droogmaak is dit eie groot A se skuld. Soveel aanvalle en mòorde wat ” daar nie is nie ” . Wie gaan eie nuwe praat finansier? ONS die reeds oorbelaste, petrolprys verarmde, oorwerkte, oorge- crime -de belastingbetaler. Gee vir hulle. …. volgende week kan iemand weer op top vlak homself goed bonus en die res van die mpy se salarisse word gesny. Ja ons praat lewer kommentaar … help niks ons weet. Maar ons voel bietjie beter. Kom ons hoop die span, wat twee groot boere uit ons stam insluit ,doen iets goed en kry sin in alles wat beplan word ingepomp. Anders ….. is ons ook honger statestiek.

Schalk ·

Laat mens wonder of CR werklik in sin en wese ‘n besigheidsman is …. of te wel die groot hoop dat hy sou verskil maak as gevolg van sy sake agtergrond nie dalk oordrewe was nie.

Willem ·

Priester Cyril Ramaphosa praat dan so mooi. Ek dink hy het sy roeping gemis.

Bruno Samartino ·

CR het ‘n multibiljoener geword agv alles behalwe goeie sakevernuf. Dit is uitsluitlik agv sy herkoms. Wie glo hy is of was ‘n goeie sakeman, is werklik naief of bloot net onkundig. Wat hy wel uitstekend kan doen is mooi praat.

waarheid ·

Ramapaddapot – Jy is die een wat te veel nonsens praat. Ek het geen respek vir jou nie.
Al wat jy wil doen met jou sogenaamde ‘berade’ ens – is om van die wittes te vat en dit vir ‘jou mense’ te gee. Dit is waaroor jou’berade’ gaan. Ons weet dit almal – ons is nie dom nie.
Jy is besig om hierdie land verder in die afgrond in te bestuur.

Elize ·

Hierdie wesens wat so skreeu dat SA HULLE LAND IS, hulle het uit Afrika hier kom nesskop oor die jare en nou wil hulle ons wat hierdie land van die 1600 honderd jare ontwikkel het beskuldig dat dit nie ons land is nie. Hoekom kan hulle nie vir eens en altyd erken dat hulle ook indringers is wat grond kom vat het wat nie aan hulle behoort nie. Ek is trots om te sê dat my voorvaders uit Europese lande kom wat reeds ontwikkel was en nie waar niks gedoen was nie. Hierdie wesens is soos die groot swart dood wat duisende mense dood gemaak het. Wanneer begin hulle die grysstof in die koppe gebruik om te besef wat hulle besig is om te doen of is dit te veel gevra

GM ·

Word CV’s nog ge’print’? Baie maatskappye aanvaar CV’s via e-pos. En hoeveel gegradueerde persone is daar wat nie ‘n selfoon, met data op, besit nie (Die meerderheid gebruik FB en Whatsapp). Hoekom nie eerder biblioteke befonds, en gratis internet verskaf aan potensiële werksoekers nie? (Met natuurlik ‘n beperking op watse tipe webblaaie besoek kan word sodat die diens nie misbruik kan word vir YouTube ens. nie). Tydens my studentedae het hulle bv. die gebruik van FB tussen sekere tye geblok in van die departemente se rekenaarkamers.
Iemand moet tog ook net vir Ramaja sê dat werk eers geskep moet word voor gegradueerdes vir werk kan soek, want baie maatskappye het reeds toegemaak as gevolg van mense wat plunder en afbrand.

Jacques ·

Miskien moet ons wittes hul vertel van Afrika geskiedenis, lyk nie of hul regtig weet waar kom hulle vandaan nie. Wie was eerste hier, boesmans of hulle? Wie het die boesmans verdryf en vermoor?

Emma ·

Minimum lone veroosaak dat mense minder mense in diens neem. Dit is hoekom so baie nie werk kry nie. Maar hulle soek stemme so dit sal nie verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.