‘Minimumloon sal jeug gevange hou’

finansies-geld-sente-rand-beleggings

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die vakbond Solidariteit het Woensdag daarop gewys dat hy die standpunt huldig dat die goedgekeurde minimumloon juis die jeug en langtermynwerkloses gaan benadeel en dat dit gaan meebring dat hierdie groepe nóg langer uit die arbeidsmag gehou word.

Volgens Morné Malan, ʼn navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, sal die meeste werkendes nie deur hierdie wetgewing geraak word nie, maar juis diegene wat reeds sukkel om die arbeidsmag te betree. “Werkloosheid onder die Suid-Afrikaanse jeug is al ʼn geruime tyd lank op kommerwekkende vlakke en staan tans op 52,4% volgens die eng definisie van werkloosheid geneem.

“Dié wetgewing gaan bloot meebring dat hierdie potensiële werknemers, wat wel bereid sal wees om op intreevlak onder die minimumloon te begin werk, nie nou die mark met hul huidige vlak van vaardighede sal kan betree nie. Dit sal derhalwe nou nóg langer duur om hierdie groepe in die arbeidsmark te akkommodeer en dit gaan hulle nog langer neem om verdere ervaring op te doen,” het Malan gesê.

Hy het voorts gewaarsku dat hierdie besluit stellig nie op ʼn slegter tyd vir die Suid-Afrikaanse ekonomie kon kom nie met dié dat BTW reeds gestyg het en die gerugte rondom onteiening sonder vergoeding wat die ekonomie verder strem en buitelandse vertroue kortwiek.

“Die tyd het aangebreek dat die regering besef dat welvaart deur werk geskep word en nie deur wette nie,” het Malan gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dankie tog

Dankie tog dat ek vir ‘n geruime tyd binne- en buite die huis self die werkies doen. Glad nie so onmoontlik en ‘n ekstra geldjie om die nodige aan te koop om die werk te doen.

Jack Klok

Selfwerksaamheid en outomatisasie is die antwoord vir al hierdie rassistiese en verdrukkende wetgewing.

Msp

My huishulp het amper ń jaar gelede bedank omdat sy ń beter werk gekry het by n Mall. Toe mense hoor sy het bedank, het hope mense na my gekom en my omtrent gesmeek om hulle in diens te neem en was bereid om vir enige geld te werk maar asgevolg van die nuwe wetgewing moes ek hulle wegwys. Al wat nou gebeur is dat duisende mense nou leer om self die werk te doen en gesinne saamwerk om alles in die huis op datum te hou. Die groot probleem deesdae is as jy iemand indiens neem word hulle jou… Lees meer »

Jacobus

Miskien moet Sjina, Suid Korea, Japan, Viëtnam, Laos, ens. maar die regering vertel hoe hulle 600 miljoen en meer uit armoede gelig het.

Dalk sal die regering dan verstaan waaroor werk eintlik gaan.

Misdaad, geweld, betogings ens. gaan toeneem omdat daar geen ander uitkoms is vir die wat werkloos is nie.

Klein dorpies en besighede gaan die swaarste kry indien nie tot niet gaan.

Marsha

In alle oosterse lande laat die regering die bevolking toe om hulle eie klein besigheid te bou. Al wat hulle verwag is dat dit basies veilig is en nie ‘n brandgevaar inhou nie.Die res hang af van die eienaar van die besigheid.As jou kos die lekkerste is sal mense by jou kom eet,as jou diens uitstekend is sal mense jou gebruik. Ons regering sal moet ophou om hul jongmense aan bande te le.Gee hulle ‘n kans om ‘n klein besigheid te begin en doen weg met die “red-tape ” en onnodige permitte.Dit gee die hele gesin ‘n rede om saam… Lees meer »