Minister bevestig oorsaak van sterftes by vlootbasis

Argieffoto

Argieffoto

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het bevestig die departement se inspekteurs is Vrydag omstreeks 11:00 na die toneel by die vlootbasis in Bayhead, Durban, ontbied om die oorsaak van ses sterftes by die basis te ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig drie kontrakteurs van die departement openbare werke het in ʼn rioolput gewerk toe ʼn gaslekkasie begin het. Hulle het om hulp geroep en drie lede van die SA Vloot het hulle te hulp gesnel. Al ses persone het omgekom weens die inaseming van die gas.

“Die persone het metaangas ingeasem toe die werkers herstelwerk gedoen het aan ʼn rioolput, ongeveer vyf meter diep,” het Oliphant gesê. “Minstens 21 personeellede van die vloot, wat ook die werkers wou help, is na ʼn hospitaal geneem weens die gas wat hulle ingeasem het.”

Oliphant het gesê sy wil die publiek verseker dat maatreëls in plek gestel word om verdere lewensverliese te voorkom. “Die ondersoek duur tans voort,” het sy gesê.

Transnet Nasionale Hawe-owerheid het intussen gesê hy is bewus van die “noodlottige ongeluk” wat by die Durbanse vlootbasis plaasgevind het, maar dat dit buite die grense van die Durbanse hawe val. “Die Durbanse hawe kan nie op die saak kommentaar lewer nie, aangesien dit nie binne sy outoriteit of jurisdiksie val nie.”

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het haar meegevoel betoon met die families en vriende van die slagoffers. Sy het pres. Jacob Zuma gekontak om hom in kennis te stel van die voorval.

“Dit gebeur terwyl ons voorberei om by die SANW in Durban aan te sluit vir die viering van Gewapende Magte en die eeufeesherdenking van die SS Mendi wat gesink het,” het Zuma gesê. “Ons dink aan en bid vir die families in hierdie moeilike tyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johannes van Rooyenm ·

Eers moet mense sterf dan word maatreëls ingestel om dit weer te voorkom dit gaan orals in die land so is almal wat deesdae in beheer is dan heeltemal totaal en al breinloos kan hulle niks voorsien en voortydig maatreëls in plek stel nie alles is mos deesdae ñ uitdaging in SA

Eugene ·

Ek stem saam Johannes, Het die mense nog nooit van n Risk assesment gehoor nie

Gerald ·

Jy behoort te weet dat daar metaangas gaan wees,veiligheids regulasies vereis dat gastoetse gedoen moet word voordat persone beperkte ruimtes binnegaan,wat se maatreels gaan hulle instel???

Piet Pompies ·

Stem volkome saam, die persoon in beheer van die taak dra die verantwoordelikheid van die werkers. Bevoegde werker en bevoegde persoon wat toestemming vir werk gegee het..

Metaan regtig? ·

Kan gewone metaangas regtig 6 sterk mense waarvan party gewoond is om met riool te werk so vinnig doodmaak? Ek dink nie so nie. Iets word weggesteek.

Mafsi ya katse ·

Methane gas by itself is not toxic when inhaled in small quantities.
When a person is immersed in a pocket containing methane gas (typically in a sewer pit), the methane gas excludes ALL OXYGEN needed for breathing.
The exclusion of oxygen, as above, is a situation that is widely known to be EXTREMILY dangerous and can kill a human being in a matter of minutes as was evident in this instance.

Christo Pienaar ·

Metaangas is veral teenwoordig in rioolstelsels Die Dept van Werke moet krimineel aangekla word. Die vloot personeel het dapper opgetree en hul medemens te hulp gesnel. My innige simpatie.

Sienersekind ·

Riool uit, sê vir my die gas was Hydrogen Sulphide/Waterstof Sulfied, baie dodelik in so n put!

Zander ·

Regtig verstom om te hoor van dit. Ek was saam op skool met een van die slagoffers, regtig hartseer om dit te hoor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.