Mini-begroting: ‘Kan ons uit hierdie gat kom?’

dawie-roodt-afrisake-2017-04-24

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep. Foto: Reint Dykema.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, het Woensdag in reaksie op min. Tito Mboweni se mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê ondanks die donker prentjie wat deur Mboweni geskets is, verwag hy dat die werklikheid nog veel erger sal wees.

Mboweni het gesê die mediumtermynbegroting word aangebied teen die agtergrond van die tegniese resessie waarin Suid-Afrika hom bevind en sy mini-begroting dui op groeiende staatskuld en groter begrotingstekorte. Die begroting het grootliks negatiewe reaksie van politieke partye, kenners en sakelui uitgelok.

Mboweni het sy beraming vir ekonomiese groei afwaarts aangepas van 1,5 na 0,7%, maar Roodt meen die minister is steeds te optimisties en groei kan selfs nog minder wees. Ook Mboweni se verwagting vir inflasie is te optimisties, vermoed Roodt, en hy voorspel dat inflasie op kort termyn tot bo 6% kan styg.

Roodt het bygevoeg Mboweni se planne om plaaslike owerhede en staatsondernemings se finansiële bestuur te verbeter, is “ʼn goeie idee”, maar of die minister daarin sal slaag om dit af te dwing, is ʼn ander kwessie. “Die minister het ook gesê ons moet ons belasting en ons e-tol betaal. Dit behoort oor die volgende paar maande ʼn stryd af te gee. Ek dink nie mense gaan gewillig wees om vir e-tol te betaal nie, veral nie in gevalle waar die tolgeld reeds opgehoop het tot ʼn baie hoë syfer nie.”

Volgens Mboweni sal bruto skuld na verwagting teen 2023/’24 stabiliseer op 59,6% van die BBP, wat reeds ʼn rekordhoogte is. Ook hier dink Roodt die situasie kan selfs slegter wees en hy verwag skuld sal tot bo 60% styg.

“Die minister was eerlik oor die benarde situasie van die ekonomie en die absoluut verskriklike toestand van staatsfinansies in Suid-Afrika,” sê Roodt. “Die vraag is, sal die minister in staat wees om ons uit hierdie gat te grawe – hierdie gat wat deur sy eie regering, ʼn verwoestende ANC-regering, geskep is? Kan hy ons uit hierdie gat kry? Dit sal ʼn baie, baie lang tyd neem en ek hou nie juis my asem op nie.”

piet-le-roux-afrisake-2018-06-05

Piet le Roux, die uitvoerende hoof van Sakeliga. Foto: Reint Dykema.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê Mboweni se belangrikste taak was om ʼn visie vir ʼn kleiner begrotingstekort voor te lê, maar hy het nie daarin geslaag nie. “Dis ʼn feit dat die staatskas teen ʼn gevaarlike tempo verder in die rooi gaan. Uitgawes het inkomste die afgelope dekade jaarliks met tussen R100 miljard en R250 miljard oorskry. Om die fiskale posisie te begin konsolideer, sou die begrotingstekort binne die afsienbare toekoms tot minstens onder R100 miljard per jaar verminder moes word. Mboweni het geen aanduiding gegee dat hy bereid is om die moeilike besluite te neem wat nodig is om dit te bereik nie.”

Le Roux wys daarop dat Mboweni hierdie keer waarskynlik min invloed op die mediumtermynbegroting self kon gehad het. “Hy is maar skaars twee weke in die tuig, so daar is nie veel wat hy aan heelwat van die syfers sou kon doen nie. Hy sou byvoorbeeld nie sommer die voorsiening vir die staat se salarisrekening afwaarts kon aanpas nie, maar het ten minste gepoog om die groei daarvan binne perke te hou. Terselfdertyd is daar weereens reddingsboeie vir SAA, SA Express en die Poskantoor belowe en Mboweni het hierin ongelukkig nes sy voorgangers opgetree.”

