Minimumloonverhogings skok landbousektor  

Foto ter illustrasie. (Foto: Facebook-blad, “Ek love die Vrystaat”.)

Hoër werkloosheid en duurder kos is ons voorland as die nasionale minimumloon vir plaaswerkers op 1 Maart in werking tree. Só het kenners aan Maroela Media gesê oor die regering se aankondiging dat die minimumloon vir plaaswerkers vanjaar met 16% gaan opskiet.

Kenners meen nou boere sal noodwendig hul produkte se pryse moet verhoog en van arbeid ontslae raak sodra die opsies vir meganisasie goedkoper as hul arbeidsrekening word.

Die aankondiging is gisteraand deur die minister van werkskepping en arbeid, Thulas Nxesi, in die Staatskoerant gepubliseer en met groot ontsteltenis deur die landbousektor ontvang.

Die minister poog om met dié aanpassing die minimumloon vir werkers in al die sektore op dieselfde vlak te kry. Die algemene verhoging van 4,5% beteken dat plaaswerkers, wat op ʼn laer skaal is, se lone effektief met 16,1% styg. Die uurlikse vergoeding styg dus van R18,68 tot R21,69 per uur.

Henry Geldenhuys, president van TLU SA, sê die organisasie is geskok en teleurgesteld oor die aankondiging en dat die nasionale minimumloonkommissie klaarblyklik geensins ag geslaan het op enige van die kommentaar uit die landbousektor nie. “Die vermoë van boere om hierdie vlakke van vergoeding te absorbeer is bykans onmoontlik. Ons sidder om te dink wat die gevolge gaan wees vir werkloosheid in Suid-Afrika sodra hierdie aanpassing in werking tree.”

Volgens Statistiek Suid-Afrika se jongste kwartaallikse arbeidsmagopname het indiensneming in alle bedrywe in die derde kwartaal van 2020 afgeneem, terwyl die landbousektor 72 000 (-8,2%) werksgeleenthede jaar-op-jaar verloor het.

Argieffoto (Foto: Traphitho/Pixabay)

TLU SA aanvaar ook nie die redenasie dat die minimumloon verhoog word om werkers in ʼn beter posisie te plaas nie. “Die regering se skynheilige optrede is duidelik wanneer die uitgebreide openbare werkskeppingsprogram en die privaatsektor se lone vergelyk word. Die staat betaal die helfte minder in vergelyking met ander sektore,” sê Geldenhuys.

Die landbou-unie glo in ʼn vrye bedinging wanneer dit by loononderhandelings kom. “As iemand verkies om teen R100 per dag te werk en sodoende ʼn inkomste verdien, eerder as om staat te maak op ʼn staatstoelaag van R40 per dag, moet dit hulle keuse wees,” sê Geldenhuys. “Die land het nou meer as voorheen werkgeleenthede nodig wat die vlakke van armoede sal verlig.”

Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, meen dat die loonverhoging ʼn groot impak op die finansiële stabiliteit van landbou-ondernemings in streke in dié provinsie gaan hê. Veral aangesien die droogte en beperkings op alkoholverkope reeds Wes-Kaapse boere op hul knieë het.

Dr. Michael Cardo, die DA se skaduminister van indiensneming en arbeid, sê: “Die DA ondersteun volhoubare loonverhogings in die landbousektor, maar navorsing het getoon dat groot spronge in minimumloonverhogings dramatiese werkverliese tot gevolg het. ʼn Dubbelsyferverhoging sal waarskynlik tot verhoogde meganisasie lei, wat nog meer werkverliese tot gevolg kan hê.”

Agri SA glo dat die minimumloonverhoging die omgekeerde uitwerking gaan hê as wat die regering daarmee bedoel. “Die dubbelsyferverhoging sal die landbou se loonrekening tot meer as 30% van die produksiekoste laat styg, en hierdie koste sal noodwendig na die verbruikers oorgedra word, wat voedsel vir diegene wat die minimum loon verdien, onbekostigbaar sal maak,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Werner ·

Nog n klomp honger gesiggies aan die kom.Met ons wonderlike werkloosheid syfer kan ons dit bekostig ?Hulle het seker die vorige berig gelees van hoe optimisties die mense vir 2021 is

Karel Kobus Kruger ·

Minder arbeiders beteken outomaties minder binne inligting vir plaasaanvalle.

