‘Minimumloon gaan werkloosheid verhoog’

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag in reaksie op die voorgestelde minimumloon gesê dat die instelling van ’n hoër minimumloon die omstandighede van werkloses in Suid-Afrika uiters gaan bemoeilik.

Dr. Eugene Brink, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), wys daarop dat hoewel Solidariteit ten gunste daarvan is dat werkers billike vergoeding ontvang, dit nie ten koste van indiensname moet wees nie.

“Die implementering van die voorgestelde minimumloon sal arbeidskoste as ’n geheel verhoog, wat gevolglik sal meebring dat ondernemings in die toekoms minder mense sal aanstel. Die werkloses wat nie werk gaan kry nie, sowel as heelparty werkendes wat mettertyd hul werk gaan verloor, gaan op die ou end hiervoor boet,” het Brink gesê.

Volgens Brink sal die instelling van die minimumloon die proses van meganisering, wat reeds besig is om in momentum toe te neem, boonop verder versnel. “Daar kom ’n punt wanneer arbeid net nie meer bekostigbaar gaan wees nie en dit goedkoper gaan wees om in masjiene te belê. Pick n Pay eksperimenteer reeds met kassierlose betaalpunte. Die mense wat by die minimumloon gaan baat vind, is juis diegene wie se werk eerste deur tegnologie vervang kan word,” het Brink verduidelik.

Brink stel dit voorts dat die minimumloon bloot nóg ’n vorm van toenemende ekonomiese inmenging is wat die formele private sektor verder sal lamlê en wat mense ook van die reg ontneem om vrywillige keuses rakende vergoeding, werk en aanstellings uit te oefen. “Dit gaan veral kleiner ondernemings swaar tref, asook werkers wat net hul voet in die deur iewers in die arbeidsmark wil kry en bereid is om vir minder as die minimumloon te werk. Terselfdertyd sal dit burokratiese rompslomp in die arbeidsmark net vererger.”

Volgens Brink het die kwessie rakende die minimumloon nou bloot ’n politieke speelbal geword waarmee politieke partye en populistiese vakbonde poog om kiesers te lok met onrealistiese beloftes wat verwagtinge skep.

“In hierdie ekonomiese tye moet ons alles doen om werkskepping te verbeter. ’n Hoër minimumloon gaan die teenoorgestelde tot gevolg hê. Die beste manier om jou inkomste te verhoog, is om jou vaardighede uit te brei en jou produktiwiteit te verhoog. Dit geld vir die individu asook die land in die geheel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Carlia ·

Dit gaan beslis werkloosheid bevoerder. Die melkkoeie is besig om vermoor te word en kry self ook maar ‘n minimum loon. Hul kry nie werk, geen gratis behuising, gratis onderrig, gratis medies en nog minder gratis vervoer. Dit is moeilik as ‘n land deur ‘n klomp ongeletterdes regeer word.

Kapenaar ·

Meganisering is reeds ver gevorder, veral in die Landbou. Die minimum loon gaan teweeg bring dat mense self weer die huiswerk en die tuinwerk begin doen, wat dalk ook nie so sleg is nie, maar ek stem, werkloosheid gaan toeneem, en as werkloosheid toeneem, neem misdaad toe! Kan ons land nog misdaad bekostig, – nee beslis nie. Maar die regering en die unies dink nie daaraan nie, inteendeel, hulle dink glad nie!

Deon ·

Hoe graag ek nou ook my werkers almal wil behou, sal ek verplig wees om een te laat gaan. Dit is een wat baie vriendelik is, en altyd bereid is om in die tuin uit te help, maar word nie as noodsaaklik gesien nie!! Ek kan jou nie meer bekostig nie, Abram, en dit is die reine waarheid!

Maddox ·

Ek stem volkome saam met die artikel. Wat my dronk slaan is dat niemand, maar niemand die regte rede insien vir die probleem in die land nie. Die probleem is die ekonomie wat by die dag verswak onder hierdie patetiese regering, gevolglik verswak die rand en alles word duurder. Nou gee jy R3500 per mand, alles gaan duurder raak en binne 6 maande strike hulle weer vir meer geld , want dan koop daai R3500 omtrent weer niks nie. Kry die ekonomie aan die gang, en laat die Rand weer waarde kry, dan sal jy met minder geld meer kan koop. Hierdie is nou die spreekwoordelikke pleister op die sweer plak. Maak die sweer skoon, anders sal daai sweer net groter word, maak nie saak hoeveel pleisters jy opplak nie.