Le Roux het wel sy blydskap uitgespreek dat Mboweni klaarblyklik daarteen besluit het om voorbrand vir van sy meer omstrede beleidsvoorkeure te maak. “Dit is goed dat Mboweni nie dinge soos ʼn staatsbank, ʼn staatsfonds (sovereign wealth fund) en 40%-staatseienaarskap van mynmaatskappye in die vooruitsig gestel het nie. Hopelik sal hy permanent hiervan afsien. Uit sy eerste begrotingsrede is daar ongelukkig geen teken dat Mboweni tans oor die nodige visie vir fiskale stabilisering beskik nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Jerry ·

Natuurlik kan ons uit die groot gat kom. Niks is ontmoontlik nie. CR en Tito se intensies is goed. Daar is selfs n verskanste uitnodiging aan AfriForum om tafel toe te kom en te help om die murasies te help opbou. Indien opposisie partye die verkleining van die kabinet en staatsdiens ondersteun en druk opsit om staatsbeheerde entiteite soos SAA te privatiseer, dan kan ons uit die gat uitkom, al is dit net tydelik. SA is in n krisis en as almal saam as n nasie trek om die wa deur die drif te kry kan dit werk. Niks anders gaan dit beter maak nie. Politiekery, gemene spel, slegte intensies en ondermyning moet nou eers n bietjie terugstaan en asem skep.

Reinhardt ·

Stem saam. As almal sy deel doen sal alles reg kom. Nou moet almal net sy deel doen…

Ja Nee ·

Daars n beter kans dat die son uit die hemel val as wat die anc die land sal kan red van ekonomiese ondergang.

Laglagdiebultaf ·

Ek lees in die nuus, die Rand veg met sy rug teen die muur, lol, dis nie ‘n muur nie, dis ‘n bodemlose put waar die Rand op die rand van die afgrond op ‘n piesangskil staan en wankel.

John ·

Sal ‘n leertjie wat nie net met miljarde stukkies geplakte papiertjies gebou word nie, nie dalk net stewiger wees en beter werk nie? Soos dit nou gaan stort die spulletjie telkens in duie en die klouteraars klou aan die trappies, gevolglik… En elke jaar staan ‘n ander oompie in die parlement en help die opkomendes en afvalliges met sy towerdoepa- /*miljarde, en vergas ons weereens met ‘n tranetrekker-ineenstortingskandaal.

Janosh ·

E-Tol betaal???? Daar’s nie ‘n manier nie. Ek sal nie 2 keer vir dieselfde ding betaal nie, en hier moet ons as burgers styf saamstaan.

Wat ons voorsate oor 100de jare opgebou het in hierdie pragtige land, het die cANCer-regering binne 24 jaar geheel en al vernietig. En moenie dink dat China die antwoord is nie. Hulle sal letterlik die land soos ‘n padda stadig kook. Om hierdie land reg te ruk kort intense buitelandse beleggings, en dit sal eers gebeur waneer die staat vertrou kan word, korrupsie uitgeroei is, (skuldiges moet tronk toe) sakevertroue herstel het, en eienaarskap onaantasbaar word, want die grondkwessie sal geen buitelandse investering aantrek nie. Mag God ons genadig wees!!

J ·

Ek vrees die dag as ons pensioene deur die staat gevat word en dat gov dan jou pensioen n maand betaal . Pensioenarisse trek reeds aan die kortste end. My oe het oopgegaan nou dat ek self pensioen kry. Bittermin na 26 jaar diens.

Snowball ·

Een ding wat jy die ANC moet toegee, as hulle ‘n gat gegrawe het, kom niemand uit hom uit nie. Voorwaar die skep aksie vervolmaak. Skep, skep, skep……ad infinitum.

Daan ·

As die eerste kwalifikasie vir die aanstelling vir die nuwe Minister van Finansies was dat hy (en dit moet ‘n man wees) SWART (en 5% kans vir Indiër. Maar NIE wit of kleurling nie. Dan begin ‘n mens verkeerd.. Ter wille van ons almal hoop ek hy kry reg wat hy van praat. Veral ‘n kleiner Kabinet. En ‘n kleiner Eskom. Oops amper sê ek verkeerdelik werkmag. Maar hulle is net salaristrekker.

Kfn ·

Dit mag dalk help indien hulle SARS sê ‘Chief Officer for Digital and IT’ as die Minister van Finansies aanstel ???

Umo ·

Die titel sal dalk meer van pas wees op die SARS dame: Chief of :Information, Digital,
Intelligence Or Technology.