Piet ·

En met daai selfde logika kan ek sê as jy hulle beter betaal gaan hulle gelukkiger wees en nie die hand wat voer wil byt nie?

SomeOne ·

los hulle, dis hul eie mense wat weer gaan suffer, hulle ken nie die verskil tusse 6 van die een en ‘n halwe dosyn van die ander een, nie

Persheks Adri ·

Geen mens kan 16% verhoging betaal nie! Dit gebeur nie eers in die privaat sektor nie hel. Het hulle gedink die boere kan dit bekostig met die ekenomie? O die redenasie vermoë darem. Dan moet die werkers maar gaan klaar. Ons kan immers sonder hulle…

Astrain ·

Ons sal maar net ons werksdag sny om binne ons begroting te bly…jammer aan al die wat weereens hul werk gaan verloor…

Miskruier ·

My seun kan “entrance 1” werk kry R20,75 pu. Hy het n 4 jaar graad, ander opleiding ook, hy stel nie belang om nou in sy graad rigting werk te kry. Ek kan nie my werker meer betaal net omdat hy nie blank is nie.

Miskruier ·

Dan praat ons nie van n 11% Eskom verhoging. Intussen is die lyne so vrot dat ons gereeld sonder krag moet klaarkom.

thejudge ·

En DIT is hoe mens duisende onwettige immigrante die land laat instroom om op plase te kom werk vir peanuts.

anniekiewiet ·

Ek wens so n minister wil ook antwoord op die feite wanneer Agri Weskaap en TLU dit noem.

Elize ·

Nou sal ons meer traliehekke en diefwerings moet opsit. Moet maar leeus kry om snags rond te loop om eiendom op te pas want die honde word uitgeroei

Stefaan ·

Hulle kortsigtigheid is verstommend. Gaan die pensioenarise ook 16% kry?

Ivana ·

Net soos die res van ons regering het die 1 ook 0% werkende breinselle. Wys my 1 van die lot wat logies kan dink

Barney ·

Dis ‘n twee snydende swaard – aan die een kant kan die boere nie die verhoging bekostig nie en aan die ander kant sal – sal jy vir R16 per uur (of die vehoofde R21 per uur) werk?

Piet ·

Die minimum loon is R173 per dag. As jy dit nie kan betaal nie dan boer jy agteruit en moet liefs iets anders gaan doen. Dis minder as wat meeste individue hulle huishulp betaal.

Francois Le Cochon ·

Presies. Boere wat ek ken is stinkryk, maar hul plaaswerkers leef soos honde.

Piet ·

Francois jy is 100% reg. Dis net geldgierigheid. Niemand werk so hard soos ‘n plaaswerker nie en meeste boer blaf net bevele uit hulle bakkies uit. Hulle kan ten minste vir hulle ‘n hoër loon gee

Lindie ·

Piet, dis nie al wat hulle kry nie. Jou huishulp moet nog haar woonplek, krag, vervoer na en van jou woning en vele meer self betaal uit die “meer” wat sy verdien. Plaaswerkers deel ook in die produkte wat verbou word en sal dus nooit honger gaan slaap nie.

Francois Le Cochon ·

Lindie, enige mens wat ‘n (harde) werk het, begeer meer, en behoort meer te he^ as net ‘n vol maag. My hond gaan slaap ook nie honger nie.

Lindie ·

Hulle werk hard, ja. Baie hard en in wind en weer. Ons behandel hul soos mense en praat ook van hul kinders as ons eie kinders. Ons is lief vir hulle . Ons begeer ook beter vir hulle. Indien ons mededingbare pryse vir ons produkte kon onderhandel, was sake dalk anders, maar ons moet maar vat wat ons kry. Ons kry dikwels, nee eintlik gereeld, eers ons geld vir ‘n produk gelewer, tot 3 jaar na lewering.
Met die opmerking dat hul nooit honger gaan slaap nie, het ek maar net bedoel dat ons plaasmense na omgesien word. Hoeveel besighede se mense gaan dalk honger slaap en hul werkgewers is daar nie eens bewus van nie.

Misky ·

@Lindie, ek kan nie meer met jou saamstem nie. Ons het n plaas tot onlangs gehad en glo my vry, hulle lewe goed. Huis, krag en water, elke week sak meel en vleis pakkie gekry en dan praat ons nie eens van die daaglikse vars melk en groente nie. Daardie inkomste is “skoon” en meer as wat baie van ons vandag kan sê en oor het aan maandeinde.

