Mini-begroting: ‘Meer belasting SA se voorland’

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag die 2017 mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBPS) in die parlement voorgelê. Foto: ANA.

Malusi Gigaba, minister van finansies, se eerste mini-begrotingsrede dui daarop dat Suid-Afrikaners hulself vir nog meer belasting in die toekoms sal moet staal, en die moontlikheid van nog ʼn kredietafgradering in die komende paar maande.

“Ek dink nie mense besef in presies hoeveel moeilikheid hierdie land is nie. Ons staan tans op rekordhoogtes se staatskuld. Die syfers in die mediumtermynbegroting is ʼn bewys dat ons ʼn liggewig minister van finansies het wat nie die syfers verstaan wat hy deurgee nie.

“In plaas daarvan dat hy sy voet neersit en sê ‘mense ons kan dit nie meer bekostig nie’, hou hy aan om die jongste maatskaplike gonswoorde te gebruik,” het Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Groep, gesê.

Beide die rand en kapitaalmarkte het ook skerp negatief gereageer op Gigaba se mediumtermynbegroting.

“Ek dink nie ʼn mens moet nou te veel in hierdie afname in die Rand/Dollar-wisselkoers lees nie want dit is korttermynreaksies. Die negatiewe reaksie is dalk eerder ʼn aanduiding van die algemene wantroue in Gigaba,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van die sakeregte-waghond AfriSake, gesê.

Le Roux het ook gesê dit blyk uit die mini-begrotingsrede dat die minister nie beplan om staatsbesteding in te perk nie. “Hy wil eerder seker maak dat bestaande besteding nie oorskry word nie, iets wat nie verseker kan word nie, en sê hy sal ander maniere kry om die staatskas aan te vul.

“Ek dink ook die minister onderskat wat die werklike syfers op die terugbetaling van staatskuld is, en die toekomstige negatiewe impak hiervan,” het Le Roux bygevoeg.

Volgens hom is dit kommerwekkend dat Gigaba gemaklik is om te erken die meerderheid van Suid-Afrikaners is afhanklik van die staat.

“Almal is bekommerd oor staatskaping, maar hierdie is ʼn soort kaping van kiesers omdat die staat die hoofvoorsiener van hulle daaglikse brood is. Vanuit ʼn sake-oogpunt is dit erg kommerwekkend omdat die staat eenvoudig voortgaan om beloftes te maak, maar dit nie kan nakom nie wat net tot groter onstabiliteit gaan lei.”

Ekonome in die landboubedryf het ook hulle teleurstelling oor die minister se terugvoer gegee.

Wessel Lemmer, landbou-ekonoom van Absa, reken die groeiende staatskuld sal verder negatiewe impakte op die rand hê wat weer sal lei tot ʼn hoër insetkoste vir boere.

“Ek sou dit waardeer het as die minister minstens erkenning aan die landbousektor gegee het vir die rol wat dit gespeel het om die plaaslike ekonomie se kop bo water te hou.

“Ongelukkig het die minister geen opmerking gemaak oor die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar nie en ook geen aanduiding gegee van regeringshulp vir boere van droogtegeteisterde provinsies nie,” het Hamlet Hlomendlini, senior ekonoom van AgriSA, gesê.

Roodt het gesê hy is baie bekommerd oor skade wat die regering onder leiding van pres. Jacob Zuma aan die plaaslike ekonomie aangerig het. “Selfs al kry ons die beste regering ter wêreld sal dit meer as 10 jaar neem op die ekonomie terug te plaas op die regte pad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johanna Botha ·

Ja slim jan sal sien waar jy geld kry want mense en geld verlaat SA en beleggers ontrek so WAAR gaan die gelde vandaan kom ….daar is niks oor om uittegee nie maar jy besef dit nie

Ann Esterhuizen ·

Jy slaan die spyker op die kop Johanna! Die gespuis vermoor die gans wat die goue eiers lê! Die geld gaan opraak, wat gaan hulle dan steel!
Hulle het ‘n vooruitstrewende pragtige land gekry! Wat is oor van ons land? Net die Here gaan ons hier help! Ons sal moet op ons knieë bly

JC ·

President Trump: “South Africa is a total and very dangerous mess”.
Profetiese woorde van die Amerikaanse president.

