
Argieffoto
Die departement van kleinsakeontwikkeling wil vandeesweek met ʼn omvattende konsultasieproses begin om wetgewing en die voorgestelde nasionale minimumloon te ondersoek.
Die departement het in ʼn verklaring gesê die konsultasieproses sal van 25 Januarie tot 5 Februarie landswyd met belanghebbendes geskied.
“ʼn Nasionale indaba sal uiteindelik in Gauteng plaasvind,” het die departement verduidelik.
Die Wysigingswet op Klein Sakeondernemings en die nasionale minimumloon sal hersien word. Volgens die departement moet die wetgewing hersien word, om seker te maak dat dit ontwikkelend van aard is, en nog steeds in lyn is met huidige realiteite wat klein sakeondernemings beleef.
Persone wat die konsultasieprosesse gaan bywoon, sluit in verteenwoordigers van mikro-ondernemings, klein sakeondernemings, samewerkende vennootskappe, klein sakekamers, samewerkende verenigings, koöperatiewe lede, akademici, nie-regeringsorganisasies wat vennootskappe en klein besighede ondersteun, en beamptes van plaaslike en nasionale staatsdepartemente.
Die konsultasieproses begin vandeesweek in die Oos-Kaap in Oos-Londen en Umtata; in KwaZulu-Natal in Durban en Ladysmith; in die Noord-Kaap in Kimberley en Upington; en in Noordwes in Rustenburg. Die oorblywende provinsies sal daarna volg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
26 Kommentare
Meeste klein besighede oorleef volgens die werkers se produktiwiteit. Is dit moontlik dat die produktiwiteit van die werker aan die werker se salaris gekoppel kan word. As die produksie agv voetslepery benadeel word gaan hierdie minimum lone vir werkers nog meer werkloosheid tot gevolg he.
Klein besighede gaan alreeds gebuk onder soveel reels en regulasies en in die finansiele klimaat kry ons tans baie swaar. Om nou nog ‘n minimum loon af te druk gaan die maandlike uitgawes nog meer word en kontant vloei nog verminder. Daar gaan ongelukkig gekyk moet word na al die werkers en slegs die wat ‘n aan wis vir die besigheid is sal aanbly teen die verhoogde tariewe so ek stem saam groter werksloosheid is die voorland.
Nou dit is weereens ‘n bewys dat alles en almal onder die ysterhand van die regering moet wees. Klein besighede gaan alreeds gebuk onder soveel reels en regulasies en in die finansiele klimaat kry ons tans baie swaar. Om nou nog ‘n minimum loon af te druk gaan die maandlike uitgawes nog meer word en kontant vloei nog verminder. Daar gaan ongelukkig gekyk moet word na al die werkers en slegs die wat ‘n aan wis vir die besigheid is sal aanbly teen die verhoogde tariewe so ek stem saam groter werksloosheid is die voorland. Miskien moet die hoe geplaastes… Lees meer »
Gee liewers vir die pensioenarse n leefbare inkomste dan het hulle nie nodig om uit asblikke te leef nie. Kom vertel vir my hoe lewe n mens met minder as R2000 per maand
En dan moet hulle nie vra hoekom daar nog derduisende mense werkloos gaan wees nie.