Minimum loon van toepassing op alle werknemers

Argieffoto

Die nasionale minimum loon is van toepassing op alle werknemers en geen werkgewer mag sy werkers minder as dié loon betaal nie, het ʼn senior beampte van die departement van arbeid Donderdag aan vakbondverteenwoordigers en ander belanghebbendes gesê.

“Die nasionale minimum loon sal die laagste vlak wees en dit mag nie deur ʼn kontrak, ooreenkoms of wet gewysig word nie,” het Stephen Ratahi, direkteur van indiensnemingstandaarde, gesê.

Rathai het die vakbonde en ander belanghebbendes toegespreek oor die nuwe minimum loon wat in Mei 2018 in werking sal tree, asook wysigings tot die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Rathai het gesê van die R20 per uur minimumloon-vlak sal plaasarbeiders en bosbouwerkers R18 per uur ontvang en huishoudsters sal vanaf Mei 2018 minstens R15 per uur ontvang.

Hy het gesê die wysigings tot die basiese voorwaardes van die Arbeidswet hou verband met die monitering en toepassing van die nasionale minimum loon, insluitend dispuutresolusies. “Die wysigings sluit die omvang van die departement se inspektoraat in wat die monitering van die implementering van die minimum loon insluit asook die toepassing van die minimum loon in bedrywe waar daar kollektiewe ooreenkomste is en die verwysing van nienakoming na die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie.”

Ian Macun, hoofdirekteur van werknemerstandaarde, het intussen gesê die wysigings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge hou verband met die stand van arbeidsverhoudinge wat betref gewelddadige en uitgerekte stakings. Macun het gesê een van die wysigings bepaal dat ʼn staking verhoed sal word tensy stakingsreëls in plek gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Jo ·

Nou moet ‘hulle’ ook net ‘n MAKSIMUM loon vir staatsamptenare instel, dan sal daar geld vir meer arm mense wees!

Hans ·

Siende dat ek werk skep en per definisie en die wet ‘n wergewer is, misgun SARS my om die bsiese reg om uitgawes in oroses van broodnodige werkskepping in hierdie kand af trek .

Action Jackson ·

Na die aankondiging van ‘n kommissie van ondersoek na die R20/uur minium loon was daar die volgende dag ‘n groep in my kantoor wat daarop aangedring het dat niemand ‘n “ondersoek” voorgestel het nie, maar dat R20/uur met onmiddelike ingang van toepassing was. Niemand kon hulle van enige iets anders oortuig nie, en hulle het selfs aggressief begin raak en begin dreig. Ek het ingestem om hulle met onmiddelike ingang R20/uur te betaal…..5uur Donderdag middag het almal hulle koevertjies gekry. Dadelik is daar gevra waarom hulle op ‘n Donderdag betaal word, waarop ek hulle die volgende gewys het: “Weens die onredelike aandrang van ‘n minimum loon van R20/uur kan hierdie maatskappy nie langer bekostig om Vrydae ook te werk nie, en is die werkweek verkort na 4 dae toe.” Nou kry hulle minder as wat hulle gekry het teen R16/uur vir ‘n 5 dag week…..en nou? Ek het ook ‘n nuwe Unie gestig: WOFO. Dit staan vir “Werk, of Loop…” die hek staan oop!!

Kiepie ·

Action Jackson sê bietjie wat is jou onderneming se naam sodat ek nooit die fout maak om jou te ondersteun nie. R16/uur is hongerloon en uitbuiting van mense wat in ‘n situasie is van waar hulle geen onderhandelingsmag het nie. Ons word geoordeel aan hoe ons die “minstes” in ons samelewing behandel en jy het blykbaar geen beswaar om diesulkes vir eiegewin te misbruik nie.

BEE ·

Dis mense soos julle wat aangegee moet word! julle verryk julself, en R20 per uur is amper nie geld nie!! ekt oor al daai woorde gehoor, werk of loop…..daar is n wet teen sulke aantuigings!! genade!!

HESTER ·

Ek stem saam jou . GOOD FOR YOU.!!!! E k gaan dit ook vanaf 1 DeSEMBER toepas indien daar aangedring word op sekere goed.

SjN ·

Dit gaan oor vraag en aanbod, wie dink sulke Bollie uit, wie betaal die lone. Vertrou hul gaan werk kry hy die besluit bekers sonder begrip.

Hanna ·

Ek moes reeds my huishulp en tuinhulp laat gaan. Kon dit net nie meer bekostig nie. Nou gaan soveel meer mense sonder werk sit… viva ANC , viva! Nou gaan mense net soveel meer van staatshulp afhanklik wees. Of dalk is dit die hele plan?!

Koos ·

Sal jy teen R20 per uur in die tuin werk of huis skoonmaak, skottelgoed was, stryk?

