‘Minderheidsgroepe verloor vertroue in die SAMRK’

Ernst Roets. Foto: Reint Dykema.

Ernst Roets. Foto: Reint Dykema.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) in ’n ope brief versoek om hom sterker uit te spreek teen haatspraak wat op sosiale media teenoor minderheidsgemeenskappe gepleeg word.

Volgens AfriForum het hy in die afgelope jaar ’n toename in haatspraak op sosiale media gesien, maar ervaar dat die SAMRK nie sy mandaat nakom om hierdie verskynsel aan te spreek nie.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê in ’n onlangse voorval het ’n persoon – wat valslik beweer het dat hy ʼn werknemer van ’n toonaangewende private veiligheidsmaatskappy is – op Facebook aangevoer dat die tyd aangebreek het om witmense oor die algemeen, maar spesifiek boere, te vermoor.

In die skrywe aan die voorsitter van die SAMRK, adv. Lawrence Mushwana, het Roets sy kommer uitgespreek oor die organisasie se waarneming dat die SAMRK gereeld uit eie oorweging stappe doen om haatspraak teenoor swartmense aan te spreek, maar nie juis aandag skenk aan haatspraak wat teenoor minderheidsgemeenskappe gepleeg word nie, selfs al word die kommissie skriftelik versoek om dit te doen.

Lees die volledige brief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Winston ·

Hoe sal dit dan anders wees? Net wit mense is rassiste? Ja…..

Henry ·

Is reg so Afriforum!
Gee die #@!^% gas.
Hoe gaan mens te werk om haatspraak te rapporteer, sonder om ellelange briewe aan die MRK te rig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.