Mini-begroting: Geen hulp vir boere

Foto verskaf deur die Wes-Kaapse departement van landbou.

Hoewel die droogte landbouers oor die hele land in ʼn wurggreep het, het die minister van finansies, Tito Mboweni, tydens sy mini-begroting geen reddingsboei vir die boere wat voedsel op die land se tafels plaas, gegee nie.

“Soos verwag, is landbouers steeds op hulself aangewese,” sê Louis Meintjies, die president van TLU SA. “Maar Eskom, ʼn staatsentiteit, wat reeds soveel hulp ontvang het en steeds besig is om te sink, kry al weer ʼn hupstoot. Eskom is inderdaad ʼn knelpunt, maar die probleem is dat die geld in ʼn nimmereindigende put van korrupsie en wanbesteding gestort word.”

Die TLU sê verder dat die begroting ook nie “byna onoorkombare struikelblokke” soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB), ʼn beleidsomgewing wat dit baie moeilik maak om besigheid te bevorder en ʼn gebrek aan vertroue in die ekonomie aanraak nie.

Intussen sê die TLU dat dit nie verandering verwag in terme van die besparing in die staatsdiens, soos wat Mboweni aangekondig het nie. “Die geskiedenis het ons reeds gewys dat die ANC se alliansievennoot Cosatu sulke voorstelle nie goedsmoeds steun nie.

“Suid-Afrika benodig ʼn gesonde beleidsomgewing wat klinkklaar uitstippel waarheen ons op pad is en wat vertroue sal inboesem,” sê Meintjies. “Nie ʼn vae onseker omgewing waar daar aan die een kant aspekte soos SEB en onteiening sonder vergoeding gekoester word, terwyl daar aan die ander kant uitkomste verwag en ‘gewens’ word, wat afhanklik is van ʼn gesonde beleidsomgewing nie.”

Dawie Roodt, hoofekonoom by Efficient Group, het egter aan Maroela Media gesê dat die mediumtermynbegroting gewoonlik nie die platform is om hierdie beleidsprobleme aan te pak nie. Dit word eerder in die fiskale begroting in Februarie uitgeklaar. Mboweni het ook in sy toespraak gesê dat ʼn aantal knaende sake in daardie begroting bespreek sal word.

Minister Tito Mboweni. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Die Solidariteit Beweging het ook die minister se mini-begroting gekritiseer, veral omdat daar ʼn tendens binne die regering is om voortdurend ooroptimistiese vooruitskattings te bied, wat telkens tekortskiet.

Volgens Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), moet die regering meer realisties te werk gaan met die land se finansies. “In vergelyking met die begrotingsrede in Februarie sien ons, soos dit nou al vir amper tien jaar die geval is, dat ekonomiese groei weereens afwaarts aangepas is, dié keer met ʼn persentasiepunt vanaf die reeds kommerwekkende 1,5% in Februarie na ʼn powere 0,5%.”

Solidariteit spreek verder sy kommer uit oor die land se fiskale posisie. “Nie net is die vooruitskatting van die begrotingstekort asook die belastingopbrengs in Februarie onderskat nie, maar ons sien ook dat die uitwerking van sekere nederige voorstelle om besteding te bekamp, soos die bevriesing van prestasiebonusse vir staatsamptenare of die aanbied van vroeë aftrede, drasties oorskat is,” sê Malan.

Solidariteit doen ʼn beroep op die regering om die erns van Suid-Afrika se ekonomiese en fiskale toestand te erken en ook realisties te wees oor die omvang van die oplossings wat nodig is om die skip om te draai. “Dis eenvoudig. Ons sien keer op keer hoe die regering ons land se fiskale krisis onderskat en onvoldoende, dikwels teenproduktiewe, planne instel, wat dan – om dinge nog erger te maak – ondoeltreffend toegepas word,” sê Malan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Outoppie ·

Nee boere word nie gehelp. Hulle moet net belasting betaal maar dasr sal niks vir hul gedoen word nie

Jef ·

Die minister het n denkwyse wat my verstand te bowe gaan terwyl die hele land gebuk gaan onder droogte en voedsel tekort.
Dink die minister nou rerig dat mense hul voedsel van Eskom af kry en nie van ons boere nie.
Word wakker meneer die minister en doen u werk waarvoor u aangestel is.

Bess ·

Hy weet presies wat hy doen. Hy sit bo en julle sit onder.hu wil julle uitroei en vernietig en dis wat hy besig is om te doen

Ekke ·

SKANDE! En so sit almal en trek vet salarisse en bonusse en eet lekker dik aan die vleis wat net uit die lug in die pot beland.

KrokodilBotha ·

Vleis is nou goedkoop, daars te veel. Wag en sien volgende jaar, wat die prys sal wees. Boere kan ook die middel vinger wys tito

ALLAN ·

Dit is hoe jy die boere van die grond af kry sonder om die grond te ontein sonder vergoeding, dan moet nog in gedagte gehou word dat die bank, al word die plaas terug gekoop/verkoop, nog steeds verantwoordelik is vir die uitstaande skuld. Baie slim van die regering se kant af om van die boere ontslae te raak

Pieter ·

Die banke gaan n groot verassing kry laat die regering hulle dan sommer betaal waar moet ek dan n in komste kry die bank kan maar dagvaar as ek nie geld het nie dan het ek nie ek weet nie wat gaan van ons blankes word nie want ons wil nie standpunt in neem nie en dan kom die klomp slim ouens wat na die boere moet kyk en hulle wil met n klomp terroriste onderhandel julle gaan seer kry piet retief het ook probeer onderhandel

Ek ·

Hulle gaan nog vrek van die honger. En raai vir wie gaan hulle kom vra vir kos en water…….
Sorry né….. julle is op julle eie.

JohanR ·

Ons sal geen kos op die tafel he, maar ons sal darem lugte he om te sien dat daar geen kos op die tafel is, omdat daar nie meer boere is om die kos te groei nie!!!!! Ek moet weer Animal Farm gaan lees vir die 400 honderste keer vanaf 1994

James ·

Hoekom die boere help. Hulle voorsien net die kos. Hoekom pla kos hulle nou…

KaterinaKat ·

Dan sal ons gewone mense maar net eenvoudig die boere moet help. Ek stel voor Afriforum stig n fonds waarby mens elke maand n bedrag kan inbetaal, if soos en wanneer ons kan.

Doroty ·

Ek wonder net as die boere verdwyn of hy nog so lywig gaan wees. Dit moet beslis die boer se kos wees wat hom so rond hou

schaun ·

Ek kry regtig die mense wat nog steeds dink die anc regime voel iets vir hulle ,maak die VF+ sterker sodat hulle met die regime kan onderhandel vir n onafhanklike tuisland daar is geen ander uitweg nie.

Pieter ·

Ek stem broer maar om ons blankes te kry om saam te staan is n ander storie ons gaan moet almal vir een party stem en kyk wat gebeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.