Wens Denkery ·

RSA Titanic is gedoem. Hoe kommunikeer jy aan ± 18 miljoen Staats Toelae Begunstigdes, dat die staatskoffers leeg is . . . en dat hulle sélf, moet sien kom klaar?

Fees Must Fall se onrus, sal ‘n kleuterskool onderonsie wees, teenoor die begunstigdes se ongebreidelde anargistiese uitbarsting.

Die probleem met ‘n demokrasie in Afrika is . . . die volgende opposisie-politieke party gryp ‘n megafoon & spring op ‘n tamatiekissie & bulder dat SY politieke party staatstoelae sal vergroot, indien die ekonomies ongeskoolde histeriese massa vir hom sou stem. (Die ANC is terdeë bewus van hierdie “mindset” is by sy ondersteuners basis & wéét dat ʼn “freeby” ʼn heilige koei is, wat ononderhandelbaar is)

Daar voor in die mistigheid, sien ek ‘n bielie van ‘n ysberg, wat wydsbeen in ons bootjie se koers rigting staan.

Maralize Bester ·

Ek dink dit is hoog tyd dat ons net eenvoudig ophou om belasting te betaal. Ons moet net gee en nogmaals gee. Wat kry ons in ruil daarvoor. Die SAL, SAUK,Spoorweg en Eskom is in die moeilikheid. Boere word links en regs vermoor, daar word nie gepraat van ‘n spesiale taakmag om plaasmoorde te bekamp nie, eerder die bendegeweld op die Kaapse vlaktes. Ek sê altyd as jy aan iemand wil vat, vat aan sy sak. Dit is al manier waarop ons wetsgehoorsame landsburgers gehoor sal word.

JC ·

Presies! Dankie Marelize, dit gebeur klaar, ne.
Ons Afrikaners/Boere praat nou met ons beursie, en klaar!!
Ons met op een of ander manier ons geografiese wydverspreidheid stopsit en saam groepeer in gebiede waar ons seggenskap oor ons eie toekoms en lewens kan he, eintlik is dit nie eers nodig om dit te se nie want dit is klaar ‘n beweging onder blanke Afrikaanssprekendes, dit is ‘n ononderhandelbare voorwaarde vir ons oorlewing in ons vaderland.

Jack Klok ·

Dit is baie moeilik vir salaristrekkers om belasting te weerhou, want met die LBS stelsel word die geld reeds afgetrek nog voordat jy dit kry. Dan het ons ook nog BTW.

Natuurwette, wat ekonomiese wette insluit, sê dat jy nie meer kan uitkry as wat jy insit nie. Dan het ‘n mens die Amerikaanse ekonoom, Dr Laffer, wat empiries bewys het dat daar ‘n optimum vlak van belasting is waar enige regering die meeste belasting kan in, gewoonlik so om en by 27 tot 30%. Oorskry daardie vlak en belastings inkomste daal outomaties.
Ons is lankal verby die optimumvlak. Dis een van die redes hoekom die ekonomie krimp.

In tye soos hierdie waar die regering die belastingbetaler se geldmors is dit elke burger van die land se plig om te verseker dat hy alle mootlike belasting vermyding beoefen want dis nie onwettig nie.

Die Bybel sê gee aan die keiser wat hom toekom, nie wat hy van jou eis nie.

Die ANC gaan inplof vir dieselfde redes wat die eens magtige USSR ingeplof het: onrealistiese ekonomiese beleid en swak regering.

Die ANC is die swakste regering wat herdie land nog gehad het, hulle sal nie stand hou nie.

Popeye ·

Ek dink nie ons hoor die volle waarheid nie! Die ware plan van aksie word stil gehou en gaan ons nog soos ‘n Tsunami tref! Verwys na Ramaposa se uitspraak oor die ” Padda in die pot” Zuma is welliswaar ‘n groot bedreiging asook al sy kornuite se sameswerings. Ondervinding bewys die ANC se modus operandi’s oorwegend as onderduims en verdag.Dink bietjie hoekom hierdie mini-begrotingsrede ook vaag is. Die kaarte is nie openlik op die tafel nie. Wat lê voor? Pyn; baie pyn.

