Minder swemtyd in Seepunt-swembad

Seepunt-swembad Foto: www.capetown.gov.za

Seepunt-swembad Foto: www.capetown.gov.za

Die stad Kaapstad het die bedryfsure van die Seepunt-swembad tydelik verminder vir die feesseisoen.

Volgens Belinda Walker, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdiens, word dit gedoen om seker te maak dat die swembad se watergehalte op ʼn aanvaarbare vlak bly.

“Die Seepunt-swembad is een van die top 10 swembaddens in die wêreld,” het Walker in ʼn verklaring gesê. “Die swembad word jaarliks deur meer as 20 000 besoekers per maand tydens Desember en Januarie besoek. Die watergehalte moet dus gereeld gemonitor en gereguleer word weens die noemenswaardige toename in besoekersgetalle tydens die warm somersmaande.”

Die gewone bedryfsure van die swembad tydens somer is 07:00 tot 19:00, maar die tye verander soos volg oor die feesseisoen:

24 Desember: 10:00 – 17:00
25 Desember: 07:00 – 12:30
28 Desember: 10:00 – 17:00
29 Desember: 10:00 – 17:00
4 Januarie: 10:00 – 17:00
5 Januarie: 10:00 – 17:00
8 Januarie: 10:00 – 17:00
11 Januarie: 10:00 – 17:00

“Die swembad se pompstelsel benodig onder gewone omstandighede 24 uur om te sirkuleer om die beste watergehalte te verseker. Die swembad se verlengde ure, tesame met die hoeveelheid swemmers bied dus nie genoeg tyd sodat die water gesirkuleer kan word nie, en daarom is die bedryfsure verkort en die swembad slegs op spesifieke dae oop,” het sy bygevoeg.

Die stad vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak. “Die tydelike verander verseker die watergehalte en strek tot voordeel van alle swembadgebruikers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liefie ·

Ek het nie n probleem hiermee nie maar die vraag is of is die toegangs gelde ook verminder soos die besoek ure?

Ek twyfel of dit gedoen is want dis makliker om die vebruiker se geld te vat en hulle te misbruik. As die hoeveelheid beskoekers die probleem was hoekom nie net die aantal toegelates beperk per dag nie. Nee want as hulle dit doen maak hulle nie baie geld nie. Tipies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.