RHG ·

Hou net op kritiseer! Mnr Ramaphosa het ‘n gemors om reg te maak. Hy is verbete besig om korrupsie oop te vlek en het gesê die skuldiges sal aan die pen ry. Dit voel of ons land uitmekaar val, omdat een na die ander ongerymdheid oopgekrap word.
Mnr Mboweni het ‘n gemors om reg te maak. Dit gaan nie in ‘n jaar of drie kan gebeur nie. 30 000 poste te veel moet verminder word. Stel julle voor die opstand!
Mense, wees net bietjie positief en bid vir hierdie mense wat goeie bedoelings het en ‘n hengse taak het om al die verkeerd reg te stel. Ons president ruk en pluk nie, hy is kalm en geduldig, soos dit ‘n wyse man betaam en die olifant word happie vir happie geëet. Vertrou net ‘n slag.
Ek is so moeg vir hierdie gekef oor “hulle” wat niks reg doen nie en “hulle” wat nie weet wat hulle doen nie. Ek sal dalk nie meer leef nie teen die tyd dat “hulle”, “ons” word. Aanvaar net dat dinge nie weer sal wees wat al julle galbrakers wil hê nie. Raak kalm en tel jou seëninge.

roelf ·

RHG wie het jou as die and se cheerleader aangestel?????

Mense soos jy sal maar net aanhou om teen die muur vas te hardloop en NIKS daaruit leer nie. Wat laat jou dink dat dinge gaan verbeter? Omdat ramaphosa president is? Hy is ‘n puppet van die anc so NIKS SAL VERANDER OF VERBETER NIE!

Skrik wakker en ruik die vrot reuk wat in die lug hang.

Mense soos jy is eindlik nog erger as sie korrupte anc (miskien is jy ‘n lid/)

Realis ·

Hoe lekker lag ek nou. Nie gedog daar is nog mense wat so positief is nie. CR in eerstens ‘n ANC (kommunis) lid. Lees die boek “Jy kan die Kommuniste vertrou (om Kommuniste te wees) Dr. Fred Schwarz” as jy dit in die hande kan kry. Dis in 1960 geskryf. Die storie onplooi soos voorgeskryf. Hulle gaan nie afwyk van die spelplan nie. Dink Venezuela.

Louise ·

Jy is heeltemal korrek. Ek wens die president voorspoed toe met hierdie taak. En nee, ek is nie ‘n ANC lid of stem ANC nie.

Ryan ·

Meneer nogal.. Ha…Goeie bedoelings? Ontken plaas aanvalle, laat bedrog en daaglikse optogte en stropery toe, EWC? Ek sal aanhou kef tot daar vir my en my soort omgegee word.

Stefan ·

‘Bid’ het nog nooit gehelp nie en ‘bid’ sal nou ook nie help nie. Om die regte dinge te ‘doen’ is die enigste oplossing.

Skyn ·

Ai RHG, ek wil vreeslik graag jou optimisme deel en ja ek bid vir leierskap wat ons land kan verenig en ‘n pad van voorspoed plaas.

Mnr Ramaphosa is byna ‘n jaar in die stoel. Daar bly nege oor.

Ek verstaan dis moeilik om die korruptes tronk toe te stuur en oortollige staatsdienwerkers af te lê. Dit moet egter gebeur en in die eerste tiende van sy beskikbare tyd is niemand nog in die tronk nie en geen staatsdiens inkorting ingestel nie.

Aandag word van landprobleme afgelei deur’n herserskim-gesondheidsvesekering, grondoneiening nog kommissies aanstel…

Mnr die president gaan bloot nie genoeg tyd hê om die ekonomie om te draai en sodoende werk te skep teen die pas waarteen hy tans beweeg nie.

Ergste van alles, dis blykbaar ‘n instelling dat die adjunk opvolg. Ace as president? Ek sider om daaraan te dink.

RG ·

Kan nie glo daar is waaragtig nog mense wat hoop en glo die volgende ou gaan voor hierdie trein inspring en stop gil terwyl HULLE almal in eerste klas sit en soveel kaviaar en sjampanje instop as moontlik voor HULLE moet plek maak vir die volgende kader nie. Groete aan die paashaas RHG!

h ·

Hoera vir jou! ‘n Stem des roepende in die woestyn…maar ons sal bly staan!

Faan Kruger ·

Die groot vraag is….Kan die ANC, het hulle die wil en die vermoee , nadat hulle as regering sedert 1994 regeer en die probleme veroorsaak het, om hierdie sinkende skip te red?
Ek glo daar is individue wat dit graag wil doen maar die organisasie as geheel glo nog aan feetjies. Die IT hoof van SARS is n klinklare bewys

Henry ·

RHG
Jy en jou pelle kan op julle koppe staan, Sarie Marais en Nkosi-wat-ookal tegelykertyd fluit, maar hierdie droewe land is toe maar net nog ‘n gefaalde Afrikastaat, danksy endemiese korrupsie, nepotisme ens ens ens wat so kenmerkend van Subsahara se treurige verhaal is.
Slaan jou oë op en sien hoe die nuutste akteur se tussentydse begroting bloot ‘n voortsetting is van die afgelope 24 jaar se tragiese en koddige(?) mistastinge is.
:-)

