Minder trou; meer skei

Argieffoto: Pixabay

Paartjies in Suid-Afrika is al minder gretig om kansel toe te hardloop, maar al meer egpare se huwelike draai in die skeihof.

Só het Statistieke SA (StatsSA) in sy jongste navorsing oor huwelike en egskeidings bevind. Dié navorsing het gaan kyk na huwelike en egskeidings tussen 2008 en 2017.

Volgens dié navorsing is altesaam 135 458 burgerlike huwelike, 2 588 gebruiklike huwelike en 1 357 burgerlike verbintenisse in 2017 geregistreer. Vergeleke met 2016 het burgerlike huwelike met 2,9% afgeneem en gebruiklike huwelike met 34,9%. Burgerlike verbintenisse het effens toegeneem met 0,3%.

Die getal burgerlike huwelike het egter drasties afgeneem oor ʼn vyf jaar tydperk. In 2008 is 186 522 burgerlike huwelike geregistreer en in 2017 het dit afgeneem na 135 458 huwelike.

Volgens StatsSA se verslag is bruidegomme steeds oor die algemeen ouer as hul bruide as daar na huwelike van 2013 tot 2017 gekyk word. Die mediaanouderdom in burgerlike huwelike vir persone wat vir die eerste keer trou, is 34 jaar vir bruidegomme en 31 jaar vir bruide. Wanneer na gebruiklike huwelike gekyk word, het die gemiddelde ouderdom van bruidegomme van 33 jaar in 2016 tot 35 jaar in 2017 gestyg.

Die mediaanouderdom van burgerlike verbintenisse wissel tussen 33 en 35 jaar.

Volgens StatsSA was 0,3% van bruidegomme in gebruiklike huwelike in 2017 jonger as 18 jaar oud, terwyl 3% van bruide minderjarig was. (Volgens wet mag minderjariges met toestemming van hul ouers, voog of ʼn kommissaris van kinderwelsyn in die huwelik verbind word.)

Wanneer na burgerlike huwelike gekyk word, is daar in 2017 twee minderjarige seuns en 70 minderjarige meisies in die eg verbind.

Wat burgerlike huwelike betref is paartjies meer geneig om in die warmer maande trou aan mekaar te beloof – in 2017 het 12,9% van burgerlike huwelike in Desember plaasgevind en slegs 6,6% in Junie. “Die spitstye vir huwelike kan skynbaar verbind word met die lang skoolvakansies wat mense toelaat om te reis om trouvieringe by te woon.”

Die meerderheid paartjies kies ook om deur burgerlike huweliksbeamptes in die eg verbind te word. In 2017 is 28,8% van burgerlike huwelike deur ʼn pastoor, dominee of ander geloofsverteenwoordiger voltrek, terwyl 58,1% van huwelike deur burgerlike huweliksbeamptes voltrek is. In 13,1% van huwelike is daar nie gespesifiseer wie die huwelik voltrek het nie.

Hoewel huwelike in 2017 afgeneem het in vergeleke met die vorige jaar, het egskeidings toegeneem. In 2017 is 25 390 egskeidings geprosesseer, 0,3% meer as in 2016. Volgens StatsSA het die aantal egskeidings tussen 2008 en 2011 gewissel, maar sedert 2012 tot 2017 was daar ʼn bestendige toename in egskeidings.

Die mediaanouderdom vir egskeidings in 2017 was 44 jaar vir mans en 40 jaar vir vroue. Volgens StatsSA was 27,2% van egskeidings in 2017 huwelike wat tussen vyf en nege jaar gehou het. Altesaam 19,6% van egskeidings was huwelike van tussen 10 en 14 jaar, terwyl 17,4% van egskeidings huwelike was wat minder as vyf jaar gehou het. Die statistiek toon vier uit elke tien egskeidings wat in 2017 geprosesseer is, was vir egpare wat minder as tien jaar getroud was.

55,6% van egpare wat in 2017 geskei is, het kinders wat nog minderjarig is, terwyl 44,4% van egpare wat in dié jaar geskei is nie kinders het nie.

