Minister Cele waarsku oor misdaadrekords

Bheki Cele, minister van polisie (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die inhegtenisneming en opsluiting van ʼn pastoor van Sebokeng in die Vaaldriehoek omdat hy nie die jongste inperkingsregulasies gehoorsaam het nie, is Dinsdagaand deur die minister van polisie, Bheki Cele, opgehaal as waarskuwing dat Suid-Afrikaners moet waak teen ʼn misdaadrekord weens versuim om die inperkingsregulasies na te kom.

Hy het benadruk dat oortreding van die inperkingsregulasies tot ses maande tronkstraf óf ʼn boete óf albei sal lei. Volgens Cele wens hy dit was nie nodig vir die polisie om so streng op te tree nie, maar sulke optrede is al wat doeltreffend werk.

In die tydperk vanaf die herinstelling van die vlak 3-inperking op 27 Desember tot 7 Januarie is 20 116 Suid-Afrikaners vir die oortreding van inperkingsregulasies in hegtenis geneem, waaronder meer as 7 000 inhegtenisnemings van mense wat nie gesigmaskers gedra het nie.

“Nou dra mense hul gesigmaskers,” het Cele gesê.

Sedert Maart verlede jaar het 342 000 Suid-Afrikaners reeds ʼn misdaadrekord. Cele het dus gewaarsku dat veral die bepalings oor strande, die aandklokreël en die verbod op fopnuus oor inentings gerespekteer moet word.

Cele het ook gesê die videogreep van hom wat partytjie hou en op sosiale media versprei word asof dit tydens ʼn onlangse Nuwejaarsviering geneem is, is in April 2017 tydens die Kaapstadse jazzfees geneem en is op sigself fopnuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pappa Beer

Ja “lone ranger”, sluit mense toe vir gesig maskers en loop op die strande rond soos n dapper soldaatjie. Wat van jou boetie, rooi jelly baby, wat openlik gese het hy gaan polisie beamptes in hulle huise kom aanval en doodmaak. Hoekom gaan arresteer jy hom nie? BANGAT! Baie makliker om landsburgers te teister en boelie.

Nozi

Nou wat sal ons nou vir hierdie kaartmanetjie met sy groot hoed se. Well done mnr hoedman en kie. Jul inhegtenisneming op soft targets groei geweldig goed. Nou wanneer sien ons dieselfde groei met inhegtenisneming van krimenele wat roof, moord pleeg, verkragting, kapings ens? Die een of 2 wat jul so dan en wan vas trek word weer op borg vrygelaat op waarskuwing of R500.00. Gaan al hierdie duisende wat nou vasgetrek was sonder maskers en wat die inperkingswet oortree het ook darem vrygelaat word op waarskuwing of dalk R1.00 borgtog? Hoop so, dit sou mos regverdig wees. Baie dankie… Lees meer »

Albert

“Nou dra mense hul gesigmaskers,” het Cele gesê. Jy is totaal en al verkeerd met jou arrogante benadering. Ek het gister gesien hoe stap groepe werkers oppad terug huis toe, sommiges met maskers op en ander met geen maskers. Jy is nogsteeds onder die wanindruk dat die totale bevolking gereguleer / polisieer kan word. Die polisie is geneig om “sagter teikens” by te kom terwyl ernstige misdaad toeneem. Hier is areas in die Weskaap / Boland waar die Polisie te bang is om in te gaan en tot orde te bring. Selfs tronke word in ‘n mate deur bendes beheer,… Lees meer »

Die Wolf

Sy naam kan ook maar op die lys kom.

Martie Smartie

En wat van die ander een wat nou die dag by n troue was? Was dit Mantashe? Wat die regulasies oortree het wat die vorige aand afgekondig is? Wanneer sluit jy hom toe mnr Cele? Die een wat se die troue was klaar gereel hy kan nie mense aan en afskakel nie? Kan ons almal maar sulke verskonings maak en wegkom daarmee? Of net julle ANC narre?