Minister doen regstappe oor joernalis se twiets

Redi Tlhabi

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het sy regspan opdrag gegee om met regstappe te begin teen veteraan-joernalis, Redi Tlhabi, nadat sy geweier het om bewerings terug te trek dat ʼn persoonlike vendetta die rede is hoekom hy drie jaar gelde beperkende visumregulasies ingestel het.

Die departement van binnelandse sake het in ʼn verklaring bevestig dat Gigaba met regstappe begin het om Tlhabi vir laster te dagvaar.

Dit volg nadat Gigaba in ʼn twiet vir Tlhabi tot 17:00 Donderdag gegee het om haar stellings terug te trek wat sy gemaak het ná die aankondiging dat visumregulasies verslap sal word. “Sy het tot 17:00 [Donderdag] om haar kwaadwillige leuens terug te trek en daarvoor om verskoning te vra, waarna sy sal moet begin geld insamel vir ʼn swaar skadevergoedingseis,” het Gigaba Woensdag om 22:00 getwiet.

Tlhabi het nie haar stellings teruggetrek nie en Gigaba het klaarblyklik besluit om sy dreigement van regstappe deur te voer.

Tlhabi het Gigaba vroeër op Twitter daarvan beskuldig dat hy advies van kenners en bewyse teen die visumregulasies van 2014 geïgnoreer het. Die land het glo miljarde rande in die toerismebedryf verloor nadat Gigaba die visumregulasies destyds ingestel het.

Hiervolgens moes kinders onverkorte geboortesertifikate hê om van en na Suid-Afrika te reis terwyl oorsese besoekers wat visums wou bekom in persoon moes aansoek doen en biometriese data verskaf. Indien kinders nie saam met hulle ouers reis nie, moes hulle geskrewe toestemming van die ouers hê om wel te kan reis.

Die regulasies het wyd opslae veroorsaak en kritiek uitgelok.

Malusi Gigaba die minister van binnelandse sake. Foto: Cindy Waxa/ANA

Tlhabi het op Twitter aangevoer Gigaba het dié visumbeperkings ingestel sodat hy sy eksvrou kon verhoed om oorsee met hulle kind te reis ná hulle bitter egskeiding.

“Is dit nie so nie dat jy woedend was toe ʼn niggie van jou eksvrou saam met jou dogter, Lerato, gereis het terwyl jou vrou in Kuba was? Nadat jy uitgevind het, het jy aanklagte van ontvoering aanhangig gemaak, ondanks die feit dat jy jou eksvrou se niggie baie goed geken het en jou dogter heel gelukkig was saam met haar?

“Jy het persoonlik ʼn probleem daarmee gehad dat jou eksvrou reisreëlings vir julle dogter kon tref sonder jou toestemming, so toe besluit jy ‘ek sal hierdie probleem uitsorteer’? Jy het ongetoetste regulasies ingestel en beweer dit is gedoen om kinderhandel hok te slaan. Het jou regulasies kinderhandel [voorvalle] verminder?”

Gigaba het in reaksie op Tlhabi se twiets haar daarvan beskuldig dat sy witvoetjie soek by “die groep oningeligte, onversoenbare rassiste waaruit sy haar loopbaan gebou het” en het gesê sy het sy dogter geviktimiseer.

Tlhabi het in reaksie op Gigaba se dreigement oor regstappe getwiet sy ag haarself as “gewaarsku”, maar sy meen sy het nie vir Gigaba of sy dogter geviktimiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

ES ·

Die enigste rede hoekom hy haar sou wou dagvaar is omdat sy die waarheid praat en dit maak hom seer… anders sou hy haar kommentaar geïgnoreer het…

Anoniem ·

Stormrider: die ironie van jou kommentaar is vir my so mooi. 10/10!

Johnnie ·

Nou hoe kan jy nou van n Zuma en Cupta lakei ontslae raak. Ceril moet hom aanhou want hy moet sy voorganger gelukkig hou, en aangaan met die ANC se korrupte leefwyse. Hierdie ou is net soos sy base almal n spul NARRE.

Welkom ·

Baie Interessant

Elke keer as hulle aan die kortste end trek of in ‘n hoek vasgekeer word, is

RASSISME

deel hiervan

GM ·

Ag, alweer die rassekaart. Dis darem maar vreeslik om net een kaart te hê om te kan speel.

Chris ·

Aha hier kom n ding sy sou sekerlik nie die stelling genaak het as sy nie die nodige bewyse het nie. Die minister maak die saak as minister op die belasting betaler se onkoste. As dit in sy persoonlike hoedanigheid was sou jy niks weer daarvan gehoor het nie.

Blommie ·

Net een vraag, gaan hy vir sy eie regkostes betaal…
Of vir gerieflikheids onthalwe die staat se GELD MORS om sy stelling te probeer maak…
Daai geval van WEET JY WIE IS EK!

Reg? ·

As mens nou wil “devil’s advocate” wees en veronderstel Tlhabi wen die saak. Gaan Gigaba ook van sy eie geld “insamel” om sy regskostes te dek? Gaan die belastingbetaler se geld gebruik word om sy eis en regskostes te dra??

Wonder net ·

Ons dink oor dieselfde dinge.
Alweer ‘n gemors van belastinggeld.
Nou wil Gigaba sy eie beul blaas en voorgee daar is in landsbelang opgetree.

Adriaan ·

Elke keer wat n ongegronde bewering van rassisme gemaak word, verloor die woord n bietjie trefkrag.

PJ ·

As die gerugte waar is is dit tragies om te dink agv die wet die land miljoene verloor het in toerisme onbeperkte magte van die kaders ongelooflik

Piet Piper ·

Gigaba het beslis ‘n persoonlike vendetta hier teen sy x vrou gehad en nou lieg hy net so lekker daaroor in die openbaar, soos sy on-agbare Pres Ramaphosa wat blatant op internasionale media PLAASMOORDE ontken.
HY en Sy President moet in die openbaar S.A se mense om verskoning vra, beslis nie Redi Tlhabi nie. Ramaphosa, kry jy nie skaam oor jou Blatante leuens nie ?? Ag nee, Mnr President, by my is jy ONEERVOL Ontslaan…..ek groet jou finaal !!

Pieter ·

Gigaba moes al lankal in die trunk gesit het. Die waarheid maar seer nê ou maat?
Geen Zuma nou om jou te verdedig, so val die skelms een na die ander.

Gee vir Redi `n Bells!

Lerato ·

Miljarde gaan verlore aan toeriste inkomste omdat een persoon sy eie belange bo die van die land stel.

So het duisende in die Zuma administrasie die land tot op die rand van die afgrond gebring.

Dankie dat Cyril sy bes probeer om te red wat te redde is.

Ongelukkig word hy van links en regs aangeval deur mense wat nie wil sien wat hy(Cyril), vir die land doen nie.

Jacques ·

Dit is net te maklik om hof toe te hardloop as jy nie jou sin kry nie . Dit is soos n stout kind wat bly strei oor iets wat hy verkeerd gedoen het . Die land se regeerders het mos baie geld tot hulle beskikking vir snert , die belastingbetalers se geld ja.Ek hoop hy moet ook sy eie koste dra .

Onica ·

Die man is net so erg soos Zuma…. hoofnar in die parlement. Redi, ons staan saam met jou!!

Rooikop ·

Blink stefaans …………………………..grap van die jaar !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.