Minder treine ry in Wes-Kaap

(Argieffoto: ANA)

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Dinsdag tydens ʼn inligtingsessie bekendgemaak dat daar sedert 2019 altesaam 66% minder treine in die Wes-Kaap per week ry. Dit kom neer op 293 minder treine wat per dag passasiers moet vervoer.

Na afloop van dié inligtingsessie gaan die DA ’n mosie indien dat die huidige status van die bestuur van treindienste en die afwenteling van spoorvervoer na bekwame subnasionale regerings (provinsiale regerings en departemente) in die Wes-Kaapse provinsiale parlement bespreek word.

Ricardo Mackenzie, woordvoerder van die DA se Wes-Kaapse komitee oor vervoer en openbare werke, sê wat verder kommerwekkend is, is die feit dat daar slegs 29 treine in die Wes-Kaap in bedryf is – dit in vergelyking met meer as 80 in 2014.

“En dan word Prasa verder deur diefstal lamgelê. Dié staatsonderneming het in die eerste ses maande van 2020 minstens 92 voorvalle van diefstal gehad, gevolg deur 120 voorvalle wat in Julie aangemeld is,” sê Mackenzie.

Volgens Mackenzie het Prasa gevolglik ook ’n drastiese daling in inkomste gehad en is dit in ’n finansiële verknorsing.

Mackenzie sê daarbenewens moet die toestand van die sentrale treinlyn van Kaapstad ook dringend bespreek word.

“Hierdie lyn werk sedert 2019 nie ten volle nie as gevolg van die vestiging van onwettige nedersettings langs die spoorweginfrastruktuur. Gesamentlik is die stasies van Langa, Philippi en Nonkqubela nou die tuiste van 7 844 wonings, en dit sal vereis dat minstens 1 350 wonings geskuif moet word om treine te laat ry. In totaal is 55,9 ha nodig vir die bou van ʼn grensmuur langs hierdie gebiede sodat die deurgang vlot bedryf kan word.”

Mackenzie sê sonder ’n funksionele spoorwegstelsel moet inwoners op alternatiewe vervoer staatmaak, wat duur en nie omgewingsvriendelik is nie. “Met meer motors op die pad, neem die verkeer toe en bykomende druk word op die paaie geplaas.”

Mackenzie sê om die algemene toestand van spoorweginfrastruktuur en vervoer wesenlik te verbeter, sal die DA in die Wes-Kaap voortgaan om bekwame, finansieel gesonde subnasionale regerings aan te moedig.

“Ons kan nie meer bekostig om bloot toeskouers te wees by die voortdurende agteruitgang van ons openbare vervoerstelsels nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mallie ·

Kyk hoe mooi is hulle treine teenoor die treine in Gauteng.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Alle Suid-Afrikaners moet ingeënt word teen die ANC/EFF-pandemie.

Nie Verbaas ·

Is strukture nog in plek vir treine om te funksioneer of het ons ANC vriende daar ook onteiening van staatsbates toegepas?

Samuel ·

Is daar ‘n politieke wil om hierdie onwettige plakkers te verwyder? Ek twyfel.

Boon ·

Die aftakeling van stedelike treinvervoer is deel van die taxi-bedryf se strategie om beheer te gekry oor vervoer. Hierdie magsposisie is deel van vakkbonde se kaping van die ANC. Oplossing is desentrslisering soos Wes- Kaap voorstel, maar die herstel en bedryf gaan baie geld Kos, plus die taxi bedryf moet inkoop daarom.

Tanniepetoors ·

Stuur almal wat nie kan bewys dat hul al meer as 15 jaar woon en werksaam is in die Weskaap nie terug na die provinsies waar hul vandaan kom. Plakker en misdaad probleme baie minder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.