Lees die volledige verslag van StatsSA hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

I know ·

As dit net die volwassenes was wat hierdeur geraak is, sou dit my minder gegrief het. Ek werk daagliks met die pyn wat die kinders na afloop van egskeiding ervaar. Daar is soveel verwarring, onopgeloste emosies, ens. En dan praat ek nie van die geskeide ouers wat die kinders gebruik (“misbruik”) as hulle mekáár wil bykom/benadeel nie. Die dae van die liewe mamma wat altyd “reg” is en automaties die meerderheid toesig MOET kry moet ernstig ondersoek word. En die
grootouers word net soveel (negatiewelik) hierdeur geraak/ benadeel. Dalk moet Stats SA hieroor ook navorsing doen. In opsomming: dis een groot hartseer gemors – veral waar kinders betrokke is.

wens net... ·

ek is al 24 jaar geskei, wanneer ek terug dink wens ek so baie dinge kon anders wees om dit makliker v my kind te kon maak. haar Dad het bv geweier om met my as haar Moeder te kommunikeer weens sy Onvergifnis, maar dit was hy wat Ons alleen gelaat het sonder n voertuig en n werk….Dit sou as n Healing proses net soveel beter gewees het as Ons as Ouers kon kommunikeer….ter wille van haar!!!
net Om te Kommunikeer in belang van haar belange…..baie seer….. anyway dit is nou verby en sy Is Groot, ek het Healing ontvang maar Hy loop nogsteeds met sy bitterheid in hom rond.
I AM FREE SO FREE…..NA N LANGGG PYNLIKE EGSKEIDING……nou bid ek maar net….

Essie ·

Dis n belofte wat jy maak voor God en mense tot die dood jou skei geen mens het dit in sy of haar huwelik nodig nie.

Gelukkig getroud ·

Dit omdat mense nie meer hulle probleme probeer uitsorteer nie en skei sommer net as die maklike uitweg. So baie kinders word so benadeel hier deur.

Connie ·

Dieselfde geld seker vir kerkbywoning want dit maak deel van die statistiek …reguit eenpad …wat die Here saamvoeg mag nie gebreek word nie….

Maria ·

Ek ook geskei in 2015 was 22jaar getroud. Skei sake raak soos n mode asof normal is en raak maklik.
My eerlikheid almal dwaal weg van Here af “ongehoorsaamheid en ons eie sonde” sonder om ander beooordeel nie my erkening.
Selfsug van ouers die meeste kinders”ek self 2kinders” kry meeste seer en swaar wat nie gevra om gebore te word nie en kan maklik vervang word nie.

Jb ·

Die verval van die wereld mense eer nie meer die verbond met mekaar wat in naam van God gesluit word nie verlei deur die wereld

Zax ·

Lol trou is lank voor christenskap uit gevoer. Maya, Sumeriens, Egyptenare…
Lol

Kiskar ·

Jy’s reg Zax. Trou ís lank voor Christenskap uitgevoer. Inteendeel, dis deur God in die Tuin van Eden ingestel. Jesus bevestig dit in Matt. 19:4-6.

Gemaskerde Sopbeen ·

Net sodra ons jongste sy graad gekry het gaan ek en my vrou hard begin spaar vir iets wat meeste van ons vriende alreeds het………’n egskeiding!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Bolla? Dink voor jy begin tik…………skei is miskien “verniet”…….die gevolge is nie. As twee mense skei moet een van hulle ‘n nuwe huis koop, of ‘n plek huur. As hulle net een yskas, een stoof, een mikrogolf en een wasmasjien gehad het, moet alles dubbeld aangekoop word. As daar net een voertuig was, moet ‘n tweede voertuig aangekoop word………….NIKS in die lewe is verniet nie……….behalwe miskien jou kommentaar!!!!

