‘Minderhede is mislei oor beskerming van taalregte’

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Evert Kleynhans (RooistoelTV) via UV Facebook

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag gesê die uitspraak van die konstitusionele hof dat die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wettig is, is tekenend daarvan dat “minderhede tydens die onderhandelings in aanloop tot die verkiesing van 1994 mislei is om te glo dat hulle taalregte beskerm sal word”.

Maroela Media het vroeër berig die konstitusionele hof het ʼn aansoek wat deur AfriForum en Solidariteit voor die hof gebring is om verlof tot appèl teen ʼn hofuitspraak oor die UV se taalbeleid wat Afrikaans as onderrigtaal uitskakel, van die hand gewys.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in sy uitspraak daarop gewys dat alle Suid-Afrikaners die reg het tot tersiêre onderrig in ʼn amptelike taal van hul keuse, maar dat hierdie reg onderhewig is aan die redelike uitvoerbaarheid hiervan. Mogoeng het toe daarop gewys dat wanneer skaars hulpbronne gebruik word om voorsiening te maak vir ʼn klein hoeveelheid studente, en dié studente sodoende intensiewe, persoonlike en baie voordelige aandag ontvang terwyl ander studente in oorvol lesingslokale ingedruk word, daar ʼn uitdaging ontstaan.

“Wanneer toegang, integrasie en rasse-harmonie in gevaar gestel word deur uitvoering te gee aan die reg om onderrig te word in ʼn amptelike taal van jou keuse, word daar nie voldoen aan die kriteria van redelike uitvoerbaarheid nie,” het Mogoeng gesê.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het Vrydag gesê argumente oor die wenslikheid van eentalige Engelse onderwys om sodoende weg te beweeg van segregasie en om rasseharmonie op kampusse te bevorder, is teenstrydig met internasionaal aanvaarde taalregtebeginsels, maar ook selfs opvoedkundige beste praktyke.

“Die Suid-Afrikaanse verlede (byvoorbeeld gebeure in Soweto in 1976), maar ook dié van talle ander lande, van Bangladesj tot België, bewys dat waar studente van die reg om in hulle moedertaal te studeer ontneem word, dit tot groot spanning en selfs geweldpleging aanleiding gee,” het Bailey gesê.

Sy meen dat studente op kampusse geleer moet word om mekaar met respek te behandel en mekaar se regte te erken. “Dit sluit mekaar se taalregte in. Dit kan nie geskied deur enigeen van hulle regte te ontneem nie en nog minder deur Engels tot enigste amptelike taal van onderrig te verhef. Met Engelse eentaligheid word ’n bitter klein groepie Engelse moedertaalsprekers bevoordeel, terwyl min hoop by enige ander taalgroep voortleef dat inheemse tale verder sal ontwikkel.”

Bailey voeg by dat die fokus op ras in argumente oor taalregte nie geldig is nie. “Volgens 2011 se sensus is die meerderheid sprekers van Afrikaans nie wit nie. Verder is tydens die onderhandelings voor 1994 juis voorgehou dat die land van rasgebaseerde argumente gaan wegbeweeg en dat daar op internasionaal erkende menseregte, wat sogenaamd in die Grondwet verskans sou word, gekonsentreer sou word. Hierdie uitspraak bewys egter die teendeel en beklemtoon opnuut dat die bou van sterk eie instellings deur die burgerlike samelewing nou die vernaamste wyse is waarop minderhede hulle regte sal kan bevorder en beskerm.”

Sy het gesê AfriForum sal voortgaan om die miskenning van taalregte in die land op alle moontlike internasionale platforms in die kollig te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Dereck Le Roux. ·

Voor die 1994 verkiesing was ons al mislei net baie jammer die oorgrote meerderheid van witmense wou dit nie insien nie en hulle het Frikkie de Klerk gewillig gevolg soos skape ter slagting.

