Minerale hulpbronne-streekskantoor gesluit ná bewerings

Gwede Mantashe. Foto: Verskaf

Die departement van minerale hulpbronne het Vrydag aangekondig hy het die besluit geneem om sy Mpumalanga-streekskantoor tot verdere kennisgewing te sluit weens bewerings van korrupsie en die reuse-agterstand in die uitreiking van lisensies.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het in Julie ʼn ondersoekspan aangestel om bewerings in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes te ondersoek. Dié ondersoeke het gespruit uit die terugvoer wat die departement tydens provinsiale sittings oor die mynbouhandves ontvang het. Daar is toe beweer dat lisensies dubbeld uitgereik word, dat artikel 54 van die Wet op Myngesondheid en Veiligheid onbehoorlik toegepas word en dat daar ʼn agterstand in die uitreiking van lisensies is.

ʼn Beampte is later geskors hangende ʼn ondersoek nadat daar na bewering artikel 54-kennisgewings uitgereik is en dan finansiële vergoeding geëis is voordat die kennisgewings teruggetrek word.

Die departement het gesê die sluiting van die streekskantoor sal die ondersoekspan in staat stel om sy werk in die streek behoorlik te doen en terugvoer aan die minister te gee. “Daarom sal alle administratiewe prosesse van hierdie kantoor tot verdere kennisgewing deur die hoofkantoor hanteer word,” het die departement gesê.

“Die aanlynaansoekstelsel [die Suid-Afrikaanse Mineralehulpbronne-administrasiestelsel] sal ook vir Mpumalanga-aansoeke gesluit wees. Aansoeke vir die uitreik en hernuwing van prospekteerregte op mynregte moet daarom per hand by die departement se hoofkantoor in Sunnyside, Pretoria ingedien word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Snowball ·

Die ANC se korrupsie brousels het net nie ‘n einde nie. ‘n Borrelende, gistende pot vrot wat alles besmet.

Paul M ·

Dit is al die tweede kantoor wat toegemaak is. Die Limpopo kantoor is ook toegemaak

lewies ·

Om bewyse te vernietig sodat jou bevindinge bekook kan word vir verslae, het jy tyd nodig. Dit is waaroor dit gaan.

Koebaai ·

Terwyl die surkus china toe is vir vakansie
Verklaar parlement onkebabel om land te
Regeer.

Netso ·

Ja sluit dat al die spore eers mooi toegesmeer kan word! Almal gan nou lekker voor ñ tv by die huise sit en pay kry en wie gaan ons belasting betalers bedank? EK het nie meer trane oor vir SA nie!

1+1 ·

Die onteiening van mieraleregte ‘n paar jaar gelede, behoort nou ondersoek te word. Duisende mense het hulle minerale regte verloor en in sommige gevalle was die waarde van die regte meer werd as die bogrond. Is daar iets wat slagoffers van hierdie vergrype moontlik kan doen?

Anton ·

Want die Sjinese gaan die gebiede stroop so geen doel bly oor vir die kantore nie. Ook geen plekke meer oor om by te gaan betoog of toi-toi nie.

Oom duidelik ·

Alla kommentare is negatief. Kaan nie anders nie. Geskiedenis spreek vir himself. Die vraag bly egter is moontlike plaasvervangers toegerus en geskik om “standaardre” prioriteit te maak en te vestig. Dit sal beslis waarde toevoeg om diesulke persone, van watter kultuur en rasgroep ookal, te benut. Ooral gaan standaarde agteruit. Mense wees grootmoedig.

Conrad ·

ñ Verotte land wat ñ surkus is en onkebabel geen mieraleregte het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.