Minister by hotel beroof

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie. Foto: Flickr/GovernmentZA

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie. Foto: Flickr/GovernmentZA

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, is Sondag in die vroeë oggendure beroof terwyl sy by ʼn hotel in Mthatha in die Oos-Kaap oornag het.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het gesê Mokonyane het vir ʼn privaat geleentheid Mthatha besoek. ʼn Veiligheidswag by die hotel het gesien haar kamer se venster staan oop en het gaan ondersoek instel.

“Dit is toe dat die minister ontdek het haar handsak met haar ID, bestuurslisensie, iPhone, iPad en toiletware asook die hotel se TV is skoonveld. Die TV en die toiletware is later agter op die hotel se erf gevind by nog ʼn televisie wat uit die hotel gesteel is,” het Mills gesê.

Sy het gesê polisiebeamptes is ontbied om die toneel vir leidrade te fynkam. ʼn Saak van inbraak en diefstal word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

zoom zoom ·

Het sy self betaal vir die verblyf in die hotel of het ONS betaal vir haar om ‘n privaat geleentheid by te woon??????

christine ·

Die bestuurslisensie is dalk nie n probleem nie gaan koop net n ander een

snoefie ·

so haar Id, bestuurslisensie, iPhone en iPad is steeds weg? gesteel? het sy deur die inbraak geslaap of was sy nie in haar kamer nie? hoe dit ookal sy, sy kan spreek van geluk, sy was darem nie soos n common blanke aangerand en vermoor nie.

Piet Pompies ·

Minister van water en sanitasie, hierdie is ‘n stink storie wat deur Trolle ondersoek moet word.

John ·

Sjoe, dis ‘n wakker agterna-veiligheidswag. Hy behoort nou in groot aanvraag te wees om nog diesulkes op te lei in ‘reverse’ aksies, halwe werk en hande-saamslaan.

Ek ruik 'n rot! ·

Ek is nou nie snaaks nie.. maar dinge klop nie! Wie maak nog vensters in nuwe SA oop? Of wil julle vir my vertel dat die minister in ‘n hotel sou inboek wat nie lugreelings het nie… of wag.. dalk het sy in daai geval sèlf vir haar privaat verblyf betaal!

albert ·

Sy kon nie in die kamer gewees het nie, anders sou sy so hard geskee het, net soos in die parlament, en die hele Oos Kaap sou haar gehoor het

ken benoni ·

Moet ons dit regtig glo?? Rerig, dit is ‘n bietjie dik vir ‘n daler!!

Grassie ·

MM – jul opskrif is verkeerd. Sy is besteel, nie beroof nie.

sioux ·

sy het gedink die inbreker was n spook. toe het sy haar kop toegetrek

Ouma Skoeter ·

Foeitog. Geen sekuriteit. Geen lyfwag. Geen kameras. Sy word regtig afgeskeep om in n hotel te bly sonder bogenoemde

Jaco ·

In die lig van al die misdaad in SA waaraan die ANC amper NIKS doen nie, het ek hierdie berig gedeel met my goeie vriendin Karma. Haar reaksie was: “what goes around comes around”

Hoogtyd ·

Hoogtyd dat hul by die ministers begin, dat hul dit kan voel waarmee elke gewone persoon bedags te doen kry. Minister jammer vir jou, dat dit juis jy moet wees en nie een van die kokkedore wat alle misdaad onder demokrasie invee nie. Staan asb in die Parlement op daarvoor, dit is nie reg nie, dit is nie hoe dit moet wees nie!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.