Eish ·

Sy laaste openbare onderhoud wat ek gesien het, was met Dana Snyman. Daar het hy uitgewei oor die glas wat halfvol is vanweë die gematigde meerderheid. Née wat, jy lig jou been teen die verkeerde boom, hierdie praatpatriot is nog vol hoop dat die skip gaan draai vorentoe. Dis immers die skip wat hy te water gelaat het.

Penellope Jones ·

Ek dink die vraag wat mens eerder moet vra is wat sou gebeur het as apartheid voortgegaan het soos voor 1994?
Die politieke situasie moes verander en mens kan nie verwag dat dit seepglad en sonder probleme sou verloop en waar almal wat tevrede is met die situasie nie.

Eish ·

Wel, die koeël is nou deur die kerk en daar is niks salf meer te smeer aan die bloederige bekwond nie.
Hoofregter Mogoeng Mogoeng se uitspraak was te wagte gedagtig aan die rigting waarin dié sake ontwikkel het die afgelope tyd.

Mev. Bailey se argumente is grondig, maar gaan nie in die die helhool realiseer nie, eenvoudig aangesien die meerderheidspolitiek heeltemal te veel momentum het. Ek is ook nie so seker dat die buiteland enigsins kan impakteer op ons situasie nie. Buiten natuurlik indien fondse bewillig word vir verdienstelike kwessies soos n universiteit met Afrikaans as voertaaL.

Wat ons geleer het, weereens, is om politici nie te vertrou nie. Die perd is nou al holrug gery, maar ek vertrou dat dié wat namens die blankes onderhandel het, n welvierdiende gewetentswroeging het tot in lengte van dae. Dis n sopstorie wat aan ons verkoop is oor die ewige wigte en teenwigte.

Verarming gaan ons doodskoot wees. Die stadium wanneer ons deur die openlik vyandiggesinde regering met al sy fasette gereduseer is tot n krummelbestaan en ons niks aan ons lot kan verander nie suiwer weens gebrek aan middele.

Uit presteer . . . is die antwoord ·

Die einste politici wat graag nydige retoriek gebruik & populistiese antikapitalistiese wetgewing van podiums af ondersteun, gryp eerste na blanke advokate om hulle in die geregshowe te verteenwoordig . . . rede . . . BETER RESULTATE . . . BETER PRESTASIE.

Ek is bewus van groot maatskappye wat (in totale anonimiteit), slegs Sol-Tech vakmanne in diens neem. Rede; ʼn masjien werk óf hy werk nie. “Commission of Enquiry” gaan nie ʼn stukkende rioolwerke herstel nie. Slegs bekwame & kundige vakmanne kan dit vermag

Mugabe het tot op sy laaste dag van “regering”, die nie-etniese Afrikaan verpes omdat diesulkes altyd ʼn plan kan beraam om een kort-kop voor die regering se drakoniese wetgewing te bly. Die eerste punt op die agenda van sy opvolger was om bes te gee & die witman weer toe te laat om leisels oor te neem in die landbou ekonomie.

Geen meerderheid sal, óf kan ʼn teenvoeter vir BOGEMIDDELDE prestasie hê nie . . . geen onderneming kan onbepaald oorleef met onbekwame mense in oorbetaalde poste nie

Sol-Tech & Akademia kwalifikasies gaan binnekort uiters gesogte kwalifikasies word, want die res van die land se kwalifikasies gaan deur honende gepeupel gereduseer word tot nikswerd instansies nie.

Ek het baie skatryk Zimbabwiese kliënte wat groot geld in US$ verdien . . . . die kuns is om die slagveld goed te bestudeer & dan jou loopgraaf in ʼn gunstige posisie te gaan ingrawe.

Lekker grawe . . . het vir my gewerk

Gerhard ·

Uit Presteer. Jou antwoord is ‘n uitgediende selfbemoediging. Almal weet die kaders stel nie belang in Eurosentiese beginsels van prestasie nie.

Willie ·

Nee wat. Almal is verniet bekommerd. FW De Klerk se “Wigte en Teenwigte” gaan binnekort inskop!

Chrisjan ·

Uit presteer, jy weet dan! Hoe lank gaan dit die res van die volk vat om te sien dat dit wat in ons is, is groter?

