Minister bekommerd oor geweld en slaagsyfers by universiteite

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het sy kommer uitgespreek oor die hoë druipsyfers en gewelddadige optogte by die land se universiteite.

Nzimande het tydens die tweede beraad oor transformasie in die hoëronderwys-sektor in Durban gesê daar is al baie bereik by die land se universiteite sedert 1994, maar daar is nog baie om te doen.

Hy het gesê hoewel dit enige student se reg is om te betoog, laat dié reg studente egter nie toe om universiteitseiendom te vernietig nie. “Ek kry die gevoel dat die gehalte van [studente se] ontledingsvermoë nie gelykstaande is aan dié van die post-1976-studente nie. Kom ons hou asseblief op met die vernietiging van eiendom. Vernietiging van universiteitseiendom is nie in die gees van ʼn Afrikaan nie. Vir hoe lank gaan hierdie sepie aangaan?” het hy gevra.

Nzimande het gesê daar kom altyd aan die begin van die jaar en tydens studenteraadsverkiesings optogte voor by die land se universiteite. Hy het gesê studente betoog dikwels voor hulle hul griewe aan die universiteit se bestuur oordra. “Ja, ons is gefrustreerd, veral oor die vernieting. Dit blyk erger te word. Ons is ernstig bekommerd daaroor,” het Nzimande tydens ʼn mediakonferensie ná afloop van die beraad gesê.

Nzimande het ook bekend gemaak dat sowat 55% van studente by universiteite nooit gradueer nie, terwyl 40% van studente wat finansiering ontvang van die nasionale studentefinansieringshulpskema nie hul eerste jaar op universiteit slaag nie.

Nzimande het verder sy kommer uitgespreek oor Afrikaanse universiteite wat volgens hom swart studente uitsluit deur middel van taal. Hy meen dié universiteite moet dubbelmedium wees en Engels op dieselfde vlak as Afrikaans aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ian ·

Maar Blade, die ANC het hulle dan geleer om só te betoog! Afbreek, plunder en steel is die ANC se beste kenmerk. Hoe dan nou?

Johann Marx ·

Skilpad en slang langs ‘n vol rivier. “Vat my oor op jou rug asseblief?” vra die slang. “Nee”, sê die skilpad, “halfpad oor gaan jy my pik dan versuip ons altwee.” “Ek sal dit mos nooit doen nie?”, sê die slang, “Waarom sal ek ons altwee wil laat versuip?” Skilpad gee toe, en slang seil teen sy rug op. Halfpad deur die rivier pik die slang die skilpad. “Waarom doen jy dit?” vra die Skilpad. “Nou gaan ons altwee versuip.” “EK KAN DIT NIE HELP NIE”, antwoord slang, “DIS IN MY NATUUR!!!”

Winston ·

@Johann Marx. Daar is baie redes hoekom slang gepik het. 1. Hy was honger. 2 Hy was bang vir die water. 3. Hy het skilpad skielik as n bedreiging gesien. 4. Hy kan dalk skilpad se sinkende karkas gebruik om anderkant toe te kom. Al sou dit nie werk nie. Ens ens ens MAAR dis nie sy skuld gewees dat hy pik nie. Dis in sy natuur

Gesie ·

Dis reg! Verengels alle Afrikaanse skole en universiteite… dan bly daar niks oor van ons hele opvoedkundige stelsel nie! Die nuwe bedeling redenasie is skynbaar “ons wil alles hê waarvan julle ‘n sukses maak, maar julle moet bly betaal daarvoor en dan kan ons dit afbreek en julle moet dit weer opbou.”

Annemarie ·

En nou hoekom wil jy in ‘n Afrikaanse Universiteit inneek as jy nie Afrikaans kan praat nie? Daar is meer as genoeg Engelse Universiteite!

Jan maak n Plan ·

Ja swaer, dit kry jy seker as jy alles net gee en gee en gee. Boonop gee jy nog vir die wat dit nie eens verdien of waardeer nie.

humor ·

Johann, ja waar, hul vernietig tot dat daar niks oor is nie, dan beleef hulle hul weer self met n false tranedal dat hul die verontregdes is en die vernietigingsproses gaan voort. 55% Slaagsyfer? Die minister moet besef dit het n onomkeerbare sneeubalefek. Waar kry hierdie hordes werk en hul plant voort met n geslag met minder moontlikheid tot beskaafde ontwikkeling. Gepaardgaande met n ekonomiese las wat buite beheer raak.

Sarie ·

As my geheue my nie in die steek laat nie het Blade self in sy jong dae die universiteit waar hy studeer het probeer om die biblioteek aan die brand te steek. As ek so rondom my kyk na alle ontevredenes wat bestaande plekke van dienslewering afbrand, kan ek hom nie glo as hy se dis nie in hulle aard nie. 1976 se studente het ewe hart klip gegooi en gebrand en geskree liberation before education asook pass one pass all. Wat het verander?

Bruno Stef ·

Op gisteraand se E-nuus was daar n paar klonge wat plakaat bokant die kop die vakbond vastrap gedoen het.Een van die betogers het jou waarlikwaar gese ondanks die feit dat die oorgrote meerderheid Afrikaans as onderrig taal verkies die swartes die meerderheid is in die land daarom moet die NWU ge-transformeer word.n Hele aantal swart studente het gese dit maak nie saak nie hulle is baie gelukkig op die Potch kampus en die tolkdienste wat van Afrikaans oorgetolk word is aanvaarbaar.

Heinrich ·

Maar comrade Blade; waar is julle holrug-geryde argument dan nou: apartheid het die anc genoop om die mense so te leer, so dit moet mos seker apartheid se skuld wees dat die born-frees nou so maak?

Nina ·

Vernietiging van (eiendom) is nie in die gees van die Afrikaan nie? Bwahahahahaha! Jou nar!

Die studente pluk want hulle is permanent besig om te toi-toi! Verder kan julle sekerlik jul EIE universiteite bou en ophou om als wat deur blankes tot stand gebring is, te verwoes, vernietig en verniel!

Ron ·

Afrikaanse Universiteite wat swart studente uitsluit as gevolg van taal is ook n probleem.
Ai toggie, ek weet nie. Elke Universiteit het tog Afrikaans en Engels?? En as die studente dan ingeluit word, dan word daar by daai universiteit ook vernietig en geplunder??
Waar gaan ons heen, en hoe moet mens maak…Ek weet nie…

sarie van heerden ·

Wanneer gaan almal in SA leer dat die ENIGSTE manier om konflik en vrede in die land te bewerkstellig sal wees om die wat wil leer en vooruitgaan te skei van die onhebbellikes wat wil brand en dans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.