Minister dankbaar oor vreedsame kieserregistrasie

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het aangedui hy is dankbaar vir die groot getal kiesers wat die afgelope naweek by stempunte opgedaag het, veral in die beleërde Vuwani in Limpopo.

“Ons word bemoedig deur die getal burgers wat geregistreer het om te stem en hul adresse nagegaan het. Ons loof diegene wat registrasiepunte besoek het, aangesien hul toewyding sal lei tot ʼn beter toekoms vir Suid-Afrika en ons demokrasie versterk,” het hy Sondag in ʼn verklaring gesê.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het aangedui bykans al die 22 935 stempunte landswyd was oop en het kiesers die geleentheid gebied om te registreer en hul persoonlike besonderhede na te gaan of by te werk.

In Vuwani was al 32 registrasiepunte oop en bedrywig deur die naweek. Geen voorvalle van intimidasie of aanvalle is aangemeld nie en Mkhize het die leierskap geloof dat hulle kieserregistrasie geprioritiseer het.

Hy het belanghebbendes gemaan om steeds saam te werk om seker te maak ʼn volhoubare oplossing word gevind om die afbakeningskwessies in Vuwani en omliggende gebiede aan te roer. “As ʼn regering bly ons verbind daartoe om seker te maak dat gemeenskappe in Vuwani en omliggende gebiede die geleentheid kry om hul kwessies aan te roer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Db ·

Het ek nou baie boodskappe op my selfoon gekry hierdie naweek vanaf die DA om seker te maak dat ek geregistreer is om die ANC te keer! Dit is lagwekkend want hulle is die klein ANC en wil kom gatkruip dat daar vir hulle gestem moet word. Mense, laat hulle leier maar lekker aangaan want hulle ware kleure is lankal bewys dat daar geen verdraagsaamheid teenoor die blanke is nie. Wens net hulle wou vir my ook ‘n kospakkie kom uitdeel het

Maljan ·

Hoe lekker het ou Helen haarself in die voet geskiet met mannetjie. Sy kon n sterk party gehad het met n goeie sterk leier aan die stuur. Athol Trollip ek hoop jy sluit jou aan by Fv+ of Cope. Rus in vrede Da. Ons sal jou en ou moesie nie mis nie.

John ·

…. wat is tradisionele sake en samewerking… met wie nogal? Het die Afrikaners nie ook tradisies nie? Om darem ‘n land te regeer dmv ‘n doelbewuste aansuiwering van armes en werkloses hetsy vanuit die buiteland of deur massas geboortes… wat sedert Mandela se presidentskap gratis geskied. En as groot rampspoed die land tref, moet die ANC pa staan… en dit gaan kom…

Maljan ·

Almal agter die beloofde plase aan. Adresse nagegaan? Gaan vang n blouswaeltjie met dai een.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.