Koos ·

Sal jy vir R20 per uur in die tuin werk, huis skoonmaak, skottelgoed was of stryk?…

G ·

Koos, dit is ‘n belaglike bedraggie, maar dit is beter as niks. En meeste kry etes ingesluit. Plaaswerkers kry dikwels behuising. Mens moet na die hele prentjie kyk. Dis jou keuse op die ou einde van die dag of jy jouself gaan verbeter en sodoende jou kanse vehoog om ‘n beter werk te kan kry, en of jy net tevrede gaan wees met jou huidige omstandighede. Mens kry nie 5 kinders as jy nie eers behoorlik vir een kan sorg nie. Mens kan nie heeltyd net verwag om als verniet te moet kry nie, en dit terwyl ander moes hard werk om te sit waar hul sit vandag. Hulle stem vir die korrupte regering, so ek sien nie hoe daar gewerk word aan verbetering nie. Skole en besighede word afgebrand en verwoes, maar mense soek gratis opleiding en werk. Ek hoef seker nie aan te gaan nie? Baie gaan hul werk verloor met die minimumloon-instelling, so doen die regering hul regtig ‘n guns?

madels ·

Dis absoluut PEANUTS! Wow, mense ek kan nie glo dat julle kla oor R15 per uur (vir n huishoudster) nie, dit is BELAGLIK!!!!

Realis ·

Met al die belastings, beheerligame, wette en regulasies het die ANC dit reggekry om die werkloosheid syfer elke jaar te laat styg en dif gaan nog meer styg. Het enige van die gravy-trein ryers al ooit gesien hoe sukkel die sake ondernemers en elke-keer verloir daar meer mense hul werk.

Realis ·

Met al die belastings, beheerligame, wette en regulasies het die ANC dit reggekry om die werkloosheid syfer elke jaar te laat styg en dif gaan nog meer styg. Het enige van die gravy-trein ryers al ooit gesien hoe sukkel die sake ondernemers en elke-keer verloor daar meer mense hul werk. Viva die ANC en Amaandlank tot pay-day!

AP ·

Ek is 70 jaar oud en doen nog al my huiswerk self, en behartig ‘n klein kantoortjie vir ‘n ekstra indkomste, want die pensioen is nie voldoende nie, mag die Here my krag gee om nog aan te gaan want dit raak net moeiliker vorentoe. Ek dank die vader vir my gesondheid!!

jan_alleman ·

kyk na the “best of milton friedman” dan sal julle weet hoe dom ons regering werklik is

Leahim ·

Ons en spesifiek ek sal maar die luiheid moet los en soos in australië en Europa self die werk doen en minder dstv kyk.

Marlene ·

Ek wonder net of Hanlie nie vir Aubrey verkeerd verstaan het nie. Dink sy het bedoel die helfte van die staatsamptenare in Jo se kommentaar.

Hannelie ·

Hi Marlene, ek dink ek het Aubrey verkeerd verstaan….jammer. Ek werk saam staatsamptenare wat in die “minimum van werk per dag” kategorie val, en ek agterna verstaan wat Aubrey eintlik bedoel. Almal is NIE hardwerkend, glo my.

Raponsie ·

Ek werk self 6 dae ‘n week, van 7:30 tot 5:30 en partykeer loop ek ses uur by die werk. Sondae is die dae wat ek self huis skoon maak en wasgoed was en stryk. Verkies dit so. Dis te complicated en te duur om hulp te kry. Hul wonder hoekom so baie huis hulp sonder werk sit? Dit is hoekom…

Retha Roux ·

Of ek siek is of nie, doen self my werk want kan nie huishulp bekostig met die Staatspensioen. Ongelukkig moes ek aftree by my werk agv beroerte wat my denkvermoë aangetas het.

Jennifer ·

Hier op die plaas doen ek ook self die huishouding, vir veiligheid slaap n paar honde in die huis. Soms raak ek agter en daarom wil ek weet.Waar kry ek n robot stofsuier??

Gys ·

Koos as jy n boer is kry jy net 1 keer per jaar n inkomste. Dit is wanneer jy klaar gestroop het. Nadat jy alle inset kostes afgetrek het en regmaak van trekkers en voertuig sien jy wat jy oor het. Dit wat oor is moet jou die hele jaar hou. Dit word n BUDGET genoem ( as jy nie weet nie)
Plaas werkers kry behuising , soms n slag ding, transport ens verniet. Geen plaas boer kry staats hulp nie ( Finansieel ) Nou wil jy he die boer moet onder nog druk geplaas word. Die kos wat jy elke aand eet kom van n boer af en nie n winkel nie. As die regering plaas boere help met inset kostes en droogte hulp dan is dit n ander storie. Bietjie – Bietjie maak baie.