Will ·

Alreeds by KODESA was dit duidelik dat Roelf Meyer, Leon Wessels en al Flat Wheel de Klerk se gesante lekker ore aangesit is deur einste Ramaphosa en kie, want van al die sogenaamde “wigte en teenwigte” wat in die onderhandelinge ingebou was (alias Roelf Meyer), om die regte van minderhede te waarborg, het net mooi dadels van gekom. Hulle uit sprake was so gepoleer met die politieke cliches van “onderhandelinge” en “eie taal, eie skole” en die individu se reg op “vryheid van assosiasie” dat meeste Suid Afrikaners aan die neus gelei is en die resultaat: Kyk na die status quo wat aan die orde van die dag is.

Lr ·

Kom ons staan saam en bou n groot Afikaanse Universiteit. Ons kry oorsese akkreditering vir die kursusse wat ons aanbied en trek al die voortreflike akademisi in SA. Is dit haalbaar?

John ·

?.. en ons Afrikaners gaan steeds die spul uitstof al is dit in Engels. Nie alle Afrikaners kan private onderriginstansies bekostig nie, maar dit se nie hulle het op hul koppe geval nie. Ons ou voorsate moes destyds ok maar by die tommie-taal inval en het sommer ook Latyn, Duits ens baasgeraak. Afrikaans raak nou ‘n uiters eksklusiewe taal waarvan die skoonheid selfs deur Russiese studente besing word. Ons sal soos die Jode met Hebreeus, ons taal nooit laat uitsterf solank as wat ons leef nie. Dis maar ‘sad’ dat die swart volke sommer so afsien van waardevolle kulturele goedere en dat die geleerde kundiges self ook nie die verreikende gevolge besef nie.

Johannes ·

PW Botha het vir De Klerk gese in sy laaste onderhoud voor sy dood De Klerk het wilde perde losgelaat wat n mens nie kan tem nie hy het hom vooraf gewaarsku.PW se stelling is oor en oor bewys ons is in SA aan die genade van die duiwel en sy trawante oorgelaat. Op alle gebiede word ons volk geteister.Ons eens pragtige dorpe lyk soos n ashoop van papiere plastiek en bottels ALLES WAT VIR ONS MOOI EN EDEL WAS Taal,kultuur en Godsdiens, n menslike lewe en BAIE ANDER WAARDES IS OPPAD UIT.ADIOS SUID-AFRIKA.

Frikkie Geld en huis ·

Persoonlik voel ek dat ‘n uitspraak in die minderheid se guns was. Dit kan net die stigting van privaat universiteite versnel, Afrikaans sowel as Engels. Die massas, waarvan maklik 70% nie eers na Gr 12 behoorlik kan lees of skryf nie, stroom universiteit toe, en kry wonderbaarlik toelating. Zuma het ‘n week of wat gelede gratis universiteitsopleiding verkondig. Wel, almal weet dit is nie haalbaar nie. Dus kan ek my die chaos indink wat vanaf 2018 op kampusse gaan heers en ons kan ‘n uittog van top dosente na privaat universiteite te wagte wees, mits die universiteite ‘n werklikheid word.
Wat gaan ‘n graad, wat behaal is aan bv die UV, oor 5 jaar werd wees? Gaan ‘n werkgewer daarna kyk ?
Kom ons probeer liewers vorentoe beweeg op ons eie.

Kobus ·

Frikkie, ek kon dit nie beter stel nie.

Hoe minder jy iets met jou regering te doen het (ongeag in watter land jy woon), hoe beter.

Selfs in “goeie” lande soos Japan, Ysland en dies meer, sou ek nog steeds veel eerder van privaat dienste (gesondheidsorg, opvoeding, ens.) gebruik maak, as om op die regering te probeer staatmaak.

Staatsamptenare (m.a.w. regerings, maar “staatsamptenaar” klink meer neerhalend) het dit nou maar eenmaal net nie in hulle om ‘n sukses van enigiets te maak nie, hier en elders.