Henry ·

Jammer Faan Kruger dat ek die poging onder verkeerde skryfsel geplak het.
En sommer jammer ook vir die twee is’e in die laaste sin.

jakes ·

RHG jy lewe in n droomwereld!!! Statistiek lieg nie en dit sal jare neem om die gemors reg te maak. Die ANC is nie in staat of bevoeg om n land behoorlik te regeer nie. Om die waarheid te se, Tito Mboweni was nog altyd ten gunste van nasionalisering van banke en myne. Sy smeer van heuning om die mond kan miskien jou tevrede stel maar ek is n sakeman en beleef prakties, die slegte gevolge wat hierdie regime op my besigheid het en op die mense wie vir my werk wat terloops nie wit mense is nie .

Thea ·

Kry die vakbonde uit ons lewens en die arbeidswette. Laat mense toe om weer te werk sonder stakings. Kinder toelae moet na gekyk word. Swangerskap onder sekere ouderdom geen toelaag. Meer as 1 kind nie meer toelae nie. Beperk aanwas. Stel mense in poste wat die regte kwalifikasies het en gaan munisipaliteite se bestuur se kwalifikasies na. Kabinet kan met baie minder en goed gekwalifiseerde mense klaarkom.

Wondersoms ·

Ek stem Thea, veral die toelae , party van die mense het sommer 8 of meer kinders en kan amper nie eens vir 1 kind sorg nie, as mens toelae wil gee geen dit eerder vir die pensionarisse en beperk geboorte ons alklaar teveel mense .

ruan ·

“Almal moet hulle belasting en tolgeld betaal” – sluit dit die politiesie in?????

NEE want hulle kerjakker op die rekening van belastinbetalers. Hulle betaal nie tolgeld nie – ONS DOEN, hulle betaal nie vir hulle petrol nie – ONS DOEN, hulle betaal nie vir hulle duur luukse karre nie – ONS DOEN, hulle betaal nie vir hulle luukse huise (2 elk in Pta an Kaapstad) nie – ONS DOEN!!!

Maklik om te praat as dit jou nie raak nie of hoe Tito????

Hendrik ·

Kan ons uit die gat kom met hierdie mini-begroting? Nee ons gaan/kan nie. Alvorens daar nie weggedoen word met BEE, “affirmative action”, Grondonteining sonder vergoeding beleid, kwotas , arbeidswetgewing, ordentlike mynbedryfhandves, verkoop/toemaak van SAL en verkleining van staatspersoneelgetalle sal die land nie uit sy ekonomiese gat uitkom nie.

Gladverhaar ·

Grassie, hoe geniet ek nou jou raakvat antwoord. Die ANC het oortuigend misluk, mens kan net een afleiding maak, en dit is dat hulle niks tot stand kan bring nie, plus net altyd die kortpad kies om geld in die hande te kry -maak nie saak hoe korrup dit is nie. Die Afrikaners het na die Anglo Boereoorlog onder begin, skole gebou, colleges en universiteite -almal het onder begin en hulself opgewerk. Dit is hoe hoe hulle opgestaan het. Nou sien ons net mooi die teenoorgestelde. The most comprehensive demolition in history wat hier voor ons oe plaasvind. Dit moet n nuwe vak word by elke universiteit. Dit beteken nou ongelukkig ook almal in die black hole ingesleep word. dus is pensioenarisse se geld op die JSE veral kwesbaar. Almal se geld het die laaste vyf jaar minder geword in plaas van meer, en inflasie het ons verder verarm. Bid eerder dat fondse 100% in die buiteland kan bele word, in plaas van net 30%.

Grassie ·

‘n Vorige Eerste Minister van ons land het gewaarsku wat sal gebeur as die regering net so aan die mense van Afrika oorhandig word. Ek haal hom aan: “On account of their lack of ability to manage a complicated administration the country will administratively and economically be destroyed and for everyone – white and coulored – end in chaos.”
Ware woorde wat nou reg bewys word.
Die waarheid maak seer want hy is oor hierdie standpunte van hom vermoor.

GP ·

Ek is nie baie optimisties oor die nie.
Maak grense toe en kry buitelanders hier uit. Al meer kundiges stroom uit en kriminele stroom in. Los die onteiening snert watter voordele is daar? Beperk kinder toelae. Stel bekwame mense aan, en nie gebaseer op BEE nie.
Hierdie basiese dinge sal die anc nie reg kry nie, so watter hoop is daar?

hendrik ·

Vyf miljoen betaal belasting maar sewentien miljoen teer daarop. KAN NIE WERK NIE.

