Minimum loon: ‘Regering moet besin oor benadering tot arbeid’

(Argieffoto: Kwanalu/Facebook)

Die landbouorganisasie TLU SA sê die regering moet van ʼn minimum loon afsien tot die ekonomie begin groei en werkloosheid afneem en het reeds sy inset daaroor by die Nasionale Minimum Loon-kommissie ingedien.

Die kommissie moet die minimum loon ingevolge wetgewing jaarliks hersien en een van die voorstelle is om die minimum loon van plaaswerkers te verhoog na die nasionale minimum loon van R21,69 per uur.

“Die inperkingsregulasies het die Suid-Afrikaanse ekonomie uitermate geknou en daarom is die standaard benadering om die minimum loon aan te pas nie haalbaar nie,” het Henry Geldenhuys, president van TLU SA, gesê.

“Die vermoë van werkgewers om die vlakke van vergoeding van voor die inperking vol te hou, is uitermate deur die inperking gereguleer. Dit het gelei tot die hoogste vlakke van werkloosheid in die onlangse geskiedenis. Werkloosheid is die grootste bedreiging tot stabiliteit in die land en die toekoms van Suid-Afrikaners.

“ʼn Toename in werkloosheid as gevolg van ʼn verhoogde minimum loon sal negatiewe gevolge hê.”

TLU SA sê die minimum loon druis boonop in teen die keuse van ʼn werksoeker wat self kan besluit of hy teen R100 per dag wil werk, ervaring opdoen en ʼn inkomste verdien en of hy eerder op ʼn toelaag van R40 per dag wil staatmaak. Geldenhuys sê die land benodig werksgeleenthede wat die vlak van armoede kan help verlig, meer as ooit tevore.

“Die regering moet ernstig besin oor sy aanslag tot arbeid. Elke besluit moet teen die uitwerking daarvan op ekonomiese groei getoets word. Die regering moet eerder inisiatiewe vir ondernemings skep om meer werkers in diens te neem as om werkloosheid te skep. Suid-Afrika se beleidsomgewing is ongunstig vir handel en belegging.

“Die beste uitkoms vir die land, sakelui en arbeid is wanneer die markkragte die arbeid reguleer,” het Geldenhuys gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

LANA is ELANè ·

En dit geld ook vir huiswerkers, daar is duisende, nee tienduisende huiswerkers wat hul werk tydens die inperking verloor het, agv werkgewers wat self hul werk of ‘n verlies aan inkomste opgedoen het tydens die inperking. Baie van hulle onderhandel hul eie lone, met minimumlone is werkgewers bang om mense indiens te neem agv die Dept van Arbeid se viktimisasie van sulke werkgewers en kom hulle eerder klr sonder die diens van ‘n huiswerker ten koste van werkloosheid en produktiewe mense in SA

Johan ·

Die staat se minimumloon wat hulle betaal is R1800-00 per maand (sassa) en dit vir mense wat sukkel om n ekstra inkomste te verdien.

Ou bees ·

Ja so as die boere meer moet betaal vir arbeid word die kos ensv duurder nou wat gaan die verhogings aan lone hulle baat?

Jacobus ·

Dit is eintlik lagwekkend dat hoër lone van bv huiswerkers beding word terwyl hulle salaris ontvang en vir 9 maande nie gewerk het nie. Net die ANC kan so-iets beding.

Thea ·

So die regering kan nie bekostig om hoër salarisse te betaal nie, maar die boere MOET!!!

Vrijburger ·

Hier in die VSA het my oe oopgegaan vir die mate waartoe boere (en ander bedrywe soos konstruksie) kan meganiseer. As die ANC regering arbeid uit die mark prys, meganiseer en raak toenemend ontslae van arbeid.

Wielspore ·

Minimum loon het sy ontstaan vanuit politieke gewin en was ‘n blyspel van die ANC voor 1994 om werkers op te sweep teen die regering. Daar is nie ‘n toekoms in SA vir ‘n mimimum loon, opvoeding en goeie werks opleiding is ‘n versekering in goeie salaris en voorspoedige land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.