‘Minimumloon sal jeug gevange hou’

finansies-geld-sente-rand-beleggings

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die vakbond Solidariteit het Woensdag daarop gewys dat hy die standpunt huldig dat die goedgekeurde minimumloon juis die jeug en langtermynwerkloses gaan benadeel en dat dit gaan meebring dat hierdie groepe nóg langer uit die arbeidsmag gehou word.

Volgens Morné Malan, ʼn navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, sal die meeste werkendes nie deur hierdie wetgewing geraak word nie, maar juis diegene wat reeds sukkel om die arbeidsmag te betree. “Werkloosheid onder die Suid-Afrikaanse jeug is al ʼn geruime tyd lank op kommerwekkende vlakke en staan tans op 52,4% volgens die eng definisie van werkloosheid geneem.

“Dié wetgewing gaan bloot meebring dat hierdie potensiële werknemers, wat wel bereid sal wees om op intreevlak onder die minimumloon te begin werk, nie nou die mark met hul huidige vlak van vaardighede sal kan betree nie. Dit sal derhalwe nou nóg langer duur om hierdie groepe in die arbeidsmark te akkommodeer en dit gaan hulle nog langer neem om verdere ervaring op te doen,” het Malan gesê.

Hy het voorts gewaarsku dat hierdie besluit stellig nie op ʼn slegter tyd vir die Suid-Afrikaanse ekonomie kon kom nie met dié dat BTW reeds gestyg het en die gerugte rondom onteiening sonder vergoeding wat die ekonomie verder strem en buitelandse vertroue kortwiek.

“Die tyd het aangebreek dat die regering besef dat welvaart deur werk geskep word en nie deur wette nie,” het Malan gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dankie tog ·

Dankie tog dat ek vir ‘n geruime tyd binne- en buite die huis self die werkies doen. Glad nie so onmoontlik en ‘n ekstra geldjie om die nodige aan te koop om die werk te doen.

Jack Klok ·

Selfwerksaamheid en outomatisasie is die antwoord vir al hierdie rassistiese en verdrukkende wetgewing.

Msp ·

My huishulp het amper ń jaar gelede bedank omdat sy ń beter werk gekry het by n Mall. Toe mense hoor sy het bedank, het hope mense na my gekom en my omtrent gesmeek om hulle in diens te neem en was bereid om vir enige geld te werk maar asgevolg van die nuwe wetgewing moes ek hulle wegwys. Al wat nou gebeur is dat duisende mense nou leer om self die werk te doen en gesinne saamwerk om alles in die huis op datum te hou. Die groot probleem deesdae is as jy iemand indiens neem word hulle jou baas en jy die kneg. Dis amper onmoontlik om iemand in die pad te steek wat hul werk nie goed doen nie. Na amper ń jaar wat ek alles self doen vra ek nou die vraag het ek regtig ooit ń huishulp nodig gehad?

Jacobus ·

Miskien moet Sjina, Suid Korea, Japan, Viëtnam, Laos, ens. maar die regering vertel hoe hulle 600 miljoen en meer uit armoede gelig het.

Dalk sal die regering dan verstaan waaroor werk eintlik gaan.

Misdaad, geweld, betogings ens. gaan toeneem omdat daar geen ander uitkoms is vir die wat werkloos is nie.

Klein dorpies en besighede gaan die swaarste kry indien nie tot niet gaan.

Marsha ·

In alle oosterse lande laat die regering die bevolking toe om hulle eie klein besigheid te bou.
Al wat hulle verwag is dat dit basies veilig is en nie ‘n brandgevaar inhou nie.Die res hang af van die eienaar van die besigheid.As jou kos die lekkerste is sal mense by jou kom eet,as jou diens uitstekend is sal mense jou gebruik.
Ons regering sal moet ophou om hul jongmense aan bande te le.Gee hulle ‘n kans om ‘n klein besigheid te begin en doen weg met die “red-tape ” en onnodige permitte.Dit gee die hele gesin ‘n rede om saam te werk en te kan sien hoe hulle iets vermag.Almal kan nie vir ‘n baas werk nie, meeste mense in SA sal vir hulle self moet werk.
Waar die regering wel kan help is om markte te skep waar mense teen ‘n baie lae maandelikse tarrief n “winkeltjie “kan huur van waar hulle dan hul besigheid kan bedryf.
Of hulle kan dit vanuit hulle huis bedryf soos wat biljoene mense wereldwyd doen om te oorleef.
Hoekom moet Suid Afrika anders wees.Besige mense het nie tyd om hulle te steur aan politieke nonsens nie.

Danie ·

Die regering soek ongelukkig net na kort termyn oplossing om die volgende verkies mee te wen. Hulle is glad nie bekommerd oor dit wat daarna gebeur. Enige iets wat verkeerd loop kan mos op apartheid en op witmense in besonder gelaai word.

Reti ·

Dis nie net huishulpe en tuinmense nie. Besighede wat skaars geld maak. Óns kry minder as werkers met ál die risiko. Nou gaan óns niks kry. Maak besigheid toe. Dis baie meer betalend.

Who cares ·

VOEL ‘N VEER. Kinders moet gaan studeer sodat hulle nie in die onderkant moet inkom nie . en terwyl die ‘majority’ nou verniet kan gaan studeer moet hulle ook maar swot sodat hulle nie vir ‘n minimum loon hoef te werk nie . . Diegene wat nou vir ‘n minimumloon werk wat verhoog gaan word gaan net hulle werk verloor en whalla .. Die staat kan hulle almal in diens neem . hulle het mos werk en huise belowe as almal ANC stem. Ons moet dan maar net ons huis en tuinwerkers onmiddellik laat gaan as ons nog nie het nie . gee ‘n severance package van ‘n paar rand en weg is hulle ook . nog 100 000 werkloos.

ONLINE ·

Mense met klein besighede wat dit online kan bedryf moet dit maar so doen .. ek weet dit is nie oral moontlik nie ,maar gaan skep vir jou ‘n WEBBLAD en adverteer en verkoop alles online, dienste en produkte .. raak ontslae van julle werkers wat demand en destroy .. Dit is SA se voorland .. online besighede en home schooling .. oral waar die staat ons belas en bedreig .. klim daar uit en gaan doen dit ANDERS, moet nie ophou nie . doen dit net ANDERS. Meeste van my vriendinne in die buiteland het ONLINE begin werk. Bemark en verkoop hulle eie produkte en dienste .. moenie dat die SA regering jou gevange hou nie!

Nettie ·

Ho nou, ek verstaan nie – hoe gaan die minimum loon die jeug en werkloses nog verder benadeel? As iemand mos sê-nou-maar ‘n 3-jaar diploma-kwalifikasie of 10 jaar ondervinding het, moet hulle “X” bedrag as vergoeding kry? Daar word mos tog tydens die aanstellingsproses ge-onderhandel oor ‘n vergoedingspakket, of nie?

Die minimumloon is seker maar net van toepassing op ongeskoolde of halfgeskoolde intree-vlak werkers en liewe land, wat is R20.00 per uur nou? Vir ‘n 5-dae werksweek van 8 uur per dag is dit R3 200.00 per maand – wie kan in vandag se dae nog op dáárdie soort geld oorleef?

En as jy dit nie kan bekostig om teen ‘n minimum vanR20.00 per uur ‘n werker in diens te neem nie, moet jy maar die werk self doen. Op die keper af beskou, sal dit dan seker maar die werkloses benadeel – hulle sit eerder op hul agterente en trek SASSA-geld as om vir R20.00 per uur te gaan werk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.