Minderjarige vermoor toe hy vir sigaret vra

sigarette-rook-nikotien

Foto: Markusspiske/Pixabay.com

Aviwe Mgungubali (26) is vandeesweek in die Atlantis-landdroshof tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ʼn 15-jarige.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die moord het op 20 November 2016 plaasgevind toe die 15-jarige vir Mgungubali ʼn sigaret gevra het terwyl hy [Mgungubali] op sy selfoon was.

“Toe die minderjarige aanhou vra vir ʼn sigaret het die beskuldigde kwaad geword, ʼn mes uit sy sak gehaal en die jong man in die bors gesteek het,” het Rwexana gesê.

Die slagoffer is na die Wesfleur-hospitaal gehaas, maar het daar aan sy beserings beswyk.

Die beskuldigde het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en het erken dat hy die seun dood gemaak het.

“Die staatsaanklaer, speurders en die oorledene se familie het ooreengekom op die pleitooreenkoms en die vonnis van tien jaar.”

Mgungubali is tydens die vonnisoplegging belet om ooit weer ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lize ·

Hy is tydens vonnisoplegging verbied om ooit weer ‘n vuurwapen te dra. Maar hy het die slagoffer dood GESTEEK. Niks keer hom dus hom weer ‘n mes of skroewedraaier te gebruik nie. Solank hy net niks afvuur nie.

Vermeende ·

Ek is seker net te oud maar die berig verstaan ek nie.
Van waneer af speel die familie se gevoel n rol in n kriminele saak en hoe word die publiek soos in die geval genader in n pleidooreenkoms.
Tree die staat dan nie op vir die vermoorde nie?
Hoe belet die staat die moordenaar om nooit weer n vuurwapen te mag besit nie, terwyl n krimineel nie n vuurwapen lisensie kan bekom nie en is die magustraat ooit bewus dat die moord met n mes gepleeg is en nie n vuurwapen nie.
En dan 10jaar vir moord??????
Wat het van lewens lank geword?

GAB ·

Dis nou simpel. Steek 15 jarige met mes oor n 26 jarige (volwasse man) ge irriteerd geraak het met hom. Hy kry 10 jaar vir moord en mag nooit n wapen besit nie. Dus na 10 jaar mag hy n mes besit??????

Buitestander ·

Vir 50 jaar skryf hulle op sigarette “Smoking kills” maar meer en meer mense rook steeds. 3 Dae en niemand eet meer Polony nie?

lee ·

Ek kry so groot lag vir jou denkwyse…dit was baie snaaks en skerp?

Pop ·

Mense, mense, mense , aanklaers vra dat die hof na elke vonnisopleging ook gelas dat n beskuldige nie n vuurwapen mag he nie. So as hy in 10 jr uitkom en aansoek doen vir n wapen, keur hulle dit af. Niemand kan hom verbiet om n onwettige wapen te he nie.

Koos ·

Jy praat baie vir iemand wat so waningelig is. As iemand 10 jaar kry sit hy g’n 10 jaar nie. Aanklaers vra geensins by elke vonnis dat beskuldigdes nie ‘n vuurwapen mag hê nie. Gaan doen beter navorsing voor jy almal hier mislei.

PJC ·

Hierdie oortreder se naam klink asof hy ń buitelander vanuit Noord Afrika kan wees so dalk is hy nog onwettig hier.

Michael ·

Ek verstaan nou glad nie hoe kan hulle hom 10 jaar gee hy het mos net n moord gepleeg is dit dan n kriminele oortreeding?

Tanzie ·

Wat ‘n skande! Jy moor iemand en gaan vir slegs 10 jaar tronk toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.