Minister betaal skulderkenningsboete

Minister Stella Ndabeni-Abrahams. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Minister Stella Ndabeni-Abrahams het ʼn skulderkenningsboete betaal vir haar oortreding van die afsonderingstydperkregulasies.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, op 21 April ʼn skulderkenningsboete van R1 000 betaal.

Ndabeni-Abrahams is aangekla van die oortreding van regulasie 11(B) van die Wet op Rampbestuur. Volgens Mjonondwane is die skulderkenningsboete deur die senior landdros in die Tshwane-landdrosdistrik bepaal.

“Die NVG bly daartoe verbind om geregtigheid sonder vrees, guns of vooroordeel te laat geskied. Hierdie straf moet ʼn boodskap stuur dat alle burgers gelyk is voor die reg.”

Ndabeni-Abrahams is vroeër deur pres. Cyril Ramaphosa vir twee maande op spesiale verlof geplaas nadat ʼn foto van haar, waar sy saam met vriende middagete nuttig, op sosiale media versprei is. Een van dié verlofmaande is onbetaald.

Die voormalige adjunkminister van onderwys, Mduduzi Manana, het die foto van hom en Ndabeni-Abrahams, wat hy as ʼn vriendin bestempel, op Instagram gedeel. Daarin sit die twee saam met verskeie ander mense aan tafel en eet.

‘n Skermgreep uit die video waarin Stella Ndabeni-Abrahams verskoning vir haar gedrag vra.

Ramaphosa het Ndabeni-Abrahams ook beveel om die land om verskoning te vra. Sy het kort daarna in ʼn video wat op sosiale media geplaas is, om verskoning gevra omdat sy die bepalings van die staat van algehele afsondering verontagsaam het.

“Ek betreur die voorval en is baie jammer oor my optrede. Ek hoop die president en Suid-Afrikaners vind dit in hul harte om my te vergewe,” het Ndabeni-Abrahams in ʼn kort video gesê.

“Die president het my dadelik op spesiale verlof geplaas. Ek onderneem om tydens dié verlof by die bepalings te hou. Ek wil die geleentheid gebruik om die president se oproep, dat ons almal die afsonderingsbepalings nakom, te gehoorsaam.”

Sy het ook gesê dat die streng bepalings ʼn “nodige ingryping is om die verspreiding van ʼn virus wat reeds verwoesting in talle lande gesaai het, te bekamp”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Cherokee ·

Haar boete is waarskynlik omtrent 30 x daardie R5000 waarvan julle praat. Moet nie half lees nie. Sy is beboet R5000 + ‘n maand se salaris.

Nie Verbaas ·

As sy strafregtelik aangekla is en skuld erken het moet sy dan ook mos nou n misdaad rekord he. Net R1000, nie R5000 nie?

Hennie ·

Sy het nou ‘n kriminele rekord. Dit kwalifiseer haar vir hoër posisies in die cANCer…

Scalla ·

Die boete is n druppel in die emmer in vergelyking met dit wat hul maandeliks verdien, dubbele standaarde.

Boortor ·

R1000!? Wat n grap! Hulle wys hulle ware kleure elke vyf sekondes. Dink hulle ons is dom?

Cherokee ·

Dink julle julle is slim? Julle dink dan sy is slegs R1000 beboet, terwyl beriggewing anders vertel.

Fedup ·

Please tell me you kept the receipt. I am sure you can get a refund from your anc fam.

Marius ·

Wat , net n R 1,000.00!!!! Dan moet sy ook dadelik afgedank word omdat sy nou n kriminele rekord het ???? Sy moet ook aangekla word van landsverraad , dan sal dit meer geloofwaardig wees .

Genis ·

En Jan Alleman wat nie eers kuier kry groot boetes…wow… anc verbaas nie…

Chris ·

Genade kon sy die boete bekostig? Ek dink sy betaal dit sommer so uit die body safe. Ek glo daai geld is nie eers wat haar drankrekening vir die was nie.