Gert ·

Die stryders vir ʼn hoër loon dink natuurlik glad nie weer nie. Groot getalle van die werkers in die minimum loon segment word deur salaristrekkers, wat hulle as tuin en huiswerkers gebruik, in diens geneem. Hulle word met na-belaste geld betaal en die kanse dat mense maar eerder weer self dinge begin doen raak net groter.

Koos1 ·

Brasilie het ook minimum lone ingestel en dit het nogal gewerk, as jy die EFF daaroor vra. Maar slegs 5 jaar daarna en met kunsmatige ekonomiese syfers het die hele kaartehuis in mekaar getuimel.
Die regering moet ‘n klimaat skep waarin beleggers wil belê, dit is hoe jy die ekonomie stimuleer en groei aanwakker. Dinge soos minimum lone is kunsmatig en kan tot werksverlies lei. Besighede kan dit ook nou as verskoning gebruik om van personeel ontslae te raak, en dan sommer ook die arbeidswette (stakings?) daarmee saam by die deur uit te vee, al kan hulle die minimum loon bekostig! Die regering wil help, maar ek dink op die lang duur gaan die besighede die meerste hierby baat.
Maar ons sit ook met ‘n regering wat afhanklik is van die Vakbonde (COSATO) se ondersteuning om aan bewind te bly, en juis daarom word die kwessie nou aangeraak.
Groot tamaletjie vir die regering, hoe hou jy die werkers en besighede gelukkig?

varkie ·

Sorry nou gaan dit beteken meer inbrake meer moorde en meer loongeskille en die hooggeplaastes sit op hul lazyboys en dink die geld val uit die hemel uit

De Villiers ·

Maddox, ek beaam ook wat jy sê. Met ‘n groeiende bevolkingsaanwas in ‘n land waar alles in duie stort, en met sulke onrealistiese minimum lone, gaan werkloosheid definitief toeneem. ‘n Tree nader aan rommelstatus.

Willem Fourie ·

“minimumloon” is een woord – nie twee nie. Dit is een probleem, nie twee nie. Dit is meer as wat ek bereid is om te betaal vir iemand wat nie weet wat hy doen nie, en wat nie weet hoe om iets tot ons besigheid se inkomste by te dra nie. As iemand R3500 per maand moet kry, moet hy meer as R3500 per maand tot die besigheid se netto inkomste bydra. Punt. So nie, verdien hy nie die R3500 nie. Huishulpe? Ek dink ons moet sonder hulle klaarkom: hulle kos meer as wat mens hulle betaal.

maatji ·

Dis wat ek ook se. Ons kan nie almal op hierdie ouderdom meer gebukkend werk en ruite en vloere was nie. Ons het hul nodig soos hul ons nodig het.

Alida ·

Dit is tyd dat ons minder bevoorregte blankes in diens neem wat bereid is om vir minder te werk. Dit is geen skande nie. Oorsee doen blanke mense AL die werk wat in SA deur swartes verrig word en hulle is BAIE trots om n werk te he.

Zirk ·

I.v.m. voorgestelde minimumloon.
My huishulp werk huidig 2 dae/week, want ons kan haar nie voltyds bekostig nie. Met die hoër lone, sal ons haar nou per uur moet laat werk. Nou sê die wet; as die werknemer 4 en meer ure/dag werk, word dit as ‘n voldag beskou en daarvolgens vergoed.
Sy werk hard, is lojaal teenoor ons en is die enigste broodwinner in haar huis. Sy is desperaat om haar werk te behou,maar daar gaan ‘n tyd kom wat ons haar ook nie meer kan bekostig nie. Ek glo daar is nog derduisende huishoudings met dieselfde situasie as myne.
Wanneer gaan die regering, EN DIE VAKBONDE, tot die besef kom dat daar ‘n hopelose ooraanbod van onopgeleide, onbekwame mense in hierdie droë en droewe land is. Vergeet van arbeidswette en laat die wet van vraag en aanbod geld. So ook daarmee saamlopend, die wet v.d. natuur. “The survival of the fittest”.
Die hardwerkendes en dié wat graag WIL werk, sal werk kry, hul werk behou, en bevorder word, hoër salarisse verdien en so hulself ophef.
Die land kort myns insiens ook ‘n STERK vakbond vir werkloses as teenvoeter vir die huidige politiek bedwelmde, parasietiese skoothonde van die ANC regering.

Rooikop ·

Alida, ons (en van ons familie lede) het al probeer om arm blankes te help en hulle werkies aan te bied soos jy voorstel – ons het ons lelik vasgeloop! Hulle wil glad nie werk nie en besteel mens iets ongelooflik! Dis bitter hartseer want ek het ook altyd gevoel dit is ‘n baie beter opsie. Ons doen ook nou eerder als self. Veiliger, en beter vir die siel :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.