Minibus tref Boksburg-huis

Foto: ER24

Dertien persone het Saterdagoggend beserings opgedoen toe die minibus waarin hulle gery het, die pad verlaat en ʼn huis in Marindaweg, Boksburg, getref het.

Paramedici het omstreeks 08:00 by die toneel opgedaag. Agt kinders, tussen 12 en 18 jaar oud, en vyf volwassenes was op die toneel.

“Twee van die volwassenes het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. Die ander pasiënte het geringe tot matige beserings opgedoen.

Die pasiënte is dadelik behandel en die twee persone, wat kritieke beserings opgedoen het, is met helikopters na Sunshine-hospitaal geneem. Van die ander pasiënte is met ʼn ambulans na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Phil ·

Begin die ondersoek by die remblokkies. Ek verstaan jy kan goedkoop remblokkies vir n taxi kry vir so min as R35. Dis tyd dat taxi ongelukke BEHOORLIK ondersoek word. Hulle ry soos hulle wil en het geen respek vir die wet nie.

JdV ·

Het vanoggend verby die toneel gery nadat dit het. Dis ‘n redelike stil voorstedelike straat. Die bestuurder moes soos ‘n besetene gejaag het om dit reg te kry!

CHRISTA ·

Hulle jaag altyd hier in Ekurhuleni of die duiwel wydsbeen op hulle skouers sit!! En ons metropolisie VOEL VERE!!! Luister daagliks na die verkeersnuus op radio! ELKE DAG is daar ‘n ongeluk by Gillooly’s, Edenvale Afrit, Linksfield Afrit en Bruma!!! Waar is ons metropolisie? Die ekskuus is altyd: Hulle het nie genoeg personeel nie, maar as die skole sluit kry jy hulle amper ELKE KILOMETER hier in Ekurhuleni!! Waar kom hulle DAN vandaan?

As daar na ongelukke gekyk moet word sal die metropolisie sien dat minibustaxis persentasiegewys die oorsaak is vir MEER ongelukke wat sterftes en beserings tot gevolg het as enige ander voertuig op ons paaie!!

Lana ·

Huise het seker maar die manier om voor ‘n mens in te spring. Onthou, dis die nuwe SA.

Anoniem ·

Dat die mense nog minibusse gebruik maak nie sin. Sodra jy in hom klim is jy n teiken of om erg beseer of dood te gaan. Hierdie ouens ry wild en al wat die traffic cops doen is vat n bribe. Dit is een van die grootste refes in SA hoekom die paaie so onveilig is want mense weet hoe om die verkeerspolisie om te koop. Daar is groter korrupsie onder lede van AARTO as in staatskaaping

Veronica Steyn ·

Korreksie. Die huis is nie in Marindaweg nie, maar in Pitout weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.