Minister beywer hom vir kwytskelding vir #FeesMustFall-opstoker

Kanya Cekeshe in die hof. Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency(ANA)

Ronald Lamola, minister van justisie, se departement gaan Kanya Cekeshe, die enigste sogenaamde #FeesMustFall-aktivis wat steeds in aanhouding is, bystaan.

Cekeshe se aansoek om borgtog is Maandag van die hand gewys. Sy aansoek om te appelleer teen sy skuldigbevinding en vonnis is óók in die landdroshof in Johannesburg van die hand gewys.

Lamola het intussen in reaksie hierop gesê dat sy departement kennis geneem het van gister se hofverrigtinge.

“Ons is in die proses om hom [Cekeshe] dringend by te staan met ʼn aansoek vir presidensiële kwytskelding of ander wettig beskikbare moontlikhede,” het Lamola gesê.

Die Forum for Service Delivery (F4SD) het intussen die hof se beslissings as “skokkend” beskryf.

Minister Ronald Lamola. Foto: Parlement/Twitter

F4SD wil ʼn protesaksie hou om te betoog teen die onbillikheid van Cekeshe se situasie en het by pres. Cyril Ramaphosa gepleit vir onmiddellike parool gevolg deur ʼn presidensiële kwytskelding.

Hulle het ook ʼn beroep op Lamola gedoen om die proses te bespoedig. “Ons het al gesien hoe verkragters en moordenaars op borgtog van R1 000 vrygelaat word en terug in die gemeenskap ingaan om voort te gaan met hul gruwelike dade. Van hierdie sake word ook laat vaar op grond van ʼn sogenaamde tegniese punt.

“Cekeshe het reeds tronkstraf uitgedien, hoewel die verhoor nie die regte regsprosedures gevolg het nie, en daarom glo ons dat hy vir parool in aanmerking kom,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Cekeshe word sedert 2017 by die Leeuwkop-tronk in Sunninghill aangehou nadat hy agt jaar tronkstraf opgelê is vir opsetlike saakbeskadiging, ʼn aanklag waarop hy skuldig gepleit het.

Cekeshe het tydens die #FeesMustFall-betogings in 2016 ʼn polisievoertuig aan die brand gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

koos ·

Hier is ernstige gevaarligte wat flikker.
Politiek wil howe voorskryf?

Judge Dredd ·

Ons howe is al lankal deur politieke agendas gekaap – hierdie is maar net nog ‘n bewys van die inkonsikwentheid van ons howe.

fish ·

Die man het ‘n polisie kar aan die brand gesteek so laat hom sit. Snert met die trooi van hy mag maar huis toe gaan. Hy sal 2 keer dink voor hy weer so iets wil doen om weer als verniet te kry en nie werk nie.

Wondermaarnet ·

Ja, soos altyd, maar as hy wit of bruin was het niemand hom bygestaan nie. Hy sal net ander opstook op aan te gaan waar hy opgehou het.

SB ·

Besef hulle die implikasies? Dit gaan ‘n lelike presedent skep.

Outoppie ·

Dit is wat hul wil hê. Alle misdadigers moet vry rondloop

adk ·

Wonder wat het die Looters op die minister. Dit sal interessant wees om te weet

Frank ·

Looters is almal deel van ‘n sekere politieke party…. en die regering het ‘n irrasionele vrees vir hulle

Eddie ·

Hy het gedoen wat hy nie moes nie, nou wil hulle almal hom jammer kry. Laat hy sy 8 jaar bly waar hy is.

JohanR ·

Miskien kan die minister ook iets vir Janusz Waluś doen? Maar die ding is hy is wit, en het vir Chris Hani doodgeskiet.

Janine ·

Ek dink nie hy het lank genoeg gesit om oor sy sondes te dink nie. Al wat hy nou gaan doen as (wanneer) hy uitkom, is ‘n politieke party te stig.

Eish ·

Geen rede om te appelleer teen skuldigbevinding of aansoek te doen vir presidensiële kwytskelding nie, hy sê dan self hy is skuldig! Hy kom elk geval seker binnekort voor vir parool. Die man beskadig staatsbates wat die belastingbetaler voor moet opdok en nou wil die minister die belastingbetaler se geld gebruik om teen die hofbeslissing te baklei. Het ons nie reeds genoeg geld gemors op hierdie misdadiger nie?

Duidelik het die minister en sy afdeling nie genoeg om hul mee besig te hou nie. Pleks hul eerder die feit dat verkragters en moordenaars so lig deurloop aanspreek. Dis ‘n baie beter projek om die belastingbetaler se geld op te spandeer.

Db ·

Dit is goed om te skree “kom uit die land uit”. Wat daarvan as jy dit nie kan bekostig of as die ouderdom reeds teen jou tel. Sal hier moet bly en weet dat hulle my liggaam kan doodmaak maar my siel behoort aan God en kan hulle niks daaraan doen nie. Rapella sal hulle voor die regterstoel moet gaan doen oor al die moorde en verwoesting wat hulle gesaai het. Sterkte aan almal wat hier vasgevang is en moet asseblief nie julle geloof prysgee terwille van hierdie wesens nie

Erika ·

Pleks die minister doen liewers sy werk en los die molesmaker indie tronk

Jdb ·

Miskien moet Ronald McDonald liewer aandag gee aan die benarde stand van die howe in hierdie land.

PJC ·

Dit gaan baie interressant wees om te sien wat CR se besluit gaan wees.

Manie ·

Die minister moet liewer by die korrupte tronkstelsel gaan aanklop en hoor hoekom sit n man soos Janus Walus nog in die tronk nadat hy lank reeds parool moes kry

Muurleser ·

Die skrif is lankal teen die muur. Diegene wat kan emigreer is ernstig daarmee besig want hulle wéét wat vir hulle kinders wag.

Jerry ·

Hier kan die ware stand van die regbank se onafhanklikheid al dan nie mbt politieke inmenging bepalend wees van die roete wat vorentoe gevolg sal word. Indien die ANC dus op hulle herrie kry in die howe, sal hulle hul sin kan kry deur politieke inmenging en presidensiele kwytskelding. Die rooi ligte flikker nie meer nie, dit brand!

jaco ·

die hof, die regter en die minister is ALLES deel van die departement van justisie. so waarom nou sukkel? dis 1 week se administratiewe werk en die man is los.

Johan Pretorius ·

‘n Uiters swak oningeligte minister met baie swak oordeel waarmee ons hier te doen het.

SB ·

Nog bewys dat regering uit kriminele bestaan, self minister wil nou help om ‘n krimineel uit die tronk te kry.

Jeremia ·

Ja nee, dit spreek eintlik vanself. Dis hoekom daar soveel chaos in die land is. Geen respek, geen grense, vergete wet en orde.

Ander Koos ·

Laat hom vry, maar hy moet die polisie voertuig vervang.
Daarna word hy aangestel as minister van Destruction of Infrastructure, maar hy mag nie met ander departement meeding nie!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.