Minderjarige bestuurder in ongeluk; 12 beseer

Foto: ER24

Foto: ER24

Tien kinders en twee volwassenes is beseer toe ʼn 17-jarige minibustaxi-bestuurder Woensdagoggend deur ʼn muur geploeg en in ʼn huis vasgery het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het Woensdagoggend in Lydiaweg in Kempton Park, oos van Johannesburg, gebeur.

“Toe paramedici op die toneel opdaag, het hulle gevind die taxi het deur ʼn huis se grensmuur gery en teen die huis tot stilstand gekom,” het hy gesê. “Daar was 12 mense in die in taxi, waarvan tien kinders tussen die ouderdom van vier en 12 was.”

Volgens Meiring het die insittendes geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is na die Thembisa-hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Die 17-jarige bestuurder beweer die taxi se remme het onklaar geraak wat veroorsaak het dat hy beheer oor die voertuig verloor het. Plaaslike owerhede sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nina ·

Wat maak die klein snot agter die stuur! My magtig!! Sluit hom toe en smyt die sleutel weg! Hoop al die kinders is ok wat saam die imbesiel in die taxi was.

Nic Grobler ·

Die taxi eienaar en die korrupte amptenaar wat vir hom ‘n openbare bestuurderslisensie uitgereik het kan eers betaal en dan saam met hom gaan sit.

CHRISTA ·

Die Ekurhuleni Metropolisie gee nie ‘n bloue duit om wat op ons paaie gebeur nie. Ek rapporteer gereeld taxis wat nie eers by ‘n rooi verkeerslig stop nie of selfs oorry terwyl die verkeerslig nog rooi is! Op Pretoria-weg in Kempton Park steek hulle motors verby met aankomende verkeer slegs meters ver van hulle af!! Die Metropolisie trek trek net hulle skouers op en sê: its not my area!!

AP van Schalkwyk ·

Verwys na die vorige kommemtaar
Waar lees my liewe vriend dat die outjie n bestuurslisensie het?
As jy dink jy is groot en slim genoeg om te bestuur sonder die nodige papiere moet jy seker ook taf genoeg wees om die pak slae te vat, saam met die eienaar van die voertuig wat dit vie jou gegee het om te bestuur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.