Minister betreur talle sterftes op SA paaie

Argieffoto van ‘n ongelukstoneel. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het die onlangse vlaag padsterftes op die land se paaie betreur.

Verskeie dodelike ongelukke wat elk heelparty lewens geëis het, is die afgelope week in die Wes-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga aangemeld.

Die minister het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om deel te neem aan die veldtog om die land se paaie veiliger te maak.

“Padveiligheid is ʼn gesamentlike verantwoordelikheid wat ons almal moet dra. Elkeen van ons weet watter individuele bydrae ons kan maak om ons paaie veiliger vir ons kinders en toekomstige geslagte te maak. Dit begin by ʼn verandering in die gedrag wat die lewens van ander padgebruikers in gevaar stel,” het Mbalula gesê.

Volgens die minister doen die departement daadwerklike stappe om die slagting op die land se paaie te verminder. “Die implementering van die Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) gaan nie net oor ʼn doeltreffender manier om verkeersoortredings te bereg nie, maar ook om as doeltreffende aansporing te dien vir motoriste om hulle gedrag te verander,” het hy gesê.

Volgens Mbalula is planne om verkeerspolisiëring 24 uur van die dag en elke dag van die week te implementeer, ook onderweg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

humor ·

Hierdie minister en die ene Lesufie is voordurend erg gebroke en aan die rou. In die lig van geen vordering kom dit voor dat dit krokediltrane is.

Chris Ws ·

“Minister” Mbalula weet nie wat op ons paaie aangaan nie.Hy dink ARTO gaan sy werk vir hom en sy verkeers manne doen maar hy begaan ‘n REUSE fout.Arto gaan G E E N uitwerking he op die aantal bestuurders wat op sperstrepe verby snel,bestuurders wat snelheids perke oorskry of wat nie die afstand van ‘n aankomende voertuig kan reg skat wanneer hy /sy ‘n voertuig wil verby steek nie.My innige simpatie Minister Mbalula!

JR ·

Ek stem al wat hy kan doen is om sy mond oop te maak maar hy verstaan nie die woorde wat daar uit kom nie

Ben ·

Begin eerste by die taxi bestuurders en stel n wet in dat alle motervoertuie ouer as 3 jaar, getoets moet word op gebreke en padwaardigheid en sertifiseer. Dán gaan dit heel wat veiliger wees op ons land se paaie. Én maak die gate in die paaie toe. Moenie net sit en treur nie!

Tanya ·

Eerste begin by die toets gronde waar daar omkoop geld vir rybewyse uit geryk word. Daar is baie maniere om uit te vind wie regtig kan bestuur en nie bestuur nie

Elna ·

Ben jy praat baie waar hierdie land se paaie is in n patetiese toestand orals. Dit word net so gelos en volgens n taxi bestuurder is die sperstrepe en verkeers tekens net n krismis dressing op die pad hulle het geen vaagste benul waarvoor die pad tekens is nie.

Pieter ·

Stem so gaan dit as jy jou rybewys koop hy moes n af slaer geword het hy skop net n lawaai op

Dries ·

Broer dan moet jy sien as hulle eers die shades op het en daai foon is teen die oor dan ry party van hulle mos nes hulle wil

Dr Phil ·

Geagte Mini-ster
Die oomblik wat jy die en mde aaenseers die ruggraat kweek om die taxi’s aan te vat en behoorlik aan wet en orde te onderwerp, sal die sterftesyfer met rasse skrede verminder. O ja, en onthou om sommer terselfdertyd die geagte voetgangers (wat ‘n groot deel van die sterftes uitmaak – EN ons weet almal wie hulle is…) ook aan te spreek… Maar soos die geskiedenis ons egter geleer het, sal green mini-ster sy nek so ver uitsteek nie, by die gevaar om stemme te verloor vir die regerende party.

Koos de Meyer. ·

Bekommerd oor sterftes op ons paaie, ek wonder of hy ook bekommerd is oor voorwerpe wat van brugge afgegooi word en so mense se lewens in gevaar stel. Hierdie kriminele dade het in Natal begin. Maar om te ry moet jy maar betaal. As jy reg in eie hande neem om jouself te beskerm dan is jy die skuldige.

KG ·

Dit help nie jy probeer die simptone “dokter”, maar ignoreer die oorsaak nie.

Daar is ‘n diep gewortelde probleem in die land wat veroorsaak dat daar amper geen respek, geduld en konsiderasie vir ander is nie., veral op die paaie.

