Mini-begroting: Goeie nuus oor BTW

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag tydens sy mediumtermynbegroting bekend gemaak dat nog produkte van belasting op toegevoegde waarde (BTW) vrygestel gaan word.

Mboweni het verwys na die paneel van kenners wat ondersoek ingestel het na maniere om die impak van die BTW-verhoging op laerinkomste-huishoudings te versag. Volgens Mboweni het meer as 30 000 individue en NRO’s kommentaar op die paneel se aanbevelings  gelewer.

Mboweni het gesê na aansienlike debat en konsultasie is besluit dat koek- en witbroodmeel en sanitêre produkte vanaf 1 April 2019 van BTW vrygestel gaan word. Die minister het gesê dit sal ʼn inkomsteverlies van sowat R1,2 miljard tot gevolg hê maar dat dit die “waardigheid van ons mense” sal herstel.

Koolstofbelasting sal nou eers in Junie 2019 in werking tree en nie meer in Januarie nie, het Mboweni aangekondig.

Mboweni het ook tydens sy toespraak daarop klem gelê dat die regering sy geld beter kan bestee. “Te veel geld verdwyn. Ons moet goeie regering herstel en korrupsie in al sy vorme beveg. Geld wat uit die stelsel verdwyn, is nie meer beskikbaar vir ons pogings om armoede te verminder en die las op die armes te verlig nie.”

Mboweni het onderneem dat hard gewerk sal word om vrugtelose, ongematigde en onreëlmatige besteding te bekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hoe nou....... ·

Blah Blah blah……bewys eers dat julle korrupsie kan beveg!

Genieve ·

En die geld wat so uit die koffers wegraak hoe gaan dit terug gekry word. Ons gaan net betaal agv die petrol pryse wat elke maand die hoogte inskiet.

Rerig??? ·

Ja sodat die wat karre kan bekostig meer op brandstof moet betaal en seker word die rokers en drinkers se btw meer….

Gemaskerde Sopbeen ·

Uhmmm…ek verstaan net eenvoudig nie. Maak die BTW 25% en onthef net al hoe meer produkte daarvan. Wat’s die punt? Maak die brandstofprys R120 ‘n liter, en gee almal 99% afslag. Wat’s die punt? Hierdie mense het nou maar net eenvoudig nie ‘n clue wat dit vat om ‘n sterk ekonomie aan die gang te kry, en dit daar te hou nie……….en dis oor en oor en oor bewys.

Cake taster ·

Die Goeie nuus is, Nou kan ons koek vreet, BELASTING VRY!

Taxman ·

Maroela, ek stel voor julle wysig die berig.

Mnr. Mboweni het verwys na die uitbreiding van 0% belastinglewerings en nie vrygestelde lewerings nie.

Bruinbrood, brandstof, eiers, groente, melk en erfbelasting dra BTW teen 0%.

Skoolgeld, rente, huishuur en buskaartjies is vrygestel van BTW.

Alhoewel beide bogenoemde kategorieë effektief nie BTW op het nie, is daar ‘n groot tegniese verskil tussen 0% en vrygestel.

Skoolgeld,

jaco ·

afskaffing van regstellende aksie, of ten minste minder rigiede toepassing daarvan, sal ook “die waardigheid van ons mense herstel”. dis nou natuurlik as wit mense ook tel as deel van “ons mense” of dan Ramaphosa se “our people”

B-man ·

So ‘n bek moet jêm kry…
Nou moet grondboontjiebotter ook nog net BTW-vry raak.

Heinrich ·

En wat van die miljoene wat die ANC verdoesel? Wanneer word dit aangespreek?

(F)luister ·

“…dat hard gewerk sal moet word om vrugtelose, ongemagtigde en onreelmatige besteding te bekamp.” Die Skatkiswet en gepaardgaande regulasies is mos die stok waarmee geslaan moet word of hoe? Maar wie moet ons bedank dat hierdie “stok” sedert 2000 (miskien bietjie vroeer) nie meer bruikbaar is nie? Gaan maar die anale na om te sien deur wie en hoe die Skatkiswet en Regulasies verkrag is om tenderberog, ongemagtigde, vrugtelose en onreelmatige besteding maklik moontlik te maak. Mnr. Tito Mboweni, jy weet waar le die probleem en dit is maklik om begin te maak om dit reg te stel. Dit gaan tyd vat maar jy kan oorwin as jy die “guts” het!

Schalk ·

Die nuwe naam vir Skatkiswet en Regulasies word genoem BEEEEE.
Dit is ‘n skande hoe politiekuste wegkom met die vertraping van armes en huigel oor die roem wat hulle hulleself toeien deur te verkondig dat hulle Veg vir die minderbevoorregte mense. Daar is geen voordeel vir die gewone mens wat werk en werkskepping skep vir gewone mense nie. Die ANC en die EFF is daar net vir korttermyn selfverykking.
‘n Belasting weerhoudings revolusie is aan die opbroei

Schalk ·

Stel Blankes vry van BTW en alles ander belastings. Ons is mos nie goed genoeg vir niks nie.

Mar P ·

Schalk dit is n baie goeie punt wat jy aanraak. Ons is mos nie goed genoeg vir enige iets wat in die land aangaan nie. So hoekom moet ons belasting betaal?????

Henk ·

Al wat gaan gebeur is dat die item wat nou R20 kos, na die btw weggeneem word, R25 gaan kos!

Henk ·

Hoekom eers 1 April? Hoekom nie dadelik nie? Dis soos die gerugte dat petrol november 3 sent goedkoper word en almal juig!! Dwase!!! Diesel word 35 sent duurder. Trokke wat kos vervoer gebruik diesel!!!?? So is summier met 70 sent ekstra op die rakke!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.