Ronel ·

R1000.00 lagwekkend en sy kom verder skotvry. Dubbel standaarde word toe gepas.

koos10 ·

En die mynbaas word R60000.00 borg gegee nadat hy toestemming gehad het om myn bedrywighede weer te begin?

Stefan ·

Ek hoop dat sy dit in haar hart het om die volle R5000 te betaal soos wat ons sou moes betaal.
As mens inreken dat sy eintlik die goeie voorbeeld moes gestel het sou R20000 heel wat beter boete gewees het.

Strandloper ·

Einaardige spuletjie met beginsels wat mens telkens verstom.

charmaine ·

Kan daai bewys van betaling gepubliseer word op papier lyk alles mooi gaan dit regtig gebeur? Ek glo nie!

Willem ·

Geen skaamte nie – in ‘n werlike demokrasie sou sy teen die tyd bedank het. Maar hierdie is mos The People’s Republic of Chi… ag ek bedoel South Africa.

Cherokee ·

Ek verstom my aan julle ‘slim’ kommentators wat agter mekaar aan praat. Stefan sê selfs sy moes (eerder) R20 000 betaal het. Wel, haar boete was bàie meer as selfs dìt. As julle moeite doen en lees sal julle sien haar boete is R1000 plus ‘n maand se salaris.

Jaco ·

minister se salaris is digby R2miljoen per jaar. so 1 maand sonder salaris maak nie veel verskil nie. OORGENOEG spaargeld

Cherokee ·

± 2.4m. ….maar wat het dit te doen met wat ek hier tuisbring? Hoegenaamd niks want die redenasie gaan nie oor haar inkomste maar oor haar boete, en dan weet jy ook sommer waar ek my beraamde persentasie vandaan kry.

Cherokee ·

Laat ons dus net by feite bly en nie bloot mekaar ego nie.

Cherokee ·

Jy’s natuurlik reg. Een van die g’s het in die slag gebly omdat ek wyn op my sleutelbord gestort het, die sleutels vashaak en ‘n nuwe sleutelbord nie onder noodsaaklike items ingesluit is nie. So, dit sal moet wag totdat ons weer vrylik kan rond beweeg.

Gert ·

Nou hoe word een toe gesluit en aangerand selfs dood geslaan en ‘n “ander”word getik op die vingers vir dieselfde oortreding ?

Chris ·

Ag asseflippenblieftog. Ons leef in ‘n absolute gevaalde staat waar die minderheid die vyand is. Ons wittes moet ons plek leer ken. Vlieg onder die radar. Moenie met iemand stry of argument betrokke raak nie. Jy gaan dit verloor.

Ockert ·

Almal is so begaan oor die boete van “net” R1000, die vrou moes openbare verskoning aanteken, én sy verloor ‘n hele maand se salaris. Sy vra ook om vergifnis.

Koos ·

Die arme vrou hoe gaan sy nou die belaglike boete kan betaal ?

antieke antie ·

sy moes afgedank word….wonder wie is die spesiale maatjies wat haar nog in die parlement hou

Yvonne ·

Sy is inherent skelm…is sy nou sumier vergewe vir al haar oortredings?

Jacobus ·

An diegene wat R5000 boetes gekry dadelik hulle R4000 terugkry?

ES ·

Ek is jammer maar ‘n R 1000 boete jaag niemand skrik op die lyf nie. Sy het basies ‘n rapsie op die hand gekry. Sy het ‘n landswet oortree en moet eintlik swaar vervolg word!

Nico ·

Die boete ‘n R1000. is ‘n klug nou gaan sy net weer aan met haar streke.

Nico ·

Sy gaan nou op spesiale verlof met volle betaling, wat ek geleer het wanneer jy geskors word ontvang geen betaling, met die ANC regering is dit anders.

Sarel ·

Sy moes haar pos as Minister ontneen gewees het. Maar dasr volg blykbaar nog ‘n Hofsaak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.