Minister beloof vir soveelste keer uitsluitsel oor e-tol

(Argieffoto: ANA)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Woensdag beloof dat ʼn aankondiging oor die toekoms van die omstrede e-tolstelsel op Gauteng se snelweë in November gemaak sal word.

Mbalula het in ʼn verklaring die versekering gegee dat hard gewerk word om ʼn finale besluit oor die e-tolstelsel te neem en dat hy beoog om die kwessie voor die einde van die jaar op te los.

“Ons verwag ook dat die minister van finansies iets oor e-tol sal sê wanneer hy sy toespraak oor die mediumtermynbegrotingsraamwerk in November lewer. Ons glo dat die kabinet teen daardie tyd die saak sou afgehandel het,” het Mbalula gesê.

Volgens die minister moet die regering verskillende opsies deeglik oorweeg omdat finansiële implikasies betrokke is.

Mbalula beloof al sedert 2019 om ʼn oplossing vir die kwessie te vind en die publiek wag sedertdien in spanning op ʼn aankondiging.

Mbalula het dit Woensdag duidelik gemaak dat die Gautengse regering en die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) teen e-tol gekant is.

“Ons sal hul bekommernis in ag neem as deel van die proses wat daarop gemik is om ’n volhoubare oplossing te vind.

“Die kabinet is vasbeslote om die saak in die beste belang van die land en sy ekonomie op te los. Die regering sal dus die nodige aankondiging maak sodra ’n besluit geneem is.”

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) het Vrydag gesê die e-tolstelsel in sy huidige formaat sal ʼn mislukking bly omdat motoriste ʼn beginselvaste besluit geneem het teen die betaling van e-tol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Richard ·

Ja… Nou sal hulle daarna kyk…. Tot die verkiesing verby is… Dan bly tol-e….

DieKriek ·

Maar dis daardie moedswillige minister. Almal weet hy gaan dit nie afskaf nie.

Dries ·

Ek. Betaal f&&&&l. Hoekom sê hy nie nou wat hulle uitgangs punt en besluit nie. Want die verkiesings lê net om die draai. Wat n pateet om n probleem op te los. Wat ookal hulle besluit. Ek betaal niks.

Herman ·

Skrap hulle dit, betaal ons niks. Skrap hulle dit nie, betaal ons nog steeds niks. Niks gaan verander nie.

Anoniem ·

Ek glo hy besef ook baie min gaan dit betaal en daar is absoluut niks wat hy daaraan kan doen nie.

Philip ·

Dit is nou maar een ding van Bra fix hy kan ook maar lieg soos n tandetrekker en hy hou daarvan om die blikkie verder die pad af te skop.

Perdeby ·

Vir 2 jaar belowe jy al, maar dit is mos tipies ANC kyk hoe lyk die land van al die beloftes, maar hopenlike sien julle , jul agter ente met die verkiesing en in 2024. Dan kan jy maar vir jou vrou beloftes gaan maak.

Johann ·

Whahahahahaaaaaaa…..nee kyk, die een is beslis een van my gunsteling clowns in die RSA se eie sirkus alla ANC. Net eenvoudig GEEN sin vir dringendheid nie. Sy woord beteken MINDER as niks. OF hy speel vir tyd en nog n paar ziljoen in sy en sy kaders se sakke uit die proses?

Heinrich ·

Wens ek kon saam met jou lag Johann maar ek het lankal my sin vir humor het hierdie klomp skurke verloor! Almal weet êrens is iemand wat gehoop het om ons betalende suckers goed te melk en steeds vashou aan die die dooie koei, so e-tols gaan nie verdwyn nie.

Leon ·

Iewers was ‘n groot vet bribe wat die keuse vd spesifieke stelsel beînvloed het. Dit betaler vd die bribe gaan nie aanvaar dat e-tol gekanselleer word sonder dat sy bribe vergoed word nie.Dan is daar nog die miljarde vd die staatspensioenfond wat daarin belê is. Wie gaan goedstaan daarvoor? As ek reg onthou was dit R20 miljard.

JohanR ·

Jy hoef net die ou en Carl Niehaus te kyk, om te besef daar is nie meer ANC intellektueeles nie net narre!

Kaptein ·

Mabalulula praat boela soos altyd. Wil net weer mooi lyk.

annie ·

Die ou skattebol gaan nie nou aankondig dit gaan bly nie, dan stem die ANC-kiesers mos nie reg nie. Daarom…

Casper ·

Hy val onder dieselfde kategorie as hoedman.Onbevoeg om hulle werk te doen.E-rol was van die begin af ‘n plasenta.As watter minister was hy al suksesvol,nêrens.

Prikkie ·

Daar was in die ou bedeling ook so ‘n minister byname Piet Promises.

Nou is dit Fikile Promises. Niks nuut onder die son nie.

Pietertjie ·

Jip, dis verkiesingstryd. KFC en T-hemde gaan ook weer in omloop wees.

Pierre ·

Ek was nie bewus daar is nog `n probleem nie, ons betaal nie so die probleem is opgelos of die ligte brand of nie dit maak werklik geen verskil nie.

SlinkseKoljander ·

Nog lee ANC beloftes, hulle gaan niks doen nie en hulle hoef nie.
Ons mense gaan weer vir hulle stem.

Ek dink die ANC hoop iemand anders wen die verkiesing want hulle kan niks reg maak nie, maar ek glo hulle gaan nog geld skep tot op die laaste.

Julle stem vir hulle, julle kry hulle gemors. Ek was nog half jammer vir ons mense, nou lag ek my dood elke keer as ek nuus kyk en kyk neer op hulle in die straat.

Boon ·

Elkr keer as Fikile sy mon oopmaak, verloor die ANC stemme. Dus Fikelw, hou aan met jou belaglike beloftes wat NOOIT uitgevoer word

Sê maar net ·

Ag asseblief. Get on with it already. Ek lees nie eens meer enige nuus oor hom nie……Wat hy in daai pos soek, weet nugter. En as hy dink hy gaan e- toll afdwing, lewe hy op ‘n ander planeet!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.