Minibustaxi stort by krans af

Foto: ER24

Foto: ER24

Noodpersoneel is Woensdagaand na ʼn ongelukstoneel geroep nadat ʼn minibustaxi by ʼn krans in die Nagledam-area naby Cato Ridge in KwaZulu-Natal afgestort het.

Pieter Rossouw, ER24-woordvoerder, het gesê die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor en van die pad af gery. “Gelukkig het die ses mense wat in die ongeluk beseer is slegs geringe tot matige beserings opgedoen,” het hy gesê. Rossouw kon nie bevestig hoe hoog die krans is nie.

Volgens Rossouw is die passasiers op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is.

“Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium nie bekend nie, maar sal deur die plaaslike owerheid ondersoek word,” het hy gesê.

Rossouw kon nie bevestig of insleepdienste daarin kon slaag om die voertuig weer terug na die ryvlak te bring nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rieks ·

Weet nie of ek my dit verbeel nie MAAR daar is elke dag berigte van ongelukke in KZN. Dit is veronderstel om die provinsie te wees met die “NO TOLLERANCE” op die paaie…
Miskien word die toepassing nie gedoen nie of moet daar meer gedoen word om die pad vaardigheid van hierdie trokke en taxi’s te toets. Ek het vergeet – ons bly mos in ‘n wettelose land. Dit wat jy nie sien nie is nie ‘n probleem nie!

Rieks ·

Baie dankie vir die korreksie. Nie dat dit enigsins ‘n verskil maak in die hoeveelheid ongelukke op ons paaie nie :-(

alex ·

Laat dit vir die drywer ‘n les wees.
Hulle ry soos skollies op die pad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.