Koos ·

Ag man moenie ‘n klomp twak kwytraak oor R20 per uur nie. Terwyl jy in jou Hilux ry en jou vrou in haar Merc, vergaan arm mense. Julle is glad nie so arm soos jy voorgee nie

Elize ·

My huishulp verdien R190 per dag vir 6 ure se werk, so eintlik moet sy dan net R90 per dag verdien.

Hewitt ·

@Eish – R15 x 6 = R90
@Elize – Nee, sy moet betaal word wat sy vir jou werd is. As jy haar meer betaal as die minimum-loon omdat sy goeie werk doen, mooi so. Betaal mense wat hulle toekom, ek dink almal van ons voel so in die werksplek.

NoProblem ·

Dis nie nodig om jou huiswerker af te lê nie. Betaal haar eenvoudig per uur, verminder haar ure per week en teken ‘n nuwe kontrak met haar. As sy nie wil nie, retrench haar en kry ‘n ander een wat die nuwe terme aanvaar. Ek het my huiswerker van 5 dae per week na 3 dae verminder en die ure per dag verminder. Sy het nog steeds ‘n ‘job description’ maar is nou net meer produktief want sy weet sy kan geretrench word. Sy kry steeds jaarliks verhoging. Die nuwe minimum loon kan mens ook ‘n plan mee maak. Kyk net mooi en mens kan wettiglik al die regering se idiotiese planne sidestep

Grassie ·

Ek dink die minimumlone is billik. In die omgewing waar ek woon huur die meeste mense huishulpe vir net een of twee dae per week en almal betaal heelwat meer as die minimum loon en dan nog kos ook. Oor die koffiepoeier, teesakkies en suiker, onder andere, wat hulle gaps trek ‘n mens maar jou skouers op solank dit binne perke bly.
Ek stem saam dat dit beter is om heeltemaal sonder hulle klaar te kom. My kinders in Australië kry dit baie goed reg. Maar soms is ‘n mens se omstandighede moeilik.

Lynne ·

My 1ste prioriteit is om kos op die tafel te sit! So, dis koebaai Meraai!

Eish ·

Jou kommentaar ondervang die probleem pragtig. Daar is tans 600 000 armblankes en die syfers groei met 7500 per jaar.
Kommentare hier wys duidelik die verskil tussen die have’s en have not’s met die eerste groep wat soos n ton bakstene neerkom op die wat dit nie kan bekostig nie.
Dus, werksverliese is oppad.

Meraai ·

Ek het ongelukkig ‘n probleem ek kan weens ‘n gebrek nie orals bykom en orals skoonmaak nie maar betaal my helper meer. En dan gee ek vir haar kos vir die familie by die huis. Bruin brood blikkie Pilchards. Sy waardeer alles. En sy werk soos ek nog nie iemand gesien werk het nie.
Sy skuif al die meubels in die vertrek in die middel , stofsuig en skuif meubels terug. Stofsuig die res. Ek kan regitg nie sonder haar klaarkom nie so vir my kan dit nie wees baai MERAAI nie

Jj ·

Ek het met my eie oë gesien hoe verswak 80% van ons werkers se gesinslewens met die plaaswerkersloon wat hulle so op geskuif het. Kinders wat in die winter nie warm klere het nie (die boer se vrou se probleem) wens net die staat wil hulle eers oplei oor hoe om met geld te werk(die boer mag mos nie meer vir hulle spaar nie), want huidiglik maak die drankwinkels net meer geld, dis n bakleiery en n mes stekery. Ek besef daar is uitsonderings…maar in ons geval word daardie uitsonderings lankal meer as minimum loon betaal. Daarom stem ek saam met die wat se…ja betaal meer…want ek glo jy werk met uitsonderings EN ek stem saam die wat sê nee…want jyt ook al dalk gesien wat ek gesien het. Maar kom ons probeer om nie mekaar sleg te sê nie …vat hande en bid veral vandag saam met Angus.

frenchpeteers ·

Ek wil nie veel sê nie, vra maar net of een van julle al ooit oorweeg het om op jou kniee te gaan en dankie se vir die werk wat jy het en almal wat beskikbaar was om jou te help om te kom waar jy is. In 1994 het alle boerre gese hulle gaan al hulle mense laat loop en blanke kinders aanstel. Selfs hulle kan nie ‘n lewe maak vir die geld wat hulle op die plase betaal word nie. Kom ons wees bereid om ons werkers ‘n ordentlikke inkomste te gee en beter mense van hulle te maak. Hoeveel R15te ‘n uur gee jy op jouself en jou familie in ‘n maand uit. Bid mense en wees dankbaar en gun die son oor God se ander skeppinge ook.

