Minister besoek familie van gestorwe polisiebeampte

Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het aangedui hy gaan Sondag die familie van die Pretoriase polisiebeampte besoek wat in die noorde van die stad doodgeskiet is terwyl hy aan diens was.

Twee polisiebeamptes, ʼn konstabel en ʼn sersant verbonde aan die Soshanguve-polisie, was in hul polisiëringsgebied besig met ʼn roetine-stop-en-deursoekpatrollie toe hulle aangeval is.

Volgens die polisie het die beamptes glo ʼn verdagte voertuig, wat vroeër in Vosloorus gesteel is, afgetrek. Die beamptes was besig om die voertuig te nader toe die insittendes op hulle losgebrand het. Een beampte is op die toneel dood en die ander een is met beserings na ʼn hospitaal geneem.

Mbalula gaan om 11:00 ʼn besoek by Soshanguve-polisiestasie aflê, waarna hy die gewonde beampte in die hospitaal gaan besoek. Hy sal dan die gestorwe polisiebeampte se familie by hul huis gaan besoek om sy meegevoel te betuig.

Niemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wim de Beer ·

Gaan die minister ook die slagoffers van plaasaanvalle besoek? O ek het vergeet, dit pas nie by sy kwota stelsel in nie..

Shame... ·

Shame, n polisiebeamte maak hom nie beter as n boer en sy slagoffers nie! Soort soek seker maar soort. N baie duidelike bewys!

Scalla ·

Nuwe besem vee skoon, wat weet hy van polisie werk af, een groot sirkus

Afrikaanse Knaap ·

Net soos met rugby gaan hy die polisie net verder breek, oral opdaag en ongevraagde kommentaar lewer, en niks doen om dit te verbeter nie.
Hy en sy baas is nutteloos.

Joanne Meakin ·

Hy moet darem sy voete op my werf sit. Ek jaag vir hom weg. En verkoop dan my storie aan huisgenoot hahahaha

Basjan ·

Net so, Joanne. Verkoop jou storie aan HuiLgenoot, soos Amore haar storie oor Joost se boedel aan hulle gaan verkoop. Jy kan ‘n ou geldjie daaruit maak.

Johan. H. ·

Het die land nerens n meer n meer bevoegde hanswors nie , wat n grap!!!!

Ruite ·

Dit was nou wel ‘n gesteelde voertuig maar mens wonder of die ruite nie ook so pikswart was dat die polisie nie kon sien wat binne in die voertuig aangaan en sodoende verras was met die aanval.

Charlotta ·

En dis nou nuus. Jammer hulle doen dit nie vir die Wittes ook nie.

Blits ·

Shame, een ding is so duidelik soos dag, die klomp maak bohaai oor n paar polisiemanne wat sterf maar daar is 100de plaas moorde waaraan net mooi niks gedoen word nie en die mense word nooit besoek deur geen een nie, hy moet eerder n kindertuin sokker span gaan leer bal skop, hy is useless, ek het in geen toespraak van hom gehoor waar hy gese het dat hulle streng gaan optree en gaan veg om plaas moorde te stop nie. die klomp is almal die klits kwooit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.