Dit word aangehelp deur veral politieke opsweeping, die regering wat klem plaas op MENSEREGTE, wat mense lyk my die idee gee hulle kan net doen wat hulle wil. En natuurlik die wetteloosheid, korrupsie, ens en die feit dat daar absoluut amper niks gevolge is vir die kriminele element nie .

Pieter Bezuidenhout ·

Dit is verbasend om te sien hoeveel voertuie in ongelukke betrokke raak en sien dat sy voor of agterend skoon af gery is, asof ń trein dit middeldeur gery het. Die voertuig word by sekere plekke op gekoop en dan nog een wat dieselfde lyk, dan word die beskskadigde dele vervang met mekaar en so ook die onderstelle ,dit is nie behoorlik gedoen nie, en die welding werk baie swak, dan kom die voertuig in ń ongeluk as ń wrak uit en baie mense oorlede daardeur. Party voertuie loop soos ń krap op die pad en kan nie behoorlik funksioneer in nood toestande nie. Met meer pad blokades en voertuig inspeksie sal daar ń groot verbetering al wees op die paaie, vernaamlik deur die na want daar is baie voertuie met net een of geen ligte voor en agter, en onpadvaardig. Ons overhede kan nie ń blinde oog na dit gooi nie, want ons praat van mense lewens wat in gevaar is hierdeur.

Du Preez M ·

Vat die Longtom pas, die mis was vandag so dig, kan nie die strepe op die paaie sien nie, bestuurders het geen geduld, gaan verby en hoop daar kom nie iets van voor nie. Maak mens bang

Ivan ·

En dan ry hulle nog sonder ligte aan ook in die mis. Ou gesegde. Bright drivers dim , Dim driver’s don’t.

Deloris ·

Van julle Chris Ws en Tanja….. vat die woorde so uit my vinger so Ek gaan nie herbssl wT hulle reeds gese het nie…
Dankie Ek stem saam met baie wat hier gese is.

Hein ·

Mbabelubs en Soufs het seker hul jammergattige gesigte geleer trek by die ANC political scul. Sorry sorry sorry…

Sarel ·

Mbalula spring van een ba die ander sport, polisie ,nou vervoer en rig , net soos sy kolega antie Sisuliu niks uit nie.

LoodKurkprop ·

.
.
Ek like die idee dat jy n drivers license kan koop.
.
.

Johanna Botha ·

Anc betreur en verdoem maar jaar op jaar is dit dieselfde ou storie oor en oor …..waneer laas was daar goeie nuus vir die land van iets wat die anc reggedoen het ?

AndrewL ·

Nog tien wette om mee geld te maak uit padsterftes op die horison. Woorde maak mos geld.

Alta O'Kelly ·

Die Aarto wet gaan net meer korrupsie begin. Want al vat hulle die slegte bestuurders se lisensies, gaan hulle net sonder lisensie bestuur. Ek stem saam met almal se kommentare. Net nog ‘n geld goudpot.

De Villiers ·

My persoonlike mening is dat daar ń direkte verband bestaan tussen die manier hoe ń land regeer word en die manier hoe landsburgers landswette gehoorsaam. Voor 1994 was daar baie meer wet en orde en daar was gepaste straf vir misdaad en die padsterftes was in verhouding minder, want die land was sodanig bestuur. Na 1994 met ANC oorname, het misdaad en wetteloosheid toegeneem, want korrupsie, diefstal ens. in die regering het toegeneem, en daar was nie veel daaromtrent gedoen nie. Kyk na alles wat Zuma aangevang het sowel as die huidige staatskapingskandaal. Dis die voorbeeld nou wat die landsburgers van die regering kry. Nou het stopstrate verander in toegee-tekens, oranje verkeersligte in ‘versnel’-ligte, sperstrepe in stippellyne en geel strepe in parkeer areas. Die landsburgers se gedrag het wetteloos verander omdat dit die voorbeeld is wat hulle van die regering kry. So wat verwag hulle anders? Al hierdie aksies van die Minister van vervoer gaan ongelukkig niks help solank die regering hulself skuldig maak aan kriminaliteit en sodoende ń swak voorbeeld stel nie.

Waarheid ·

Al wat hulle doen is betreur!!
Ag asseblief.
Verder gebeur niks.

Kamikaze ·

So gaat ek toe die anner dag vir my ligte lorrie lisensie vir die grap, ek reken mos 20 jaar se moutorlisensie en 20 ure se driving school sal die ding doen. Nee wat, die inheemse antie wat my toets kyk nie eers na my rigting nie, sy fail my net daar. Sal die driving school tegnikus nie vir my die volgende se nie “But sir, it’s because u did not buy a GUARANTEED PASS!”

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.