Piet ·

Misky, watse bates bou hulle? Hoe gaan hulle aftree? Al daai goed wat jy genoem het is wat slawe ook gekry het 200 jaar terug

Lindie ·

Aftree, sê jy? Ook dan moet ons vir hul sorg deur hul in hul huis te laat bly totdat hul sterf. Ek wonder so dikwels of Spar, P@P, Checkers, ens. se werkgewers ooit weet waar al hul werkers bly, of hul kos het om te eet, of iemand hul dokter toe neem of hospitaal toe wanneer hul moet kraam. Alles dinge wat plaaswerkers EN ONKUNDIGES eis of verwag. Watter werke stel mense aan wat nie eens graad 3 geslaag het nie ?

Danie ·

En wat moet ek maak met die mense wat hier sit en werk soek? Ongeskoold en kan nerens werk kry nie. Ek gee hulle werk omdat ek vir hulle jammer voel, ek het hulle nie nodig nie. Wat gaan hulle eet as ek hulle môre laat loop? Toe, julle is mos slim?!?!? Moenie jou mond uitspoel oor goed waarvan jy niks weet nie.

Danie ·

Meganisasie ssm is die antwoord.
Enige boer wat in vandag se tyd arbeiders op sy plaas laat woon moet in elk geval sy kop laat lees.

Die Wolf ·

Ek voorspel dat hier n groot meginisasie proses gaan plaasvind. Hierdie baie duidelik n manier om stemme te werf vir politieke gewin, veral as jou aansien so vinnig daal. Al gedink vir die ander boere of hulle dit gaan bybring?

AndrewL ·

Weereens ‘n bewys dat die ANC regering nie omgee vir die mense van Suid-Afrika nie. Hul maak asof hul omgee, maar glo my, hul het ‘n agenda. Daardie agenda is om almal afhanklik te maak van die staat.

Hierdie strategie is duidelik in die wetgewing wat deurgedruk word – nasionale gesondheidversekering, onteiening sonder vergoeding, die wysigings aan die vuurwapen wet, wysigings aan belasting wette en nog meer.

Dit gaan oor sentrale mag en beheer- niks minder nie, niks meer nie.

Jaco ·

Hierdie uiters lae minimum loon werk uit op R3644 per maand. Dis BITTER min vir 1 persoon. Dis ook uiters vreemd dat die mense wat hierdie bedrag uitgewerk en goedgekeur het, van DIESELFDE ras is as die mense wat hierdie minimumloon gaan kry. Iewers maak iets nie sin nie. Mens sorg mos nie so vir jou EIE mense nie. Woorde en uitdrukkings soos rassisme, human rights en Black Lives Matter kom by my op. Maar nou ja, as our people dit vir (of aan) our people doen, is dit seker maar reg.

Blikkies ·

As hierdie slim leiers in die regering een brein sel bykry dan het hulle een…..

Ansie ·

Hierdie is regtig ‘n tameletjie. Die werkers moet oorleef, alles word duurder en die boere het nie geld nie agv droogte, ens. Dit het tyd geword dat die regering kers opsteek by ander lande wat hulle boere subsidieer.

Francois Le Cochon ·

Die regering het nie geld om boere te subsideer nie. Die regering help alreeds die boere deur hoe” belasting op kos-invoere te hef om hulle te beskerm. As dit nie vir hierdie belasting was nie, sou ons verbruikers minder as helfde betaal het vir (beste gehalte) invoer vleis, kaas, melk, wyn, vrugte, omtrent als, want ryk lande subsideer hul boere baie goed. Die verbruikers in SA hou dus boere op hul plase deur te veel te betaal vir plaaslike geproduseerde voedsel van swak gehalte. Goeie gahalte kos word uitgevoer en is ons nie beskore nie, want die boere word in Dollars betaal.

Hennie J ·

Ploeter voort anc, ploeter voort. Iewers, voor piesangland tot n val kom, sal julle ‘our people’ besef ons kan nie meer net demand nie. Ons moet ook skouer aan die wiel sit en daarvoor gaan hulle julle kruisig want julle het hulle nooit geleer wat werk is nie.

Alet ·

Dalk is hierdie die gulde geleentheid vir boere om werklose jong seuns wat bereid is om vir minimum lone te werk in diens te neem. Ten minste sit dit brood op die tafel. Ek weet nie hoekom is dit so moeilik om te verstaan dat dit is hoe die vrye mark stelsel werk nie. Vraag en aanbod. As jy iets het wat ek soek dan koop ek dit. Of as jy wil werk en bereid is om dit te doen teen my prys dan is dit great. As jy nie ‘n plaaswerker wil wees en vir die spesifieke loon wil werk nie dan doen jy dit nie. So eenvoudig soos dit.

