Minister: Bederfde stemme is ‘verraderlik’

Argieffoto

Argieffoto

Die regering sê diegene wat vra dat kiesers hul stembriewe in volgende maand se verkiesing moet bederf, is “onverantwoordelik en verraderlik.”

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het die uitlatings gemaak na berigte dat voormalige regeringsamptenare mense gaan versoek om volgende maand hul stembriewe te bederf. “Ek dink dit is onverantwoordelik en verraderlik vir enigiemand om te sê ons mense moet hulle stem bederf.” Sy sê om ʼn stem te bederf “verraai alles waarvoor ons geveg het in die land.”

Ronnie Kasrils, voormalige minister van intelligensie, beplan glo om Dinsdag ʼn “Stem Nee!”-veldtog van stapel te stuur. Nozizwe Madlala-Routledge, voormalige adjunkminister van gesondheid, en ander ANC-veterane gaan glo by hom aansluit. Die veldtog het glo ten doel om mense te versoek om hul stem te bederf in protes teen korrupsie en huidige regeringsbeleid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Julle geveg vir hierdie land was soos die spreekwoordelike hond wat n kar jaag. Noudat julle hom gevang het, kou julle alles stukkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.