Gelukkige enkelouer ·

GS, ek wonder altyd, hoekom ongelukkig getroud bly ter wille van kinders, wat leer hulle daaruit?. Wat se voorbeeld word gestel (voorgee en ‘n leuen leef is tog nie aanvaarbaar nie is dit?) Is dit wat jy van jou kinders gaan verwag wanneer hulle ongelukkig getroud is met kinders? ?
Tog stem ek volkome saam met jou. Verniet is dit beslis nie, al die ‘kostes’ wat jy noem is realiteit!! En in die ekonomiese tye waarin ons leef, is her-konstruksie van ‘n BESTAANDE lewensstyl byna onmoontlik. GS julle gaan lank spaar. HaHaha
Bolla, jou kommentaar is beslis ‘verniet’ en ongevraagd

Geskeide ·

Ek wonder altyd, hoe baat enige een in die gesin by ouers wat getroud bly ter wille van die kinders? Watse voorbeeld word gestel aan daai kinders – voorgee en leuen-leef is aanvaarbaar? GS, is dit wat jy van jou kinders gaan verwag wanneer hulle ongelukkig getroud is met kinders?
Bolla jy is verkeerd!!

dejager ·

Mark Twain het gesê:ń Man weet eers wat dit is om ń vrou lief te hê na 25jr getroude lewe.
Besluit vandag om jou lewensmaat
met alles in jou lief te hê.Die skrif sê in hebreeus sy is ń hulp téén jou nie vír jou nie.Dit beteken as jy die regte pad loop sal sy jou help maar as jy die verkeerde pad wil loop sal sy jou teenstaan.
Moenie met haar stry nie-sy beskerm jou soms teen jouself!
Hê haar net lief

Cherokee ·

Ons hoor die beskeidenheid in jou stem. Ons hoor hoe jy sê, okay ek mag dalk ‘n redelik nuweling te wees maar nie regtig meer ‘n groentjie nie. En ons antwoord.. jy’s nou een van die groter kinders. Hou die kleintjies dop.. en gee raad wanneer nodig.

Elna ·

Baie interessante artikel MM. Ek stem saam met die berrig. Daar is darm nog van ons wat in n posisie is waar liefde al lankal die tassie gepak het en by die deur uit geloop het maar steeds saam staan agv die groot belofte wat hulle voor ons hemelse vader gemaak het en dit is….tot die dood ons skei. Vir sommiges is dit moeilik om aan daai belofte na te kom. Die lewe het so verander dat ek selfs mense aanraai om liewer maar nie te trou nie want niemand besef werklik wat n huweliksverbindtenis eintlik beteken nie en wat dit als behels nie. Huwelik is n werk woord daarom wil baie mense eerder” hierwilekuit”.

Sam ·

Ek is so ‘n kind.. Waar my ma en pa nie geskei het omdat hulle geglo het dis verkeerd. Vandag is my pa en ma slegs geraamtes van die mense wie hul eens was, hartseer en gebroke. Julle besef nie wat julle aan mense doen met “judgements” oor dié belofte. Skei eerder, julle kinders lei daaronder as julle voorgee.

Cherokee ·

Sam, ons hoor wat jy sê en het begrip daarvoor, maar om buitestaanders te blameer omdat jòu pa en jòu ma nie die sinvolle pad geloop het nie, is nèt so verkeerd as wat jou ouers, volgens jòu, gedoen het. Jy soek nou net ‘n ander plek om die blaam te plaas en dit is verstaanbaar. Sommige van die kommentators wat reeds reageer het sal jou en my kwalik neem vir ons opinie, terwyl ek jòu verkwalik omdat jý blaam probeer verplaas. Jan van Riebeeck kan niè vir alles kwalik geneem word nie. As jou pappa en jou mamma opgeneuk het is dit nie altyd die bure se skuld nie. – © Cherokee

Geen waarde ·

Mense heg geen waarde meer aan enigiets nie, die huwelik en beloftes aan God en “die persoon wie jy lief het” beteken niks meer nie.
Mense is selfsugtig. As EK nie gelukkig is nie wil EK skei. Ek ek ek.

Vrygesel ·

Een ding wat ek al agtergekom het, is dat bitter min getroude mans die broek in die huis dra. Ek sien dit met my broer, vriende en kollegas.

M ·

Dankie tog dat tye verander het en mans nie meer die broeke dra nie! My ouma moes doodgaan om weg te kom van my oupa af. Sy kon hom nie skei nie omdat sy ‘n huisvrou was.