Jaco ·

Ek het al dít wat jy voorstel ‘n paar maal probeer. Nou nie plaaswerker nie, maar tuin skoonmaak by my huis en so ‘n paar ander goed. Elke slag het ek vooraf met die wit werker ooreengekom wat is die betaling en wat die werk behels en dat middagete en ‘n lift na sy huis toe ingesluit is. En elke keer was daar probleme: my grinder en my boormasjien het verdwyn en my yoghurt het uit my yskas verdwyn. Een wou elke halfuur ‘n smoke break hê. Ander een was aanmekaar op sy foon. So ja, dis hoe dit lyk as wit “werklose jong seuns” vir jou werk.

Botterblommetjie ·

Ek het uitgewerk dat die minimum loon werklik laag is, maar dan neem mens in ag dat hulle gratis behuising ens. kry. Plaaswerkers nie vervoer nodig het nie ens. Dit balanseer dan uit. Hier is baie mense wat bereid is om vir minimum loon te werk net om werk te hê. Hulle loop kilometers werk toe en terug.
Die regering neem nie droogtes, siektes ens. in ag nie. As daar geen inkomste op die plase is nie, hoe moet die boer dan geld genereer om te betaal…..

Lindie ·

“Kenners meen nou boere sal noodwendig hul produkte se pryse moet verhoog”. Ons boer reeds 45 jaar op ons familieplaas met wyndruiwe, skape , beeste, vrugte en groente en nog nòòit kon ons eie prys vasstel nie. Ons moes vat wat ons kry. Ek sou dus graag wou weet wie die “kenners” is .

Francois Le Cochon ·

Lindie, is die vrugte wat julle produseer mooi groot soet vrugte vir die uitvoermark, of klein suur vrugte wat lank in stoorkamers gehou was vir die plaaslike mark? Ek smag al jare lank na ‘n soet lemoen, perske en appel wat plaaslik geproduseer is. Hoekom moet ek ten duurste betaal vir ingevoerdie vrugte uit Israel, Turkye of Chilie as ek ‘n soet vrug wil he^?

Luister ·

Al ooit gehoor van middelmanne? Dit is hulle wat die geld maak – nie noodwendig die boere nie.

Lindie ·

Francois , plaaslike vrugte is van die beste gehalte, maar die winkels verkies om die ingevoerde snert te verkoop. Ekself was 2 weke gelede so skaam om te sien wat Robertson Spar aan sy kliënte verkoop, sulke verkrimpte, groen goedjies, terwyl Robertson byna die Mekka van perskes is. Ons kwota vir perskes is vol gepluk, maar ons het nog ‘n boord of 2 wat dalk sal moet bly sit omdat ons nie ‘n mark daarvoor het nie.

Francois Le Cochon ·

Lindie, ag…ek praat maar oor die algemeen. Eintlik het ek groot waardering vir boere. ek self sou ook graag wou boer, maar ek dink ek sal gou uitboer. Miskien is ek te lui. As kind het my pa ‘n strandhuis gehad in Tergniet. Die buurman was ‘n boer van Tzaneen. In al die jare het net sy familie daar kom vakansie hou. Hyself kon nie die plaas alleen los nie. Soms het hy afgevlieg, net vir kersfees, nie eers gebly tot ou/ nuwejaar.

SwartBees ·

Ek kry al vir die laaste paar jaar geen verhoging en alle pryse bly net styg.

Karina ·

Word die byvoordele van plaaswerkers in ag geneem? Hulle bly verniet op die plase, kry melk, vleis en selfs groente van die plaasvrou se tuin. Ek twyfel ten sterkte.

Phillip ·

Maklik Leer by Farao…. hy het die werkers se las verdubbel en die kos gehalveer. Maw. Jammer mense ons kan nie die lone bekostig nie. So last in first out. En die wat oorbly gaan die las moet dra teen die nuwe bedrag natuurlik. As jy nie per meter perform jie gee ek jou eerste waarskuwing. Is dit ongevoelig. Seker. Maar die landbou sector kry nie die geld wat die winkels kry vir die produk nie. Sad but thats what the anc is creating

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.