Opdokker ·

Dit laat my dink aan die kollekte opname deur die evangelis waar hy se^ :

“Steek jou hand in die baadjie-of handsak van die persoon voor jou, neem sy beursie en maak ‘n offerhande daaruit soos jy graag wil”

Dis baie lekker vir die regering om vir mense verhogings aan te bied sonder om self daarvoor te betaal.

Theresa ·

Stem saam dat die uiteenlopende kommentare dui op verskillende inkomstegroepe – mense wat oor ‘n wye spectrum wel ander ook in diensneem. Maar. Werklikheid: Indien mens self nie verhoging in 2 jaar se tyd kry nie (klein onderneming) en self verantwoordelikhede het en NAKOM, dan raak dit moeiliker om te voldoen aan die giere van regeringskant af. Mense moet nie altyd so gou kritiseer as hul hoor iemand anders sal nie meer iemand in diens kan hou nie. Almal se beursies is nie ewe dik nie.

Eish ·

Ag, dankie tog vir die kommentaar!
Ons doen ons bes om te oorleef en steeds n verskil in ander se lewens te maak.

nannie ·

Ek werk by n konstruksie maatskappy. En die werkers werk hard. Hulle minimum loon is R17/per uur. 45 x 17 = R765.00 per week. R3060.00 per maand. Kos / Vervoer / verblyf/

BEURSIE ·

Ek sien ek betaal my INTERIOR DECORATOR nog altyd te veel, en dan is daar wragtie mense wat dubbeld my fooi aan hulle huiswerkers betaal en kla dan hulle kan nie bybly nie. JULLE BEDERF die mense .. nie omdat ek nie dink dat mens hulle goed moet behandel nie ,maar myne word goed behandel en sy kry kos elke dag .. so eks nie suinig nie, MAAR ons betaal hulle al lankal billike salarisse, jy moet onthou hulle is nie geskoold nie ,so mense moet my nie laat skuldig voel nie. Wat ek wel se is dat daar mense is wat hulle EENKEER ‘n week kry en ‘n enorme bedrag betaal want dan werk die arme vrou haar dood vir dubbeld die salaris dan dink sy dit is ‘n dagloon. Maar by my loop sy 13:00 en wil dit dan ook he. Werkgewers is self hiervoor verantwoordelik want later kry hulle glad nie meer werk teen daardie fooi nie.

Willie ·

Almal kla en probeer die ander teregwys, maar hoekom is daar niemand wat regtig probeer uitpluis waar die eintlike probleem is nie. Hoe het die 1% van die wêreld se bevolking dit reggekry om meer as die helfte van die besittings in te palm? Wie is die mense wat die reg het om geld te druk em ander moet rente betaal.? Hoekom moet ons by oorsese banke gaan geld leen wat hulle in elk geval uit die lug gemaak het. En dan moet die belasting betaler rente en rente betaal. Gaan luister op youtube na die Nedelander Ronald Bernard wat deel was van die internasionale bankstelsel. Dan sal ons gewone plebs bietjie ophou om mekaar aan te vat en ons regmaak om die werklike parasiete aan te vat.

Wat ons nooit in die geskiedenis boeke sal lees nie is dat alle oorloë in die wêreld gaan oor een ding- die reg om die geld voorraad van ander lande te beheer. Ja en ook om hulle hulpbronne en arbeid te gebruik tot die voordeel van die oorwinnaar.

Die probleem is al die sg leiers is deel van die sisteem. Die geldmakers besluit wie sal wen en wie sal verloor.

oopogies ·

Almal kyk na die plaas werkers huis werkers ens. hoe verwag hulle jy moet R3000 betaal per maand want jou werk vereis lang ure en jou eie salaris is maar R6800 jou huur R3000?

Met elke loon verhoging verminder die boere hulle werkers, want jy betaal R12 ‘n liter melk die boer kry net om en by R6 so die koeie moet eet jy moet eskom betaal ens. Dis maklik gese van verminder net die ure… op ‘n plaas gebeur daar meeste van die keure onbeplande gebeure soos veld brande, siek beeste ens. ( die boere sal weet waarvan ek praat), en waar jy elke maand vir hulle meel, vleis ens gegee het gaan jy dit ook nou stop.

Dis maklik om te se betaal meer geld maar as dit nie daar is nie waar kry jy dit…
Daar sit reeds soveel sonder werk waarvoor die staat moet sorg wat nog minder is as dit wat hulle kry by per maand… Hoe oorleef hulle op dit?

ne ·

Kry geskoolde werker op kantoor dieselfde per uur? My werkers kan skaars hulle name skryf, Maar die “grant”kan genoeg drank koop vir die hele maand.

snoekie ·

Mense ek is n beheer opratrise vir n sekiriteit maatskappy en ek kry r13.25 n uur sal droom van r20 n uur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.