Veritas ·

‘Alles sal regkom’ het Jan Brand gesê. Hy het net nie gesê wanneer nie. Die Afrikaner moet net sy kans afwag. Dinge gaan verander. Die ANC leierskap begin al geluide maak in die rigting van ‘BEE’ wat nie werk soos dit moet nie. Hulle begin die ANC se gefaalde beleid van, aanhou gee om stemme te werf, erken. Baie subtiel maar tog. Moet nie verbaas wees as hulle aanstons die vriendskapshand na die blanke begin uitsteek nie. Dit sal natuurlik met voorbedagte rade geskied so ons moet oopoog daar ingaan en ons nie weer laat verlei deur ‘n Mandela listigheid nie.

jakes ·

Tito se fanfare met sy begroting mag dalk positiewe neigings toon maar soos ons nou al die afgelope 24 jaar geleer het is dat weinig indien enige stelling of beleid wat die ANC vorendag mee kom nooit gestalte kry nie. Natuurlik belowe hulle jou die son en die maan maar kry jy die hel in hul plek. Dieselfde Tito was nog altyd n voorstaander om myne en banke te nasionaliseer so hoekom word hy dan nou as SA se redder beskou? Lagwekkend maar tragies.

christa ·

Ek Weet nou nie of hy regtig die Pyp sal kan rook nie Hul moes lankal heel paar jaar opgertee opgetree het EN zuma en Hele ANC het ons Land in die gemors laat beland Maar Hy mos gelag oor alles En res v anc ook So anc en ramaposa ook want nou sien en hoor jy nioks van hom en hy het gesien waarheen zuma met als op pad is en niks gedoen nie

Rasper ·

Al hoe ons uit hierdie gat sal kom, en ek bedoel nie die hele Suid-Afrika nie, maar ons, is om los te kom van Suid-Afrika. Daarom emmigreer mense, want dit is “‘n manier”, om los te kom. Polities het ons net soveel mag om Suid-Afrika se politiek in ‘n rigting te stuur soos wat ons het om dit in die VSA of Sjina te doen. Mense sal nogsteeds lag vir selfbeskikking, want dit gaan “moeite” en ‘n “pyn” wees. Maar tot die dag dat die Afrikaner nie gaan besef dat dit die enigste oplossing is nie, sal ons bly in die gat. En dan ons frustrasies deel op forums soos hierdie. Emmigreer of konsentreer. Elkeen sal maar self moet besluit.

Staak saam ·

Ek luister nou maar eenmaal na n man wat in sy veld presteer, in Dawie se kantoor teen die mure hang sy grade vir almal om te sien.

Wat hang teen Tito se muur, soos met baie van die hoegere ANC kaders hang daar moontlike n ere doktersgraad of saam n graad in n veld wat hy glad nie beoeven nie, n NSA landsvlag en n Foto van Cyril.

Dawie weet waarvan hy praat, Tito moet voorgese word en die verwakking van die Rand was maar weereens n bewys.

hannah ·

Dawie Roodt is LOSHANDE die mees negatiefste van ekonome wat ek nog beleef het… hy sal al wat leef en beef adviseer om hul geld die land uit te neem! Vir ons wat omgee vir Suid-Afrika …ons lag vir hom!

Dollar Dolla ·

Moenie realisme en reguit praat verwar met negatiwiteit nie. Almal hoop vir die beste; ongelukkig kan net sinvolle ekonomiese besluite verandering bring. Don’t shoot the messenger. Die ekonomie is wat dit is en ons is waar ons is agv die onbevoegde regering. Ons wat lief is vir SA, lag glad nie meer nie.

hannah ·

Stem met wat jy sê! Die wiel draai…stadig…maar hy draai!

Susan ·

Ek dink julle onderskat die ANC se vermoë en intensie om hulle beleid deur te voer. Hulle is besig om daarin te slaag. Hulle gee nie om of die land se ekonomie in die proses skade ly en self tot niet gaan nie, solank hulle net die mag behou. Die realiteit is dat daar al hoe minder mense is om die wa deur die drif te trek, en al hoe meer mense wat op die wa spring en die vrag swaarder maak. Dawie Roodt is nie negatief nie, hy lees net die syfers reg.

Realis ·

Baie dankie Dawie vir jou eerlike, reguit en op die man af, kommentaar oor die realiteite! Jy is een van die min wyse mense in die land! En, ook een van die min vir wie ek my ore uitleen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.