Op en af ·

Ons is al 32 jaar getroud. Ons is deur rowwe rowwe tye, maar as ek nou terugkyk sien ek hoe ons mekaar wel geslyp het.. Dis nie altyd maklik nie maar dis wel die moeite werd.. Ons wou mekaar soms vermink en vermoor maar met die Genade van Bo kyk ons nou na mekaar met liefde en deernis! As ons gespaar bly kan ons nog 20 of 30 great jare saam deurbring.. Ek ken hom.. Hy ken my.. Dis so ‘n warm snoesige wintersbed.. En soms oorval ‘n tropiese storm ons onverwags of ‘n arabiese nag /week/maand.. Geniet mekaar eerder as om so vinnig op te gee.. Dit word altyd weer beter.. Deur depressies, retrenchments, en hordes ander klein jakkalsies.. Hou uit en wees dankbaar vir die een persoon wat jou wel liefhet al gebeur wat..

Egbert ·

Alles deel van die verotting in SA. Die bose en hul aanbidders het hul kloue diep ingeslaan. Alles wat voorheen verkeerd en abnormaal was, is nou ewe skielik reg en vice versa.

Eunice ·

ONGELUKKIG…het dit vir my ook nie uitgewerk ná 10 jaar nie…
VERMOED ons is getroud, nog voordat ons regtig volwasse was en wedersydse respek en vertroue het geknak… hoe kompeteer jy met ‘skelmpies’??
GROOTSTE FOUT was,eks n christen en hy nie…
Maar jaa,eks BLY ek hét geskei,my twee seuns gevat en geloop en ñ nuwe lewe oopgeveg vir ons 3 en BO uitgekom…
GEEN berou,GEEN verwyte,GEEN haat…
Ennn..eks DOLGELUKKIG álleen viri afg 26 jaar al,my 2 KOSBARE bere nou my GROOTSTE VRIENDE…?

Ook 'n enkel ma ·

Eunice… Ek stem saam net jou… DOLGELUKKIG!! NIE altyd maklik nie, maar elke ‘gespook’ die moeite werd..

Oop oge ·

Die Gees van God, wat Lewe aan die gemeentes gee, het die kerksisteem ongeveer 50 jaar gelede al verlaat. Al wat nog te vinde in die babelse verwarring is, is die intellektuele letter van Sy Woord. Die mensdom weet dus baie van Hom, maar ken Hom geensins….daarom al die egskeidings, korrupsie, skelmstreke, diefstal, moorde, ens. Alles vrugte van ongeloof. Met Christus buitekant die deur, kan niks beter verwag word nie.

M ·

10 uit 10 vir vrouens wat weier om ‘n man se vloerlap en/of slaansak te wees!

Lalie ·

Trou is so n ou klein woordjie, maat om getroud te bly is baie harde werk. Mense se gewoonlik as jt 50% gee en hy gee 50% dan sal alles werk. Bog as jy 100% gee en hy gee 100% dan het julle huwelik n 100% kans on te “survive”. Dis nie altyd maklik nie, want ons is individue. Sterkte aan slmal.

Ek wonder ·

Hoekom ongelukkig getroud bly ter wille van kinders? Watse voorbeeld stel dit vir kinders – leuens, voorgee, ens.
GS, is dit wat jy van jou kinders gaan verwag wanner hulle ongelukkig getroud is met kinders?
Bolla, jy is verkeerd!!

JAN ·

Eensaamheid / alleenheid / Godverlatenheid is erger as die dood. Die groot straf van verstoting

En mens kan eensaam wees tussen mense en in die huwelik dorp en volk en land. Hmm?
Vry en baklei vir dieselfde rede.. hmm
Soos die Ierse kosbare humor: ” OH it is a terrible war – but it is better than no war at all!!

JAN ·

Die “huwelik ” is ‘n heilige Goddelike verbond – veronderstel om te wees.

Bestaan uit slegs 4 konsepte: dankie , asseblief , ekskuus/jammer en Gehoorsaamheid uit liefde en nie dwang / vrees nie. Getrouheid is immers bewys van liefde. hmm?