HPV ·

Voorstel. Identifiseer besighede in Afrikaner besit, die wat ook Afrikaners in diens neem, en begin hulle net so goed ondesteun soos die wat slegs swart werknemers indiens het. Dit help nie jy neem Afrikaners in diens en jou mede Afrikaner ondersteun jou besigheid nie. Praat is maklik. Doen!

Helene ·

Ons minderheidsgroep moet nou alles wat NOU negatief is, tot ons voordeel gebruik. Ons het die breinkapasiteit!!

Ons hét die breinkapasiteit ·

Jy verwoord die presiese woorde wat ‘n Zimbabwiese blanke sakeman tot my gerig het . . . al die kundigheid het sy land verlaat & hy leef nou soos ‘n koning, want hy bied onontbeerlike & essensiële dienste aan wat die Zimbabwiese amptenary teensinnig by hom bakhand voor moet kom staan . . .

Paul van Deventer en Philip Minaar van Sol-Tech het middel vanjaar na BOZAN BEROEPSKOOL in Suid-Tirool in Duitsland gereis, om te gaan kers opsteek oor hoe die beste instelling van sy soort te werk gaan.

Komponente van dié model sal eersdaags aan die gemarginaliseerde Afrikaanse kind ʼn groot beroeps voorsprong bied

JC ·

Dankie almal vir die kommentaar!!!
Bravo Afrikaans, ons liefste soetste tongval, mag jou heerlikheid nog in ewigheid in die aarde seën!
Nooit ooit sal ek my Taal misken nie, nooit nie!!

Hennie ·

As hulle gratis têrsiere onderrig kry en dit in Engels, wat gaan hullr doen as die studente nogsteeds nie deurkom nie?

Deon Koegelenberg ·

Hierdie mense het geen agting vir die Suid Afrikaanse grondwet nie . Ons sal net al meer moet bymekaarstaan en Solidariteit enh Afri Forum moet ondersteun en meer Kolleges oprig waar Afrikaanse studente kan kom leer en graad vang . Dankie vir wat jul reeds doen

JC ·

Dankie almal vir die kommentaar!!!
Bravo Afrikaans, ons liefste soetste tongval, mag jou heerlikheid nog in ewigheid in die aarde verryk en seën!
Nooit ooit sal ek my Taal misken nie, nooit nie!!
Afrikaans leef.

Engels aan taan ·

Die wat dink dat engels die taal van toekoms is moet weer dink. Engels groei nie, dit is sekere ander tale wat groei, en taal kombinasies waarin die toekoms le. Veeltaligheid gaan seevier.

m.d.r. ·

My probleem met hierdie uitspraak is die Hoofregter se vertrekpunt:
Hy verwys baie gemaklik na die begrip “skaars hulpbronne” en die bevoordeling van “minderhede” daardeur .
So asof dit ‘n hulpbron is wat ‘n Natuurlike oorsprong het , en deur mense maar net daar gevind is en gebruik is…
Feit is dat Uovs, en alles waaruit dit bestaan-geboue biblioteke en infrastruktuur –Juis deur ‘n minderheid daargestel is d.m.v. daardie minderheid se geldelike bydrae op vele terreine.

Nou word daardie minderheid se bydrae en wettige aansprake eenvoudig geignoreer om aan ‘n “meerderheid” se grypsug te voldoen.
Daar is baie baie aanbevelings dat ons maar weer moet voor begin en nog ‘n Universiteit moet skep terwille van Afrikaans.
Maar hoelank gaan dit neem voordat hierdie swart massas weer daar toelating gaan eis en dit op dieselfde wyse oorneem.
Solank ons as Afrikaanstaliges nie eienaarskap eis vir dit wat ons geskep het nie, gaan alternatiewes nie werk nie.