Veronica ·

Daar is n baie eenvoudige oplossing. Vetgevrete ministers en kabinetslede moet ophou partytjies hou, duur karre koop, huise opgradeer, luukse vakansies hou! Dan sal daar mos meer geld wees om ander projekte befonds! Maar NEE! Dit sal aanhou leef soos konings want dit het mos nie gewetes nie!

Hendrik ·

Die probleem kom wanneer meer mense stem vir ‘n lewe dan werk vir ‘n lewe. SA is maar net bietjie voor in die proses maar daar is vele westerse lande nie ver agter nie.

Korreksie ·

Die land is nie onder ‘leiding’ van Zuma maar onder ‘lyding’ van hom.

Deon ·

Dis als deel van hul tweede revolusie , wat verarming insluit !Hul achilleshill is belasting moet op grootskaal weerhou word van die staat!

Marius ·

Dis interessant dat Malusi Gigaba ń meestersgraad in “waste management” het…..dis nogal gepas.

Leah ·

Ons staan op rekordhoogtes staatskuld. Wie se skuld is dit – die belastingbetaler? Nee, maar dit gaan weereens ons wees wat die las moet dra. Ek voorspel ‘n belastingboikot in die nabye toekoms

Alida ·

Leah laat ons asb weet hoe boikot jy belasting. As jy werk trek jou werkgewer dit af. Se vir ons hoe asb.

JC ·

Presies! Dankie Marelize, dit gebeur klaar, ne.
Ons Afrikaners/Boere praat nou met ons beursie, en klaar!!
Ons met op een of ander manier ons geografiese wydverspreidheid stopsit en saam groepeer in gebiede waar ons seggenskap oor ons eie toekoms en lewens kan he, eintlik is dit nie eers nodig om dit te se nie want dit is klaar ‘n beweging onder blanke Afrikaanssprekendes, dit is ‘n ononderhandelbare voorwaarde vir ons oorlewing in ons vaderland.

Toi ·

Sal nie n sent meer belasting betaal nie. Betaal reeds genoeg. Gaan werk self, hou op 8 kinders kry as jy nie eens vir jouself kan sorg nie

chuck ·

why do people worry there is a lot of paper to print money. like Zimbabwe

Apache ·

Lots of paper to print lots of money but no ink to print lots of money and tomorrow theres ink and no paper.

aiai ·

“Ek dink nie mense besef in presies hoeveel moeilikheid hierdie land is nie” – Jy soooo verkeerd, ons weet wel en weet ook wie se skuld dit is!! Jou kaders wil dit net nie besef nie!!!

Morne van der merwe ·

Ja so sal dit bly gaan terwyl anc aan bewind bly nog 2 tot 3 jaar gaan bakhand staan by imf mense wat geemigreer het nie lafards nie hulle was net slimmer as die res dit sal eers nog baie slegter in sa moet gaan voor dit sal verbeter nie genoeg kos water ens geld wat niks werd is nie ons sal eers daar moet draai

Hans ·

New Hyperinflation Index (HHIZ) Puts Zimbabwe Inflation at 89.7 Sextillion Percent. Zimbabwe is the first country in the 21st century to hyperinflate. In February 2007, Zimbabwe’s inflation rate topped 50% per month, the minimum rate required to qualify as a hyperinflation (50% per month is equal to a 12,875% per year) …and SA will be second in 20 years.

M'Lady ·

Ag asseblief. Hulle maak droog en ons moet meer belasting betaal. Vergeet dit.

Amanda ·

die ou arme koeitjie word so gemelk….daar niks meer oor nie. Die beste is dat hulle op ons belasting geld staat maak om meer te steel. En die wit boer word uitgemoor maar hy moet voedsel voorsien. Is dit te ingewikkeld om te verstaan. Maar die een ou het mos gese……we don’t need farmers, we buy at checkers!!!

Soekie ·

Daar is BAIE geld in die staat se pensioenfonds. Hy is 1 van die 10 sterkste pensioenfondse in die wêreld….dit is waar hulle die geld gaan kry/vat….ons staatspensionarisse gaan krepeer!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.