Minderjariges vasgetrek vir Springs-hoofseun se moord

Abram Sibeko. Foto: Via Facebook.

Abram Sibeko. Foto: Via Facebook.

Ses verdagtes, van wie vier minderjariges, is in hegtenis geneem in verband met die moord op die gr. 11-leerder van Springs aan die Oos-Rand wat volgende jaar hoofseun sou wees.

Maroela Media het vroeër berig Abram Sibeko (17), wat in Julie vanjaar verkies en ingesweer is as president van Veritas College se leerderraad vir 2017, se liggaam is twee weke gelede naby die skool gevind nadat hy die vorige dag, 29 September, nie ná krieketoefening by sy pa se huis in Dunnottar in Nigel opgedaag het nie. Hy het glo dié dag van openbare vervoer gebruik gemaak om van die skool na sy pa se huis te pendel.

Die gebied waar die tiener se liggaam gevind is. Foto: Google Maps

Die gebied waar die tiener se liggaam gevind is. Foto: Google Maps

Sy liggaam is op 30 September omstreeks 07:00 deur ʼn gemeenskapslid naby die treinspoor op die hoek van Davisrylaan en Rogersstraat in Selectionpark, wes van die skool, naby die sportveld, gevind.

Hy het sy skoolklere aangehad en is in die bors gesteek met ʼn skerp voorwerp. Sy krieketsak en selfoon was vermis.

Kapt. Johannes Ramphora, woordvoerder van die Springs-polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die inhegtenisneming van ses verdagtes volg ná ʼn gesamentlike poging deur die Ekurhuleni-Oos-streek se trio-taakspan en misdaadvoorkomingseenheid.

“ʼn Spesiale operasie is Woensdagaand in KwaThema uitgevoer waartydens vier minderjariges, tussen 16 en 17 jaar oud, in hegtenis geneem is in verband met die leerder se moord,” het Ramphora gesê.

Ramphora het gesê die vier se inhegtenisneming het Donderdag gelei tot die inhegtenisneming van twee 18-jarige jong mans.

“Die groep het die oorledene na bewering die middag genader terwyl hy op pad huis toe was. Hulle het op sy krieketsak en selfoon aangedring, waarna een van die verdagtes hom glo met ʼn mes gesteek het toe hy geweier het om sy besittings te oorhandig. Hulle het daarna weggehardloop.”

Ramphora het gesê die minderjariges was glo in April vanjaar vir die laaste keer in die skool naby die omgewing waar hulle in hegtenis geneem is.

Die ses sal na verwagting Maandag in die Springs-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Raymond Bastone ·

AiAiAi!!” Hulle is nog kinders dan pleeg hulle al moord. Maak n voorbeeld van hulle en mag dit n swaar straf wees vir die rês van hulle lewens

Marlene ·

My hart gaan uit vir hoofseun se ouers. Sekerlik was hul so opgewonde oor volgende jaar wanneer hul voorbeeldige seun die lysels van die skool sou neem.
Die seuns wat sy lewe kort geknip het is duidelik nie gereed om in die beskawing losgelaat te word nie. Hoe gaan ons dit reg kry om die jeug op te voed. Hulle het die Here nodig. Suid Afrika het die Here nodig. ” Here red ons land en ons jong mense”

m ·

Minderjarig en klaar moordenaars………. Ons leef in n siek samelewing.

Trudy Erasmus ·

Nou moet ‘n mens vir kinders soos hierdie skoolhou, veilig voel, ander leerders laat veilig voel en alles vir die kinders doen sodat hulle die jaar kan slaag.

Chantell ·

Nou moet my kind skool toe gaan met sulke siek kinders in die skool en as jy praat oor homeschool is dit ook verkeerd. Dis vandat kinders regte gekry het en net kan maak wat hulle wil dat sulke dinge gebeur. Dan gaan hulle nie tronk toe gaan nie en gaan rondloop tussen normale mense net om dit weer te doen, want moordenaars is ook mense en hule het ook regte ?

charlene ·

Dis omdat kinders niks respek het nie. Abraham jy was duidelik `n goeie kind met respek, en ook seker damm slim ook en duidelik was jou `n goeie seun. Ek verstaan net nie hoekom die goeie mense moet ly nie, en die slegte mense niks oorkom. Mag jy in vrede rus jong man, en mag jou ouers troos vind in God.

CommentQueen ·

En daar word n jongmens wat kon lei en dalk nog iets positief beteken weggeruk deur kriminele!
Mag hulle SWAAR gestraf word.
Mag hierdie gesin vertroosting kry.

Ouvrou ·

My hart is so seer oor hierdie pragtige kind se dood. Sy ouers is in my gebede. ‘n Mens kan nie help om te wonder wat se wonderlike lewe die seun kon gehad het nie. Ek kan ook nie help om te wonder wat het verkeerd gegaan in die lewe van die skuldiges nie.

Irene ·

Waar eindig al die duiwel se dinge wil net moor wonder hoe hulle groot gemaak is

Phillie ·

Daar gaan niks van kom nie want ai toggie hulle is getraumatiseerd deur apartheid en is mos darem net kinders

Thea ·

Wat kan so n wonderlike kind gedoen het …om vermoor te word…bring die dood straf terug asb .

Nita ·

Ek blameer direk die ouers van die kriminele element. JULLE moet gestraf word want JULLE het meer kinders in die wereld gebring, as wat jul ENIGSINS kon bekostig. Julle baar hulle dan moet hulle soos diere in die veld grootword en vir hulleself sorg. Hulle moet raap en skraap om aan die lewe te bly en gou is dit roof en moor. Ouers dink wat julle doen. Dit kos derduisende rande om n kind n volhoubare toekoms te gee en julle wil dit op n R400 per maand “child grant” doen!!!

Michelle ·

Nita jy slaan die spyker op die kop. Te veel kinders in een huishouding word gebore en terwyl die oumas moet sorg, gooi die ouers klippe. Ek hoop hulle vrot en krippeer in die tronk was dis waar hulle hoort.?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.