Minderjarige gevonnis vir verkragting, poging tot moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Minderjarige seun is Donderdag in die Springbok-streekhof gevonnis vir die verkragting van en poging tot moord op ʼn 47-jarige vrou.

Maj. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die Noord-Kaapse polisie, het gesê die vrou het in November verlede jaar omstreeks 22:00 een aand huis toe geloop toe die seun haar oorval het. Hy het haar verkrag en gewurg voordat hy gevlug het.

“Die saak is deur die Springbok- eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek en aanklagte van verkragting en moord is teen die seun aanhangig gemaak,” het Mooi gesê. “Hy is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis.”

Die seun se naam kan nie bekendgemaak word omdat hy ʼn minderjarige is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Winston ·

Hoekom so n minderjarige vonnis as hy hom soos n volwasse lafaard gedra?

Dee ·

Die klein gemors is buitendien seker in graad 4 want hulle sukkel om hoër grade te behaal voor hulle mondig is. Hy gaan ook nie verder leer in ‘n tronk en dit beteken dat hy met presidensiële kwalifikasies sal aftree.

Lynette ·

Hoe lank gaan hy sit? Net bietjie meer as n jaar as ons gelukkig is. Intussen leer hy al die skelm dinge wat hy nog nie weet, terwyl hy daar is!!!

Tony ·

Nou leer hulle hoe om weg te kom met ernstige misdaad as n kind. Toevallig, wat is sy ouderdom of mag dit ook nie genoem word nie? Baie gelukkig dit is nie my familie wat aangerand is nie! Wanneer hy uitkom weet hy moss nou hoe om hierdie dinge te doen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.