Coenraad ·

Aanlyn opleiding gaan al hoe meer tel. Ondersteun institute wat in Afrikaans aanlyn opleiding bied. Wie wil nog die gaos op kampus beleef in elk geval…

Benito Odendal ·

Sjoe….ek’s ook Afrikaans en ongelukkig OOK blank en nog boonop OOK ‘n Christen.Ek’t OOK in Afrikaans studeer.Ek werk ook in ‘n Engelse omgewing en doseer in Engels……Jy kan Engels in enigeen se keelgat afdwing om polities korrek OF kastig moreel korrek te wil lyk ,OF ‘n onderduimse agenda te wil bevorder…. MAAR VERDOMP !!!… basiese begrippe word BESLIS baie vinniger vasgele in moedertaal onderrig en DAN uitgebou in Engels wat die res van die wereld vir jou kan oopmmak tot op vlakke wat jy vir jouself dan bepaal…….Engels as voertaal het soos in ABSOLUUT NIKS met hierdie besluit te make nie…ALLES het te doen met die vernietiging en vernedering van als wat na Afrikaner ruik of lyk…..ALLES !!!……Jy kan hoe verlig of hoe verkramp, die mooiste liberaal of die lelikste nasionalis wees en mekaar hoe suksesvol teen alle wil en mag wil verneder asook die wenner in elke argument wil wees……as jy die grootprent mis gaan jou alwetendheid en ” ME pty lmtd ” geite jou duur te staan kom of jy dit wil aanvaar al dan nie………..As die klok gelui het na die laaste rondte ……SAL die ” het ons maar net’s ” of ” As ek maar net’s ” te laat wees …nes dit nou alreeds te laat is op baie fronte !!!

Jacques venter ·

m.d.r
Dis verbasend dat mense in die verligte eeu nog eensydige stereotiepe siening handhaaf.

Jy sê die unversiteit is deur n minderheid tot stand gebring.

Feit is belasting geld is gebruik om die universireit te bou. Hierdie belasting is hoofsaaklik verkry uit goud wat deur meerderheid ontgin is

m.d.r. ·

Ek weet nie hou oud jy is nie Jacques, en hoeveel tyd jy in die mynbedryf deeurgebring het nie–indien enige.
Ek het my hele werkslewe daar deurgebring. Daar is meer geld uit goud die land uit as daar in belasting in is.
Jy suggereer dat die UOVS eintlik deur geld uit die goudmyn bedryf gebou is—-
Het jy al ooit oorweeg hoeveel belasting geld is verkry uit die blanke mynwerkers en hoeveel uit die swart mynwerkers ?
Hier is ‘n smakie—-volgens oud senator Thomas Boydell was die swart belasting bydrae in 1958 7.5 miljoen pond, en is daar op swartmense 40 miljoen pond bestee, vir pensioene medies en ander sosiale uitgawes.
In 1980/81 het blankes 92% tot die fiskus bygedra en die volgende jaar 92.5% van die totaal……
Ek beskik oor syfers oor hoeveel aan swart onderwys sedrt 1948 bestee is wat jou oe sal laat rek
Swart onderwys —-dit is immers waarom universiteite gaan…?
Ek meen dat jy die begrip “stereo tipes” verkeerd verstaan, en ja. die eeu is gladnie so verlig soos jy meen nie…eintlik baie donker.

Jacques venter ·

M.D.R
Ek verneem graag hoeveel aan swart onderwys in vergelyking met wit onderwys bestee is

Wees so vriendelik om jou bron/ne te noem

PJC ·

Dit lyk vir my of ons maar sal moet aanvaar dat ń groot deel van die blanke bevolking altyd maklik gemanipuleer sal word en alles wat vir hulle opgedis word vir soetkoek sal opeet.

Nouja ·

Die toekoms van opvoeding in die land le in tuisonderwys en privaat skole en internasionale  aanlyn tersiêre instellings (nie Unisa nie) wat mense oplei vir werk in die 21ste eeu en nie die 20ste nie. Vir diegene vir wie moedertaal onderrig ononderhandelbaar is, is die antwoord uiteraard Soltech en Academia. Dit is waaroor die gesprek moet gaan . Deur te kla en vinger te wys wie se skuld dra niks by tot die oplossing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.