Wees getrou as voorbeeld vir almal en leer ons kinders om nie dieselfde foute as hul ouers te maak nie.
Getrou tot die dood . veral wanneer dit sleg gaan soos met rampe en siekte en ouderdom.
{Job}

Opisthophthalmus ·

Op ligter noot…Gemaskerde Sopbeen is oor ‘n jaar of ses, sewe, agt geskei.. ?????… En ‘broke’
Verder..
Hersaamgestelde gesinne werk in die MEESTE gevalle NIE. Bly enkellopend, dit is net die beste

Dieter ·

Ja die mensdom is baie interessant.
Spandeer eers ‘n klein fortuin om te trou.
Spandeer dan later ‘n groot fortuin om te skei.
Geen wonder so baie mense moet werk tot hulle horingoud is nie.

aj ·

Voorkom egskeidings … moenie trou nie!

Voorkom bankrotskap … moenie kinders verwek nie!

Of soos ‘n ‘bachelor’ vriend gesê het …. hy maak ‘dieselfde fout nie eers eenkeer nie’!

Inderdaad ·

Die beste raad…. Ek leer presies hierdie vir my kinder..

Hb ·

Ja di mense se hulle is gelukkig getroud. Ek was ook gelukkig getroud tot ek nie meer was nie. Nogal logies ne. Eks gelukkig geskei vi 15 jaar, 2 pragtige opgevoede suksesvolle kinders en n X waarmee ek goed oor di weg kom. Eks gelukkig soos n vark in Palestina?. Skei is ni die einde van die wereld ni al stap jy met niks daaruit nie. Hou net jou kidz mooi dop.

CJ ·

Eendag op rsg gehoor iemand sê hy spandeer eerder baie geld aan sy dogter se matriekafskeidrok as aan haar toekomstige trourok. Ten minste sal sy net een keer matriekafskeid hou, dalk meer as een keer trou! Dis SA logika op sy beste.

GM ·

Meeste mense dink dat ‘getrou wees aan mekaar’ saam met die ‘getroud-wees pakkie’ kom. Sit ‘n ring aan die vinger, teken ‘n papiertjie en als is reg. Hoeveel voel nie verplig om te trou omdat dit ‘die regte ding is om te doen’ nie? Maak klaar met skool, werk, raak verloof, trou, kry kinders.
Die een se troue is meer uitspattig as die volgende een. Hoeveel paartjies sou nie kon baat vind deur eerder meeste van daardie geld op ‘n deposito vir ‘n huis te sit, as om vir een aand mense te ‘entertain’ nie. En let’s face it, hoeveel van daardie mense wou hul regtig graag daar gehad het? Hoeveel word nie uit plig uit genooi nie? ‘Elope’ of gaan trou in die hof as jy wil, bogger tradisie.

Sodra jy getroud is, begin hul sommer dadelik te vra: “Wanneer kom die eerste enetjie? As eerste enetjie kom – “Wanneer kom die tweede enetjie? En dan, as albei dieselfde geslag is: “Gaan jul probeer vir ‘n seuntjie/dogtertjie? Maar laat jy dan nou drie kinders het, dan sal vele weer sê dat die vrou net die een na die ander kind kry. Mense is judgemental en meng hul te veel in met ander se sake.
En dis nonsens dat mense getroud bly ‘ter wille van die kinders’. Jy doen meer skade aan daai kinders as goed. Waarvoor gaan jul die ergste gejudge word? Omdat jul skei, of omdat jul nie jul kosbare kinders beskerm het nie?

Dries Moolman ·

Dis omdat daar vir die verkeerde redes getrou word. Die familie verwag boetman of sus moet nou settle en ‘n gesin begin, want die naam moet voortleef. Dan word daar om die eerste beste draai iemand gegryp en kansel toe gesleep. En dan na ‘n jaar of wat het hulle niks meer vir mekaar te se nie, want hulle was nie werklik vriende voor hulle lovers geword het nie. Dis maar hoe die lewe loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.